Die toestel kan dus op eie stoom voortgaan om die diere se kondisie en ligging te monitor. Die sensors daarin meet ook omgewingsfaktore waaraan die diere blootgestel word, soos hoe warm of vogtig dit is, asook die diere se reproduksiesiklusse.
Luidens ’n artikel op Science Daily.com is dit ’n slim opsie om bewegings- of kinetiese energie vir vrylopende diere op ’n plaas te gebruik, want dit dra nie by tot die energielas van die beesbedryf en gepaardgaande uitsette van aardverwarmende gasse nie.
Die toestel word om die nek en kootbeen van die beeste vasgemaak. Energie wat opgewek word wanneer die diere beweeg, word in ’n litiumbattery opgeberg en word gebruik om die toestel aan die gang te hou.