Agri Solsec het die kameras ontwikkel om in plaaslike toestande te voorsien. Die kamera se omhulsel is uit staal vervaardig sodat dit hoë temperature, wat plastiekomhulsels laat verwring en later water inlaat, die hoof kan bied.
Die kamera is ook toegerus met ’n verstelbare bewegingsensor om mense of groter voorwerpe, soos voertuie, te monitor. Daarna word ’n boodskap na die boer se selfoon gestuur met die skermgreep wat die bewegende voorwerp aandui.
Bykomende funksies sluit ’n kollig in wat aanskakel word sodra beweging gewaar word, asook ’n sirene om alarm te maak. Die kamera word ook toegerus met ’n tweerigtingmikrofoon en luidspreker sodat deur die kamera gekommunikeer kan word.