Die sparre, wat deur mnr. Arnold Louw van Moorreesburg gemaak word, word aanvanklik in lengtes van 3 m tot 4 m vervaardig en dan in die algemene sparlengtes gesny. Die staal waaruit die sparre vervaardig word, is reeds versink, wat dit weerstandiger teen die natuurelemente maak.
Dit het al sy spreekwoordelike staal getoon in harde Karoo- en Kalahari- omgewings, en by Moorreesburg. Een van dié nuwe sparre se beste eienskappe is die vermoë om onder druk steeds sy vorm te behou.
In gevalle waar diere teen ’n heining vashardloop, buig baie staalsparre en dit kos tyd en arbeid om hulle in hul oorspronklike vorm terug te buig. Die nuwe staalsparre word uit ’n springstaal vervaardig, wat beteken dit behou sy vorm tot ’n groot mate en verbeter die gehalte van die heining.