Dit is sterk, duursaam en roesbestand en is ideaal vir masjinerietegnici, loodgieters, elektrisiëns, verwers en ambagslui. Weggevou pas dit in die laaibak van ’n halftonbakkie, en dit kan ewe maklik oopgevou en aanmekaar gesit word. Die staanplatform se hoogte kan op 50 cm, 70 cm of 100 cm gestel word.
Die platform is geruit en glyvas. Daar is handvatsels vir op- en afklim en terwyl die persoon op die platform staan en werk. Die pote van die leer-steier is uitgesprei vir stabiliteit. Rubbervoetstukke keer dat dit gly of vloeroppervlakke krap. Die leer-steier word onafhanklik in Merrivale, KwaZulu-Natal, vervaardig.
Prys: Vanaf R10 235.