Dit word deur verskillende prosesse afgebreek en die gryswater wat aan die anderkant uitgetap kan word, is veilig vir gebruik in tuine, besproeiing en om toilette te spoel.
Die afbreekproses gebruik grootliks suurstof. Die gryswater se hoogte in die stelsel word deur ’n pomp gereguleer.
Die tenk is 4,5 m lank, 1,6 m wyd en 1,7 m hoog en kan onder- of bogronds geïnstalleer word. Verskillende groottes is beskikbaar.