Jim Green bied ’n wye reeks stewels met verskeie style, kleure en ’n doel vir elke stewel.
Dit word in Suid-Afrika vervaardig. ’n Gunsteling onder boere is die Stockman-stewels, die ideale DKW- (dans, kerk en werk) skoene vir elke dag se dra.
Die Stockman is ontwerp vir enigeen wat aan die beweeg is, en gemaak vir die alledaagse man wat betroubare, maar gemaklike skoeisel verkies. Van vroegmôre op die plaas, ritte na vergaderings tot basiese naweekaktiwiteite, die Stockman is ideaal.