Sluitkassies vir die pakkies is op die vulstasie se terrein geleë en ’n mens kan op die Engen 1app-toepassing kyk of die diens by ’n vulstasie naby jou beskikbaar is. Die prys vir pakkette wissel na gelang van die grootte, maar begin by R55. Verpakking kan van deelnemende Quickshops gekoop word.
Die versender voltooi die vragbrief net daar in die Quickshop en oorhandig dit aan die kassier. Die klant volg dan die aanwysings op die gerekenariseerde sluitkassies en plaas sy pakkie in die sluitkassie wanneer dit elektronies ontsluit.
Die pakkies se vordering kan van hier af aanlyn nagespoor word. Aflewering kan na die ontvanger se fisieke adres of in sekere gevalle na ’n sluitkassie by ’n vulstasie naby sy huis gedoen word, sê mnr. Enoch Hermanus, waarnemende kleinhandelbestuurder van Engen.