Vir dié boere kan geleenthede verlore gaan om gediversifiseerde markte met beter pryse te bereik. Vir die informele handelaars is hul verskaffersnetwerk te klein en die gehalte van die vars produkte wat beskikbaar is, is beperk.
Desert Green Africa, ’n nuwe Suid-Afrikaanse landboutegnologie-onderneming, het sy GreenKart-slimfoontoepassing ontwikkel om hierdie probleem op te los. Informele handelaars wat GreenKart op hul foon het, kry regstreeks toegang tot alle kleinskaalse produsente van vars produkte wat op Desert Green Africa se databasis geregistreer is.
Daar kan hulle sien watter produkte aangebied word, die volumes en gehalte, waar dit beskikbaar is en die prys. Die koper kan sy bestelling plaas, en die boere weet dan hoeveel om te oes, te verpak en gereed te hê.