’n Verskeidenheid materiale word in die vervaardigingproses gebruik, waaronder staal, vlekvrye staal, koper en plastiek. Die borsels is in verskeie vorms beskikbaar, soos die koppie-, skuins-, wiel- en handskuurborsel.
PFERD bied ook ’n reeks gespesialiseerde borsels, soos die CombiTwist wat ideaal vir swaardiens-toepassings is, en Inox-Total vir vlekvryestaalwerk. Alle dele van die Inox-Total-borsel is van vlekvrye staal vervaardig, wat die moontlikheid van kruisbesmetting verminder en voorkom.
Die duursame borsels is beskikbaar in gekrimpte (crimped) en geknoopte (knotted) variasies, en het eiesoortige eienskappe soos buigsaamheid en optimale elastisiteit.