Dié mini-kamera, wat maklik geïnstalleer kan word, het infrarooi-nagsigvermoë oor ’n afstand van 30 m en ’n resolusie van 1920 x 1080. Daarby is daar ’n klankfunksie wat tweerigtingklank moontlik maak met ’n tweerigting-mikrofoon.
Bewegings vir die alarm word opgetel op ’n afstand van 10 m en die interkom kan werk op ’n afstand van 30 m. Die alarm kan per foon of rekenaar geaktiveer word.
Volgens die verspreider is die koordlose stelsel geskik vir gebruik saam met enige selfoon, tablet en rekenaar. Daar kan direk op beeldmateriaal ingeskakel of na opnames gekyk word.