Die kombinasie bestaan uit twee herlaaibare 800 lumen LED-lampe waarvan die helderheid van die lig verstelbaar is en wat lig vir tot 50 uur kan verskaf, na gelang van die verstelling.
Daarby is elke lamp terselfdertyd ’n kragbank met ’n USB-sok wat ’n selfoon kan herlaai. ’n Universele kabel wat aan verskillende selfone kan koppel, word daarmee saam verskaf binne ’n houer in die lampe.
Die lampe word in ’n nylon-drasak verpak. Indien die lampe in die aangeskakelde posisie herlaai word, sal dit outomaties begin lig verskaf as die krag onderbreek word. Die lampe se krag word verskaf deur ultra-langlewe litiumbatterye met ’n LED-leeftyd van 10 000 uur.