AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Verkope van veldrobotte skiet die hoogte in

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die gebruik van 'n hommeltuig raak belangriker vir meeste boerderye. FOTO:  JOHAN  VAN  DER  MERWE
Die gebruik van 'n hommeltuig raak belangriker vir meeste boerderye. FOTO: JOHAN VAN DER MERWE
Die vraag na veldrobotte het wêreldwyd stewig toegeneem en in 2020 het verkope ver verby die kerf van $1,1 miljard geskiet.

Nou voorspel ontleders verkope van dié gewilde tegnologie gaan teen 2030 nagenoeg $11 miljard wees. 

GlobalData, ’n toonaangewende data- en ontledingsmaatskappy, se jongste verslag, Robotics in Agriculture, beklemtoon die sleutelrol wat robotika speel in presisielandbou, terwyl dit ook die sektor in ’n tegnologiese omwenteling inlei.

Presisielandbou verwys na die toediening van landbouchemikalieë op ’n wyse wat vermorsing en besoedeling tot die minimum beperk. Dit is ook ’n belangrike oplossing vir die groeiende vraag na voedsel en kunsmis. 

“Robotte kan oes, vrugte pluk, onkruid uittrek, vee melk, kunsmis toedien en plaasbedrywighede monitor,” sê me. Rachel Foster Jones, tematiese ontleder by GlobalData.

“Robotika sal dus die sleutel wees om te help om arbeidstekorte te verlig, druk op natuurlike hulpbronne te verminder en in die wêreldwye vraag na landbouprodukte te voorsien. Dit sal die sektor ook help om by klimaatsverandering aan te pas.”

Veldrobotte kry ’n stewige teenwoordigheid in die landbousektor. Dit word reeds deur derduisende boere wêreldwyd ingespan. GlobalData dui aan dat die globale robotikamark in 2020 $45,8 miljard werd was en teen ’n saamgestelde jaarlikse groeikoers van 29% van 2020 tot 2030 sal groei. Teen 2030 kan dit $568 miljard werd wees.

Hommeltuie

Die verslag voorsien ook dat kommersiële hommeltuie in die volgende paar jaar militêre hommeltuie sal verbysteek en dat landbouhommeltuie een van die grootste bron van inkomste sal wees.

Landbouhommeltuie is onbemande tuie wat in boerdery vir opbrengsoptimalisering en -monitering gebruik word.

“Die Chinese hommeltuigbedryf is die grootste ter wêreld en baan die weg vir landbouhommeltuie wat beeld- en opmetingstake kan verrig, terwyl gewasse bespuit en terreine voortdurend gemonitor word,” sê Jones. 

Die verslag toon ook dat werksgeleenthede in die landbousektor in robotikaverwante bedrywe aansienlik toeneem. Volgens GlobalData se personeelaanstellingsbasis het robotikaverwante vakatures van September 2019 tot September 2022 met 80% toegeneem.

“Die landbousektor raak ál meer bewus van die potensiaal van robotika, terwyl tradisionele landboumaatskappye hul interne kundigheid deur robotika verbeter en behou.” 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.23
+1.8%
Rand - Pond
21.11
+1.0%
Rand - Euro
18.14
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.72
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+1.6%
Goud
1,795.36
-0.2%
Silwer
23.01
-0.6%
Palladium
1,914.91
+0.8%
Platinum
1,023.63
+0.4%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,173
+1.4%
Alle aandele
75,334
+1.4%
Hulpbronne 10
75,189
+1.6%
Industriële 25
92,282
+0.8%
Finansiële 15
15,820
+2.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot