Mnre. Christian Pretorius en Jannie Fourie het dit hul werk gemaak om produkte van ’n goeie gehalte te vind wat nuttig vir buitelugaktiwiteite sal wees.
Die Vleis & Ys-termohouer is ekovriendelik en hou kos warm en ys koud. Danksy poliuretaan-isolasie bly kos warm en vars vir vier tot ses uur – ideaal as jy nog eers ’n bietjie wil kuier voor julle eet, of as beurtkrag van 18:00 tot 20:00 toeslaan.
Dit voorkom dat van die kos se aroma, voedingstowwe en smaak verlore gaan soos wanneer jy dit weer sou moes warm maak. Eskom sal ook dankbaar wees, want jy bespaar energie omdat jy kos nie warm hoef te maak nie.