Die digitale afdeling van Deutsche Landwirtschafts-Gesellschaf, ’n Duitse landbouvereniging, se Agritechnica-uitstalling, waar die wêreld se top-landboutoerusting, -werktuie en ander tegnologie uitgestal word, is tot einde Maart aanlyn beskikbaar.
’n Span internasionale beoordelaars het onlangs een goue en 16 silwermedaljewenners in Agritechnica 2022 se innovasiekompetisie aangewys. Hou die volgende uitgawe van Landbouweekblad dop vir die res van die verstommende tegnologie.
Tot nou toe moes die tafellengte en katrolposisie van die Vario-snybalke met die hand deur ’n operateur in die stroperkajuit aangepas word vir ’n optimale en egalige vloei.