AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Aalwurm ingespan teen kodlingmot

'n Buitengewone navorsingsprojek is aan die gang waarin sekere aalwurmspesies ingespan word teen kodlingmot.

Kodlingmot bly een van die grootste probleme vir die plaaslike vrugtebedryf. Baie navorsing is al deur die jare gedoen om dié probleem te probeer hokslaan. 'n Buitengewone navorsingsprojek is egter nou in die Boland aan die gang waarin sekere aalwurmspesies ingespan word teen kodlingmot.

Aalwurm, soos die meeste boere nematodes ken, is op sigself 'n woord wat die meeste gewasboere ongemaklik laat rondskuif. In 'n navorsingsprojek van die Universiteit van Stellenbosch (US) is entomopatogeniese (insekpatogeniese) aalwurms egter die "goeie ouens" wat biologies ingespan word teen die "slegte ouens" - die kodlingmot.

Dr. Antoinette Malan, 'n nematoloog verbonde aan die US se departement entomologie en die sentrum vir landbou-biodiversiteit, staan aan die hoof van dié projek. Sy sê groot suksesse is reeds in sekere lande behaal deur die gebruik van die aalwurm-genus Steinernema teen kodlingmot. Bestryding van tot 86 % is al in veldtoestande verkry met een daarvan, naamlik S. Carpocapsae.

Sy het onlangs in Florida in Amerika gaan kers opsteek oor hoe die Amerikaners aalwurms baie suksesvol inspan om insekte te bestry. Hulle het daarin geslaag om molkrieke - wat 'n baie groot plaag daar is - biologies te beveg met entomopatogeniese aalwurms. Sowat 25 000 ha sitrusboorde in Florida word ook biologies beskerm deur die gebruik van aalwurms teen inseklarwes.

Die ideaal is egter om 'n aalwurm te vind wat aangepas is vir Suid-Afrikaanse toestande, hoewel toestande ook letterlik van plaas tot plaas kan verskil. Die goeie nuus is dat dit wel moontlik is om hierdie aalwurms geneties te manipuleer om hulle beter aan te pas vir 'n bepaalde omgewing. Die gedagte is om sulke aangepaste aalwurms dan met die sogenaamde wasproses by vrugtekratte te plaas, wat 'n groot bron van kodlingmotlarwe-verspreiding is.

Malan sê hoewel die gebruik van entomopatogeniese aalwurms as 'n biologiese bestrydingsmaatreël 'n taamlik nuwe konsep in Suid-Afrika is, word aalwurms op baie verskillende maniere met insekte verbind. Die algemeenste is waar aalwurms die insek as 'n vervoermiddel gebruik. Hulle kan ook op insekte parasiteer. Waar dit gebeur, word die insek op verskillende maniere beïnvloed. Die insek kan byvoorbeeld steriel word of vinnig vrek. Dit is presies hier waar die biologiese bestryding van insekte deur entomopatogeniese aalwurms 'n rol speel.

Daar is aalwurms in 27 families wat moontlik vir biologiese bestryding gebruik kan word, maar in die navorsing word daar net op vyf families gefokus waarmee daar reeds sukses behaal is. Só is daar interessantheidshalwe in die familie Mermitidae 'n akwatiese aalwurm wat vir die bestryding van muskietlarwes gebruik kan word. Die aalwurm Beddingia siricidicola word baie suksesvol in die biologiese bestryding van wespe in denneplantasies gebruik - ook in Suid-Afrika.

Die aalwurms waarin navorsers belang stel vir die biologiese bestryding van kodlingmot is in die families Steinernematidae en Heterorhabditidae. Hoewel die betrokke aalwurms aan twee verskillende families behoort, is hulle biologies baie dieselfde. Twintig van die Steinernema en agt van die Heterorhabditi is ná 1990 beskryf, wat 'n aanduiding is van hoe belangrik dié groepe aalwurms in die laaste paar jaar geag word.

Vanwaar dié nuwe belangstelling?

Die belangrikste redes is dat hulle insekte vinnig doodmaak, maklik in groot maat kommersieel geproduseer kan word en bogronds gebruik kan word in beskermde omgewings. Verder is hulle onskadelik vir mense en onskuldige organismes. Standaardtoerusting vir die toediening van gifstowwe kan gebruik word. Dié aalwurms kan ook in klassieke biologiese bestrydingstelsels gebruik word.

Steinernematidae en Heterorhabditidae kan ook saam met chemiese middels, soos swamdoders, toegedien word en kan geneties gemanipuleer word vir omgewingstoestande, soos temperatuur en die gasheer. In die meeste lande is geen registrasie vir die aalwurms nodig nie.

Malan sê die navorsing is sowat twee jaar gelede begin deur aalwurms te identifiseer om mee te werk asook om nuwe en doeltreffender isolate te kry. Daarna moes die aalwurms wat gevind is tot op spesievlak geïdentifiseer word. Hulle moes ook in stand gehou en opgeberg kon word vir laboratorium- en veldtoetse teen die vyand - kodlingmot.

Deur biotoetse word bepaal of die isolate in gunstige toestande die larwes en papies van kodlingmot doeltreffend doodmaak asook hoeveel aalwurms dit wel kan regkry om die insek binne te dring.

Wasmotlarwes moes geteel word om die aalwurms in grondmonsters te vang en word as kontrole in die biotoetse gebruik.

Grondmonsters is geneem in alle habitatte, soos natuurlike en versteurde grond. Dit het ook landbougrond ingesluit. Monsters is veral in skaduryke en vogtige gebiede geneem, meestal in die wortelsones van plante. Dit is waar die meeste insek-aktiwiteit plaasvind.

Om die aalwurms te vang, is sowat 250 g grond in 'n bakkie met 'n deksel geplaas waarin vyf wasmotlarwes gevoeg is. Ná vyf tot sewe dae is die dooie larwes uitgehaal.

Aalwurms word aan die gang gehou deur hulle teen 'n temperatuur van 14 °C op te berg. In die proewe het altesame 33 monsters uit bykans 460 positief getoets vir entomopatogeniese aalwurms - dus sowat 7 %. Vier spesies is gevind, waarvan een 'n nuwe, onbeskryfde lid van die genus Steinernema is. Heterorhabditis bacteriophora was die algemeenste spesie wat gevind is in versteurde habitatte, met die uitsondering van natuurlike veld.

Eers daarna kon gekyk word na die persentasie insekte wat deur die verskillende isolate van aalwurms doodgemaak is. In die geval van kodlingmotlarwes was dit in die algemeen bo 80 %, met die uitsondering van twee isolate waarvan die sukses-koers bo 60 % was.

In die geval van kodlingmotpapies het die aalwurms egter nie só doeltreffend gewerk nie. In die meeste gevalle is minder as 40 % van die papies doodgemaak. Een isolaat het wel meer as 80 % van die papies doodgemaak.

As 'n mens egter kyk na hoeveel aalwurms dit reggekry het om die insekte binne te dring, kry jy 'n beter aanduiding van hoe doeltreffend aalwurms is om 'n insek dood te maak. In die algemeen is die penetrasie laer as 18 %.

Malan sê aalwurms se potensiaal in biologiese bestryding is reeds in 1920 besef. Maar eers in die 1950's is die belang van die simbiotiese samewerking tussen bakterieë en aalwurms bevestig. In die 1980's is aalwurms vir die eerste keer suksesvol kommersieel vermeerder. In die afgelope 20 jaar het die belangstelling in die gebruike van hierdie aalwurms geweldig toegeneem en is wyer navorsing gedoen.

Sy sê sekere ander aalwurmspesies is in die handel beskikbaar, maar S. carpocapsae word as die veeldoeligste beskou omdat dit suksesvol teen 'n verskeidenheid insekte gebruik kan word. Kommersiële produsente wissel van internasionale ondernemings tot kleinskaalse spelers.

Die insek of larwe kan net besmet word tydens die aalwurm se vrylewende stadia in die grond. Dit dring die insek binne deur openinge, soos die mond, anus en die spirakels (asemhalingsopeninge). Daarna beweeg dit tot in die liggaamsholte van die insek en begin daar voed en 'n bakterie vrystel. Die bakterie begin dadelik vermeerder en veroorsaak dat die insek binne 24 uur tot 48 uur vrek. Twee tot drie geslagte van die aalwurm voed op die bakterie, waarna die aalwurm weer 'n besmetlike stadium ingaan en die insek verlaat op soek na 'n nuwe gasheer in die grond.

Daar word dikwels na dié bakterieë verwys as die "krag agter die troon". Hulle is uniek deurdat hulle 'n komplekse simbiotiese samewerking met die aalwurm het om 'n sterk biologiese eenheid te vorm wat die insek doodmaak en daarop voed. Elke aalwurmspesie word met 'n spesifieke bakterie verbind. Die bakterie skei ook antibiotika af wat keer dat enige ander swamme of bakterieë die dooie insek aanval.

Daar is in die laboratorium bevind dat entomopatogeniese aalwurms baie soorte insekte doodmaak en baie doeltreffend is, maar dit is egter nie altyd die geval wanneer die aalwurms in die veld toegedien word nie. Daar is verskillende faktore wat hiervoor verantwoordelik kan wees, waarvan veldtoestande, die omgewing, die gedrag van die aalwurm en die invloed van die gasheer self die belangrikste is.

Entomopatogeniese aalwurms is aangepas om in die grond te oorleef wat hulle beskut teen die bogrondse uiterstes. Hulle is nie aangepas vir 'n akwatiese leefwyse, uitdroging of groot temperatuurskommelinge nie. Hulle kan egter gebruik word in beskermde omgewings, soos glashuise, en teen houtboorders.

Die projek word geborg deur die Sagtevrugteprodusentetrust-Navorsing. Glashuis- en veldtoetse sal waarskynlik binne enkele maande begin. Soortgelyke navorsing oor die biologiese bekamping van snuitkewers, vals kodlingmot en vrugtevlieë sal waarskynlik ook binne die afsienbare tyd begin. Malan reken die moontlikhede is eindeloos.

13 Januarie 2006

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
+0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie
Goeie sin vir himor, baie eerlik, hou van die bosveld dan die see en wil net mens wees. en lewe nie alleen oud word Nie.
Passievolle lewenslustige omgee persoon.
Passievol en lewenslustige. Weet hoe om die lewe te geniet. Die lewe is hopeloos te kort vir drama. Bou die toekoms wat ek vir myself wil he. Baie om te bied aan die regte...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot