
Die genoom of genetiese kode van die aartappel, die wêreld se gunsteling groente, is ontrafel. Dié proses het twee jaar geneem en sowat 50 wetenskaplikes van 14 lande en twee institusies het aan die studie deelgeneem.
Die ontrafeling van die aartappel-genoom baan die weg vir die verbetering van dié groente se voedsaamheid, weerstandigheid teen siektes en produktiwiteit. Die konsortium verantwoordelik vir die studie bestaan uit Argentinië, Brittanje, Chile, China, Indië, Ierland, Nederland, Nieu-Seeland, Peru, Pole, Rusland en die VSA, Michigan-universiteit en Virginia Tech asook die Wisconsin-universiteit.
Die aartappel-genoom bestaan uit 12 chromosome met 840 basis-pare (base pairs) en is sowat ‘n kwart van die grootte van die mens se genetiese kode. Dié “geenkaart” laat die vinniger ontwikkeling van nuwe variëteite toe. “Tans neem dit tussen 10 en 12 jaar om ‘n nuwe aartappelvariëteit te ontwikkel. Die verwagting is dat die genoom gebruik kan word om dié tydperk dramaties te verkort en koste te verlaag,” sê die Skotse oesnavorsingsinstituut.
Bron:
29 September 2009