AFGRI
BEAN
01 Feb
-
9790
-69,00
CORN
01 Feb
-
4566
-91,00
SOYA
01 Feb
-
9580,2
-19,80
SUNS
01 Feb
-
11295
265,00
WEAT
01 Feb
-
6770
-12,00
WMAZ
01 Feb
-
4360
-80,00
YMAZ
01 Feb
-
4440
-81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Aartappels: Kommer oor hoë vlakke van motskade

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Skade aan aartappelplante wat deur die motspesies aangerig word. Foto: Verskaf
Skade aan aartappelplante wat deur die motspesies aangerig word. Foto: Verskaf
Kommer heers oor die hoë vlakke van motskade in aartappellanderye in die hoofproduksieareas.

Wetenskaplikes is ook bekommerd oor die doeltreffendheid van die geregistreerde insekdoders wat die motte moet bekamp.

Volgens CropLife SA is die hoofsondaars twee motspesies: die aartappelmot (Phthorimaea operculella) wat blaar- én knolskade veroorsaak, en die tamatieblaarmyner (Phthorimaea absoluta, voorheen bekend as Tuta absoluta), wat skade aan blare veroorsaak. Die motte rig skade aan die Solanaceae-familie aan, wat tamaties, aartappels en tabak insluit en kan ook by onkruide in dieselfde familie aangetref word. Albei spesies was volop sigbaar tydens onlangse veldbesoeke aan produksieareas in Limpopo.

Doeltreffendheid

Aartappel SA het ’n navorsingsprojek begin om die doeltreffendheid van bekampingstrategieë van die motte te bepaal.

In die studie, uitgevoer deur prof. Hannalene du Plessis en haar span van die Noordwes-Universiteit, is die doeltreffendheid getoets van die vier algemeenste insekdoders, wat vier verskillende werkswysegroepe verteenwoordig soos bepaal deur Croplife se komitee vir plaagdoderweerstand (IRAC). Die aartappelmot se gevoeligheid vir die chemikalieë is in laboratoruimtoestande getoets met internasionaal erkende metodes. Die tamatieblaarmyner is nie by die navorsing ingesluit nie.

Die volgende vier insekdodergroepe is getoets.

  • Organofosfaat (IRAC 1B): Asinfos-metiel.
  • Piretroïed (IRAC 3A): Lambda-sihalotrin.
  • Chitienbiosintese-inhibeerder (IRAC 15): Lufenuron.
  • Natriumkanaalblokker (IRAC 22A): Indoksakarb.

Die uitslag van die studie toon dat die aartappelmotte wat in die Sandveld en die Limpopoproduksie-areas ingesamel is ’n verskuiwing in gevoeligheid toon vir drie van die werkswysegroepe, naamlik organofosfaat, piretroïed en chitienbiosintese-inhibeerder. Indoksakarb toon steeds die verwagte doeltreffendheid teen die geregistreerde koerse.

Diamied (IRAC groep 28) wat ook algemeen teen die plaag gebruik word, is nie by die assessering ingesluit nie.

Aartappels SA en CropLife SA is bekommerd oor die ontwikkeling en stel die volgende bekampingstrategieë voor om skade deur die aartappelmot en die tamatieblaarmynermot te verminder.

  • Verseker doeltreffende dekking vir die gewas wat met insekdoders behandel word. Dit word vermag deur toerusting wat deeglik gediens word, asook deur die regte watervolumes in die spuitmengsels te meng. Hulpmiddels (adjuvant) kan gebruik waar dit geregistreer is.
  • Moenie insekdoders deur middel van deurdrenk- of druptoediening toedien as dit nie so geregistreer is nie.
  • Ondersoek gewasse gereeld en monitor die plaagpopulasievlakke regdeur die produksieseisoen. Tref beskermingsmaatreëls en doen regstellende stappe wanneer toenames waargeneem word.
  • Roteer die werkswysegroepe volgens die IRAC-riglyne (https://irac-online.org/pest-library/lepidoptera/)
  • Individuele produsente moet hul spuitprogramme aanpas om te voorkom dat opeenvolgende insekgenerasies blootgestel word aan dieselfde werkswysegroepe.
  • Gebruik slegs insekdoders wat geregistreer is vir gebruik teen aartappelmot- en tamatieblaarmynermotkomplekse en hou streng by die instruksies op die etiket.
  • Oefen goeie saniteringspraktyke uit wanneer besmettingsbronne soos ou produksievelde en aartappelhope verwyder word.
  • Vermy krake in die grond om te voorkom dat aartappelmotte die knolle bereik deur besproeiing te skeduleer of die krake meganies toe te maak.
  • Stel goeie operdpraktyke in.

Kontak mnr. Dirk Uys, Aartappels SA se streeksadviseur, by dirk@potatoes.co.za vir nog inligting. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.03
+2.1%
Rand - Pond
21.06
+1.8%
Rand - Euro
18.72
+1.0%
Rand - Aus dollar
12.16
+1.0%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Platinum
1,004.13
-0.8%
Palladium
1,669.69
+1.3%
Goud
1,949.52
+1.1%
Silwer
24.00
+1.1%
Brent-ruolie
85.46
+1.1%
Top-40
73,723
+0.4%
Alle aandele
79,817
+0.4%
Hulpbronne 10
75,130
-0.9%
Industriële 25
102,508
+0.2%
Finansiële 15
16,555
+2.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons geniet ons geluk en vreugde saam.
Ek het n aangename en sterk persoonlikheid. Ek is n omgee mens wat altyd net die beste wil gee en doen. Ek het n goeie humorsin en is baie lief vir die natuur. Ek hou van goeie...
Prinses Kosmos soek haar Prins Kakiebos💕
Kreatief en vriendelik, hou van die see son. en gesond leef dis altyd lekker in die buitelig, maar as daar gewerk word is dit eerste. 100% is my moto. Lief vir Mense en diere....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot