Britse wetenskaplikes het ’n proses ontwikkel om stowwe aan aartappelskille te onttrek om prebiotika te maak.
Die proses wat proff. Eleanor Binner van die Universiteit van Nottingham en Afroditi Chatzifragkou van die Universiteit van Reading ontwikkel het, gebruik mikrogolftegnologie.
Omdat dit deur elektrisiteit aangedryf word, kan dit ook hernieubare energiebronne gebruik. Nog ’n voordeel is dat water as oplosmiddel gebruik word, anders as soortgelyke grootskaalse onttrekkingsprosesse wat sure gebruik.