AFGRI
BEAN
06 Feb
-
9862,8
194,80
CORN
06 Feb
-
4613
113,00
SOYA
06 Feb
-
9410
130,00
SUNS
06 Feb
-
11080
-15,00
WEAT
06 Feb
-
6761
60,00
WMAZ
06 Feb
-
4368
68,00
YMAZ
06 Feb
-
4444
54,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Appel- en peeruitvoer na Indië kry belowende hupstoot

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto’s: Johan van der Merwe
Foto’s: Johan van der Merwe
Die appel- en peerbedryf is opgewonde oor die markvooruitsigte na Indië nadat die Indiese regering sy goedkeuring vir die onderweg-kouebehandeling van die vrugte gegee het.

“Die voordeel van onderweg-kouebehandeling van die produkte is dat vrugte varser is wanneer hulle by hul bestemmingsland aankom. Die verandering in die proses laat verskepers toe om die lengte van die seisoen te verleng met verbruikers wat varser vrugte kry,” sê mnr. Jacques du Preez, Hortgro se hoofbestuurder vir handel en markte.

Hy sê die besluit deur die Indiese regering word verwelkom aangesien dit die bedryf toelaat om gehaltevrugte binne ’n kort tyd van Suid-Afrika na Indië te verskeep.

“Met die onderweg-verkoelingsbehandeling prosedure glo ek die verskaffers en Indiese invoerders sal albei bevoordeel word aangesien die vervoertyd aansienlik verminder is.

“Suid-Afrikaanse appels en pere het ’n merkwaardige reaksie van die Indiese verbruikers gekry en ons glo die volumes kan aansienlik toeneem vanweë die aankondiging.”

Hy bedank die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, asook die span van die Suid-Afrikaanse hoëkommissaris na Indië vir hulle bydrae in die onderhandelinge.

Markgeleentheid

Dr. Nigel Cook, internasionale tuinboukundige konsultant van Elgin, het op Hortgro se tegniese simposium in Junie gesê Indië is ’n “ooglopende en groot mark” vir die appelbedryf om na te jaag.

“Daar is nou bemarkers wat ’n voet in die deur kry in dié mark. Ek weet Indië is logisties gesproke ’n moeilike mark, maar dis enorm en on-ontgin vir ons. Die Indiërs verbou self baie appels, maar hulle eet ook baie appels. Daar is werk vir ons om te doen in dié mark.”

Du Preez sê skeepsvaart, wat die beskikbaarheid van skepe en die drastiese toename in koste behels, bly ’n kwessie na alle markte.

“Ten spyte daarvan is ons appeluitvoer na Indië tot week 32 vanjaar op met 84% teenoor die ooreenstemmende tydperk verlede jaar en die uitvoer van pere is 28% hoër, al betaal Suid-Afrika baie hoë invoertarriewe.

“Verskeping na Indië verloop relatief goed sover.”

Volgens Hortgro het Suid-Afrika sedert die begin van die 2022 meer as 2,5 miljoen kartonhouers appels en pere na Indië uitgevoer en neem die vraag jaar ná jaar toe.

Indiese verbruikers se keuse val veral op die appelkultivars Royal Gala, Bigbucks en Top Red, en die peerkultivars Packhams, Vemont Beauty en Forelle.

Volgens Du Preez is die bedryf alreeds vir ses jaar besig met die onderhandeling vir die kouebehandeling en is die eerste proefhouers reeds in 2017 gestuur.

Mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van Agbiz, het tydens die internasionale varsproduktevereniging (IFPA) se Suidelike Afrika-konferensie in Kaapstad gesê die landbou het ’n enorme behoefte aan nuwe markte. Altesaam 51% van Suid-Afrikaanse landbouprodukte word tans uitgevoer.

Hy beskou Indië, saam met Japan, China, Saoedi-Arabië en Bangladesj as teikenmarkte vir Suid-Afrikaanse landbouers.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.65
-1.0%
Rand - Pond
21.23
-0.9%
Rand - Euro
18.94
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.15
-0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
970.22
-0.4%
Palladium
1,602.19
-1.8%
Goud
1,866.74
-0.2%
Silwer
22.24
-0.5%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
73,489
-0.8%
Alle aandele
79,583
-0.8%
Hulpbronne 10
74,088
-1.5%
Industriële 25
103,121
-0.3%
Finansiële 15
16,377
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil saam stap swem klim toer. Ek lewe onder die sterre, kamp voltyds, gereed om die pad te vat..
Eks positive intresant. goeie geselskap. hou van reen en sonskyn. werk hard . speel lekker. slaap in. kamp altyd. vuur en dans. net fun.
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot