AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Appelprojek boer vooruit

'n Projek wat twee jaar gelede die Nasionale Vredestuin-toekenning gekry het as die beste projek vir opkomende kommersiële boere — die appelprojek wat met Afgri se hulp by Bethlehem in die Oos-Vrystaat bedryf word — gaan steeds met rasse skrede vooruit.

'n Groep van 104 opkomende kommersiële appelboere maak vinnig vir hulself naam. Hul Cripps' Pink-appels was die afgelope seisoen van die beste in die land en het op die uitvoermark beland. Daarby kan die boere ook die ligging van die oostelike Hoëveld benut deur hul produk vroeg op die mark te kry en 'n premie daarvoor verdien.

Die appelprojek by Bethlehem het in 1998 begin. Die infrastruktuur is deur die Nywerheidsontwikkelingskoöperasie (NOK), die Ontwikkelingsbank van SA en die Departement van Landbou en Grondsake gefinansier. Afgri, wat toe as OTK bekend was, het die boere, die trust en die tegniese bedrywighede bestuur.

'n Kenmerk was dat ál die boere in daardie stadium sonder werk was. Die sowat 600 aansoekers is ná onderhoude en toetse uitgedun tot 134, en hulle is opgelei. Hulle het heeltydse opleiding van drie maande in alle aspekte van appelboerdery ontvang. Daarna moes hulle 'n teoretiese toets aflê en hulle is ook prakties geëvalueer. Hul eerste take was om die voorbereiding te doen en die pale en boompies te plant.

Die totale koste van die projek teen volle produksie sal sowat R30 miljoen beloop. Die jongste appelkultivars, soos Royal Gala, Cripps' Pink, Braeburn en Top Red, is geplant. Alle bome is onder haelnette vir beskerming teen hael, sneeu en sonlig. 'n Elektriese heining is rondom die boorde aangebring en die hele gebied is onder besproeiing.

Die projek bestaan uit 110 appelboorde van 1 ha elk. Dit is in twee fases gevestig en bied werkgeleenthede en bemagtiging aan voorheen benadeelde boere. Dit verskaf tans heeltyds werk aan 101 boere, van wie 29 vroue is. Elke boer het 'n boord van 1 ha gekry, maar uitblinkers kan in aanmerking kom vir 'n tweede hektaar as dit beskikbaar raak.

In pluktyd word tot 2 500 werkgeleenthede geskep. In 2002 is 1 200 ton appels van goeie gehalte gepluk. 'n Deel is uitgevoer en die res is op plaaslike markte verkoop. 'n Inkomste van sowat R4 miljoen is met dié oes verdien.

Volgens skatting sal die opbrengs teen 2004 sowat 4 800 ton met 'n omset van sowat R14 miljoen wees.

Mnr. Anton Barker, Afgri se besturende direkteur vir ontwikkelingsprojekte, sê die projek is nou in die kommersiële fase, wat op 1 Julie 2002 begin het en tot 30 Junie 2004 duur. Dit behels dat boere opgelei word in alle aspekte van 'n kommersiële onderneming waarin hulle belangrike vaardighede, soos bemarking en bestuur, geleer word.

In die volgende fase, die bedryfsfase van 1 Julie 2004 tot 30 Junie 2005, moet die boere die projek self onder toesig van Afgri bedryf. Van 1 Julie 2005 af is die mense heeltemal op hul eie vaardighede aangewese. Lenings wat by die NOK aangegaan is, moet dan afgelos en deur kommersiële banke oorgeneem wees.

Mnr. Hendrik Pheko, assistent-projekbestuurder wat al sedert 1996 by die projek betrokke is, sê die resep vir die welslae is die uitstekende samewerking van al die boere. Dit word met 'n ysterhand deur hulle self bestuur. Kommunikasie is besonder belangrik en daarom kom almal een keer per week bymekaar om gemeenskaplike sake te bespreek. Hul tegniese kennis vergelyk al uitstekend met dié van groot, gevestigde appelboere.

Die boere is in verskillende komitees ingedeel wat elk oor spesifieke sake moet besluit. Van die komitees is vir bestuur, aankope en bemarking. Omdat dissipline so belangrik is — om seker te maak dat mense nie lyf wegsteek nie — is daar ook 'n dissiplinêre komitee, terwyl die sokkerkomitee na die ontspanning omsien.

Mnr. Pheko sê die boere hanteer nie self die werktuie op die plaas nie. Spesifieke mense is aangestel wat bv. die trekkers bestuur en self na hul voertuie omsien. Die boere woon nie op die plaas nie, maar in Bethlehem.

In die begin van die projek is toerusting soos spuite gehuur en kontrakteurs is vir die werk gebruik. Omdat dit te duur was, is eie toerusting gekoop. Die koste van groot uitgawes, soos chemikalieë en kunsmis, word gedeel, maar kleiner uitgawes soos snoeiskêre is vir elke boer se eie rekening.

Die appels word in Bethlehem in 'n pakhuis verpak wat deur die boere gehuur word. Daarna word dit na die uitvoermark en formele en informele binnelandse markte gestuur. Elke boer se appels word apart gehou sodat sy opbrengs bepaal kan word.

Water vir die boorde kom uit die Gerhardsdam by Bethlehem. Vir die eerste fase van die projek is mikrospuite gebruik, maar vir die tweede fase is na drupbesproeiing oorgeskakel. Daardeur word probleme, soos spuitkoppe wat wegraak en 'n windfaktor, uitgeskakel. Bemesting word deur die besproeiingstelsels toegedien.

Hoewel elke boer vir elke aspek van sy boord verantwoordelik is, is hulp beskikbaar van mnr. Pieter Fourie, 'n tegniese konsultant.

Die bestuur werk in die begin van die jaar 'n volledige program vir die jaar uit, gee weekliks leiding oor die take wat verrig moet word en monitor dit ook.

Mnr. Barker sê twee van die boere — een vir elke fase van die projek — word elke jaar as Boer van die Jaar aangewys. Die wenners vir 2002 is mnre. Petrus Mokoena, wat in 1998 sy boord gekry het en al vyf jaar boer, en Jonas Radebe, wat sedert 1999 boer.

Die toekenning word op grond van vordering deur die jaar, toewyding, samewerking en prestasie volgens produksie gedoen. Soos wat die projek vorder, word faktore soos betroubaarheid en bestuursvaardigheid ook in berekening gebring.

Die twee boere glo die resep vir hul welslae is harde werk, die regte dinge op die regte tyd, opleiding en kennis en die korrekte manipulering van bome. Mnr. Mokoena het die afgelope seisoen 'n opbrengs van 25 t/ha op vierde blad-bome behaal en mnr. Radebe 22 t/ha op sy derde blad-bome.

Mnr. Barker sê die doelwit van die projek is om swart boere in die appelboerdery te vestig en as model vir die betrokkenheid van die private sektor by ontwikkelingsprojekte te dien.

30 Mei 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
+0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons probeer
Ek is vriendelik en bedagsaam. Ek hou van sport en vat die lewe soos dit kom. Ek hou van die buitelewe en kamp.
Bok vir Sports
Ek is vreeslik besig kan nie stil sit nie ek is mal daaroor om alles saam my beter helfde te doen solank hy game is vir enige iets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot