AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Appels se eie 'venster in die w

Appelproduksie in die oostelike Hoëveld groei jaarliks met 20 %.

Die produksie van die appelbedryf in die oostelike Hoëveld groei jaarliks met 20 %. Boonop lewer dié streek vir twee weke van die jaar vroeër appels as die res van die wêreld, wat dit 'n uiters geskikte gebied maak om met appels te boer.

Die twee weke wat die appelbedryf van die oostelike Hoëveld, wat die gebied van die Oos-Vrystaat af tot in Mpumalanga insluit, vroeër appels kan lewer as ander produksiestreke ter wêreld maak dié streek se vrugte gesog in die buiteland. Vir elke week wat hulle vroeër kan lewer, ontvang boere 'n premie van minstens R500 per ton per week bo die prys wat buite hierdie twee weke vir appels betaal word.

Mnr. Anton Barker, besturende direkteur van die maatskappy Afgri se ontwikkelingsprojekte, sê dié gebied, en veral die Oos-Vrystaat, is al geïdentifiseer as een van die drie beste streke ter wêreld vir die kweek van Cripps Pink. Dié kultivar word onder die handelsnaam Pink Lady verkoop en is een van die gesogte tweekleur-kultivars. Die koue op die regte tyd van die rypword-proses gee die appels die regte kleur op die wange. Vyftig persent van die Cripps Pink-apples is uitvoergraad. Om die kleur reg te kry, soos wat die mark dit vereis, word die rypwordproses vertraag met die spuit van 'n middel wat daarvoor ontwikkel is. Die Oos-Vrystaat se koue is ideaal vir die kleur en bring mee dat die streek se appels drie weke voor die Ceres-streek op die mark kan wees.

Om die voordeel van die vroeë venster te benut, probeer Kaapse vrugtekopers hard om 'n voet in die Oos-Vrystaatse deur te kry. Afgesien van die groot vraag oorsee na die streek se appels, wat na veral Brittanje en Europa en al hoe meer na die Midde-Ooste uitgevoer word, het die streek met sy uniekheid ook al plaaslik naam gemaak. Die appels is ook by kettingwinkels te kry.

Om na Europa se kettingwinkels te kan uitvoer, is Eurogap-akkreditering nodig. Afgri se appelprojek vir kleinboere by Bethlehem, met 110 appelboorde van een hektaar elk en 96 boere, het reeds akkreditasie gekry.

Wat die streek se appelbedryf uniek maak, is dat alle boorde onder haelnette is - 'n faktor wat die vestigingkoste van nuwe boorde baie duur maak. Dit bied beskerming teen hael en tot 'n mate ryp, maar verg beter bestuur om genoeg lig by die vrugte te kry.

Mnr. Pieter Fourie van Afgri op Bethlehem, wat die tegniese aspekte van die appelprojek bestuur, sê Pink Lady, die soetsuur-kultivar wat in April en Mei gepluk word, is die toppresteerder in die Oos-Vrystaat.

Ander kultivars wat hier geplant is, is Royal Gala, 'n soetsuur appel met twee kleure wat baie gesog is op die uitvoermark. Dit word in die derde week van Januarie gepluk. Top Red, 'n soet, rooi kultivar is uitsluitlik vir die plaaslike mark.

Braeburn, 'n tweekleur suur-soet appel wat in Maart gepluk word, is een van die eerste kultivars wat in die streek geplant is. Braeburn boorde gee egter bitterpit-probleme en geen nuwe bome word meer geplant nie. Van die bestaandes word oorgewerk na Royal Gala en Pink Lady. Dit lewer gouer produksie as om nuwe bome te plant. Van die nuutste kultivars is klone van Royal Gala. Dit is Ruby Gala en Baigent. Die kultivar Fuji is 'n soet appel wat op dieselfde tyd as Braeburn ryp word en is gewild op die plaaslike mark.

Die twee kultivars waarvan nou nuut aangeplant word, is Cameo, 'n soetsuur appel wat gewild is op die uitvoermark en wat dieselfde tyd as Fuji gepluk word, en Sundowner, wat net ná Pink Lady gepluk word. Sundowner, die kultivar wat nou die meeste geplant word, is soeter as Pink Lady en effens rooier. Dit is baie geskik vir die uitvoermark, maar vaar plaaslik ook goed.

Daar word betreklik min nuwe boorde gevestig, maar waar boere reeds 'n wins uit hul boorde maak, plant hulle nou weer geleidelik nuwe appelbome.

Barker sê die meeste van die bome is vier jaar tot ses jaar oud en kom nou al hoe meer in produksie. Dit beteken dat die streek se produksievolume jaarliks met sowat 20 % groei, wat meebring dat al hoe meer pakhuise gebou word om die groter volume te hanteer.

Dit verskaf elke jaar meer werk aan seisoenwerkers wat pluk en in die pakhuise werk en is 'n groot ekonomiese inspuiting. 'n Groot pakhuis is twee jaar gelede in Ermelo gebou. Dit sal dalk uitbreiding in daardie gedeelte van die oostelike Hoëveldstreek aanmoedig.

Fourie sê nog 'n ontwikkeling in die streek is dat na dwergende en semi-dwer-gende onderstamme oorgeskakel is. Die Kaapse onderstamme wat aanvanklik geplant is, het vegetatief te groot geword en nie vrugte geproduseer nie.

Die voordele van die omskakeling na die kleiner onderstamme is dat die bome kleiner is om onder die haelnette in te pas, die produksie hoër is en die bome minder blare het, wat meer ligindringing en gepaardgaande beter kleur tot gevolg het.

Nog 'n nuwe praktyk wat met welslae toegepas word, is 'n nuwe snoeitegniek. Die bome word in die middel oopgesnoei sodat meer vrugte aan lig blootgestel word. Dit het 'n gunstige effek op die uitpakpersentasie. Dié praktyk word reeds by die appelprojek toegepas en ander kommersiële boere het dit ook suksesvol toegepas.

Met sterk groei, 'n "venster in die wêreld", kultivars wat in die buitelandse mark gesog is en die regte klimaat is die oostelike Hoëveld vinnig besig om naam te maak as produksiegebied vir uitstaande appels.

27 Augustus 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot