Die nuwe GM-aartappel wat deur die Landbounavorsingsraad (LNR) as 'n groot deurbraak vir die bedryf aangekondig is omdat dit weerstand teen die aartappelmot bied, is net so gou in omstredenheid gedompel toe Aartappels SA (ASA) koue water daaroor gegooi het.
Luidens 'n berig in die LandbouBurger het die LNR 'n aansoek om 'n permit vir die beskikbaarstelling van die land se eerste geneties gemodifiseerde (GM) aartappel by die registrateur vir GM-organismes ingedien. Terwyl dié aansoek verwerk word, het die LNR met ASA ooreengekom om die kultivar nie voor 2011 bekend te stel nie, sodat gekyk kan word of die probleme wat ASA daarmee het, opgelos kan word.
ASA se besorgdheid oor die moontlike algemene beskikbaarstelling van die SpuntaG2-kultivar spruit uit onsekerheid oor moontlike ongustige publisiteit vir aartappels en die gevolglike potensiële nadelige reaksie van verbruikers teenoor aartappels as bekend word dat GM-aartappels in die land verbou word.
Bron: LandbouBurger
17 Augustus 2008