“Makadamias, lede van die groter Proteacea-familie, kom uit die subtropiese kusreënwoude van Noordoos-Australië. Die grond daar is tipies hoogs verweer en baie suur. Gevolglik het makadamias ontwikkel om optimaal in grond met ’n relatief lae pH te floreer,” sê Nortjé.
“Dit verklaar die huidige bedryfsnorm vir grond vir die optimale makadamiaproduksie by ’n pH 5,5-6,2 (in water) of 4,5-5,2 (in kaliumchloried).” Grond in Noordoos-Australië vang fosfaat besonder goed vas in vorme wat plante nie maklik kan benut nie.
Daarom is min fosfaat beskikbaar vir opname deur plante. “In reaksie het makadamias ’n wortelstelsel ontwikkel wat fosfaat besonder goed uit die grond opneem. Daarom neem bome maklik meer fosfaat as nodig op uit grond wat baie plantbenutbare fosfaat bevat.