AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Avo-uitvoer verg dissipline

Gereelde kommunikasie gegrond op strategiese markinligting en dissipline in die pakhuis is die kernaspekte om vanjaar die avokado-wa suksesvol deur die uitvoerdrif te stuur.

Gereelde kommunikasie gegrond op strategiese markinligting

en dissipline in die pakhuis is die kernaspekte om vanjaar die avokado-wa

suksesvol deur die uitvoerdrif te stuur.

Die Suid-Afrikaanse Avokadokwekersvereniging het nou meer markinligting as ooit tevore en goeie kommunikasie kan vanjaar die fondament wees waarop 'n suksesvolle uitvoerseisoen gebou word.

Mnr. Derek Donkin, bestuurder van die SAAKV op Tzaneen in Limpopo, sê benewens goeie en gereelde kommunikasie moet avokadoprodusente en uitvoerders hierdie seisoen dissipline aan die dag lê en vrugte pak volgens die mark se behoeftes en nie noodwendig dít wat plukgereed in die boorde is nie.

Volgens mnr. Donkin was die voorsiening van Suid-Afrikaanse avokado's aan die Europese Unie (EU) verlede jaar goed bestuur danksy die uitstekende samewerking tussen produsente, pakhuise, uitvoerders en die lande wat ook avokado's na die EU uitvoer. Die gevolg was dat goeie pryse in die algemeen vir die grootste deel van die uitvoerseisoen behaal is.

Vanjaar word die uitvoervolume geskat op 9,5 miljoen kartonne, wat sowat 11% minder is as die 10,6 miljoen kartonne avokado's wat verlede jaar uitgevoer is. Weens kleiner oeste in Spanje en Israel het dié lande nie na die EU uitgevoer nie en is goeie pryse van 9 tot 11 euro per karton vroeg in April behaal.

Hoewel 'n kleiner oes vanjaar plaaslik verwag word, behoort die volume aangebied op die Europese markte van vroeg-Junie tot vroeg-September dieselfde te wees as dié van verlede jaar. Die rede is dat Peru, as 'n nuwe toetreder tot die Europese mark, na verwagting sowat 1,7 miljoen kartonne Hass gedurende daardie tyd gaan uitvoer.

Dit is teen hierdie agtergrond, sê mnr. Donkin, dat die plaaslike produsente aangemoedig word om die SAAKV se markinligting te gebruik om die vloei van uitvoerbesendings deeglik vooraf te beplan. Dit verminder onsekerheid en verhoog die moontlikheid om stabiele pryse te handhaaf. Produsente kan ook deur die vereniging se inligtingsbank bepaal wat die uitvoermark se behoefte is en dan vrugte volgens die markbehoefte pak en nie blindelings pak volgens wat in die boorde beskikbaar is nie.

In die wêreldekonomie is geen uitvoerland van avokado's na Europa 'n eiland nie. Geen enkele land kan Europa reg deur die jaar van avokado's voorsien nie en dít is juis die behoefte van die Europese markte. Die afgelope paar jaar het hierdie uitvoerlande besef dat, hoewel hulle eintlik mededingers is, daar 'n gemeenskaplike behoefte aan samewerking en veral koördinering bestaan indien hulle die langtermyn-winsgewendheid van hul uitvoer wil behou en voortsit.

Mnr. Donkin sê die eerste stap in hierdie samewerkingspoging tussen die uitvoerlande was om in die 2002-seisoen inligting uit te ruil oor geskatte uitvoere en dít wat werklik uitgevoer is. Maar die uitruil van inligting het ook aan die lig gebring dat die wêreldproduksie van Hass oor die volgende vyf jaar waarskynlik met 50 % tot 100 % gaan toeneem en dat 'n groot gedeelte daarvan op die Europese markte aangebied gaan word. Die volgende logiese stap is dus vir die uitvoerlande om saam by 'n generiese promosieveldtog betrokke te raak om die Europese markte uit te brei.

Die SAAKV neem dié leiding om die ander lande te oorreed om aan só 'n generiese promosieveldtog deel te neem in verskillende dele van Europa. Samesprekinge is reeds gevoer met die uitvoerders van Spanje en Israel terwyl invoerders in Frankryk, Holland en die Verenigde Koninkryk versoek is om 'n gedeelte van hulle kommissie af te staan vir hierdie promosieveldtog. Onderhandelinge is aan die gang om 'n koördineringskomitee vir generiese promosie daar te stel sodat elke afsonderlike uitvoerland verantwoordelik is vir sy eie promosieveldtog in 'n spesifieke Europese land.

Die afgelope twee jaar se winsgewende uitvoer na Europa het die geleentheid geskep vir die avokado-uitvoerlande om ernstig te besin oor 'n besigheidstrategie vir die toekoms.

Hierdie langtermyndenke is 'n goeie aanduiding dat die wêreld se avokadobedrywe saam 'n hoë vlak van volwassenheid bereik het. Die bewys hiervan sal egter gesetel wees wanneer 'n betekenisvolle generiese promosieveldtog vir die 2003/2004-seisoen in Europa van stapel gestuur word. Volgens alle aanduidings gaan dit juis 'n seisoen wees wanneer die mark onder groot druk verkeer weens groot volumes uit Spanje, Israel en Suid-Afrika. "Indien hierdie jaar se goeie voornemens wel teen die einde van 2004 'n werklikheid word, sal ons eers dan kan sê die avokadobedryf het volwassenheid bereik," sê mnr. Donkin. 11 Julie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
+0.7%
Rand - Pond
21.05
+1.1%
Rand - Euro
18.15
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,771.82
+0.2%
Silwer
22.19
-0.3%
Palladium
1,856.14
-1.1%
Platinum
991.00
-0.9%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,420
-0.2%
Alle aandele
74,557
-0.2%
Hulpbronne 10
73,980
-1.1%
Industriële 25
91,397
-0.1%
Finansiële 15
15,738
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom leer my ken dan besluit jy self
Ek is n introvert maar sodra jy my leer ken maak ek oop. Is n natuurmens wat alles in buite lewe geniet. Eerlikheid is bitter belangrik daar sonder werk niks
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot