AFGRI
BEAN
01 Des
-
9350,4
96,40
CORN
01 Des
-
4553
45,00
SOYA
01 Des
-
10435
134,00
SUNS
01 Des
-
11000,2
-93,80
WEAT
01 Des
-
6875
90,00
WMAZ
01 Des
-
5133
2,00
YMAZ
01 Des
-
4971
-24,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Avokadobedryf: Markontwikkeling noodsaaklik vir wins

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Lucille Botha
Foto: Lucille Botha
Avokado’s was die afgelope seisoen onder erge prysdruk in Europa, waarheen die meeste van Suid-Afrika se vrugte uitgevoer word. Só lyk die vooruitsigte vir nuwe markte.

Met sowat 200 000 ton minder avokado’s op die mark as die vorige seisoen was Amerikaners vroeër vanjaar bereid om tot €‎25 per kartonhouer (4 kg) te betaal, terwyl Suid-Afrikaanse produsente tevrede moes wees met €5 per kartonhouer in Europa.

Die Suid-Afrikaanse regering werk al meer as tien jaar daaraan om vir die plaaslike avokadobedryf toegang tot die Amerikaanse mark te kry, maar Amerika vertraag die proses, sê mnr. Derek Donkin, uitvoerende hoof van Suptrop.

As ’n mens tussen die reëls lees, is die duidelike boodskap uit Amerika dat dit makliker sal gaan as Suid-Afrika ophou om sy eie vark- en hoenderprodusente teen goedkoop Amerikaanse produkte te beskerm.

Op Subtrop se onlangse bemarkingsimposium op Witrivier het boere gehoor dat Peru, wat tans Suid-Afrika se grootste mededinger om rakspasie in Europa is, nog 15 000 ha se nuwe avokadoboorde het wat in produksie moet kom. Suid-Afrika se totale aanplantings is maar 16 000 ha.

“Oor die volgende vyf tot ses jaar gaan die ekwivalent van die totale Suid-Afrikaanse bedryf op die mark kom,” het Donkin gesê. “Waar gaan ons met daai vrugte heen?”

Hy het gesê daar is geen kitsoplossing nie en produsente moet weet dat moeilike tye in die volgende paar jaar se uitvoerseisoene kan voorlê.

“Daarom is marktoegang so belangrik, maar ook die bemarking van avokado’s onder bestaande en potensiële verbruikers – op die plaaslike mark en in lande waar Suid-Afrika reeds marktoegang geniet.”

Lig in die tonnel

Suid-Afrika het by verskeie lande aansoek gedoen om toegang vir avokado’s. Die aansoekprosesse is die verste gevorder in Japan, China, Indië en Amerika.

China se verbruik is tans van 40 000 ton tot 50 000 ton met baie ruimte vir groei omdat avokado’s eintlik nog ’n nuwigheid onder dié land se verbruikers is.

Die evaluasie van potensiële insekplae wat vir China ’n risiko kan inhou as dit in ’n besending avokado’s na dié land beland, is afgehandel en daar word tans oor voorkomingsmaatreëls onderhandel. Die Chinese het dit byvoorbeeld duidelik gemaak dat hulle sal aandring op die beroking van vrugte met metielbromied.

“China het vanoggend (9 November) ’n skrywe aan ons departement van landbou gestuur en aangedui dat hulle ’n verifikasiebesoek hier wil aflê. Dinge vorder dus goed,” het Donkin gesê.

Indië het reeds ’n verifikasiebesoek afgelê en Suid-Afrika wag nou op kommunikasie wat hopelik sal aandui dat hulle alles in orde gevind het en dat avokado’s daarheen uitgevoer kan word.

Japan het Suid-Afrika se kouebehandeling teen die verspreiding van vrugtevlieë virtueel gade geslaan met kameras wat in die laboratorium opgestel moes word om die hele proses sigbaar te maak.

“Ná 18 dae se kouebehandeling teen 2 °C moes ons die vrugte voor die kameras oopsny sodat die Japanse inspekteurs kon sien dat die larwes dood is. Kort daarna het hulle ’n span gestuur om op vrugte persoonlik te inspekteer,” het Donkin vertel.

“Ons wag nou om van hulle te hoor en daar is ’n sterk moontlikheid dat ons in 2023 vrugte na Japan sal kan uitvoer.”

Japan verbruik van 60 000 ton tot 80 000 ton avokado’s per jaar met Mexico as die grootste verskaffer. Met die kleiner oes in Mexiko die afgelope seisoen het niemand die gaping in die Japanese mark gevul nie. Japanese verbruikers moes eenvoudig met minder vrugte tevrede wees.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.68
-2.7%
Rand - Pond
21.67
-4.3%
Rand - Euro
18.54
-3.4%
Rand - Aus dollar
12.03
-2.8%
Rand - Jen
0.13
-4.1%
Goud
1,797.58
+1.7%
Silwer
22.49
+1.3%
Palladium
1,877.00
-0.6%
Platinum
1,045.00
+0.7%
Brent-ruolie
86.97
+3.1%
Top-40
68,868
+0.4%
Alle aandele
75,020
+0.3%
Hulpbronne 10
75,989
+3.5%
Industriële 25
92,168
+1.9%
Finansiële 15
15,274
-6.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Avontuur saam, leef voluit saam.
Ons leef en laat leef, goedhartigheid, respek vol, doel gerig, hardwerkend, verantwoordelik, eerlik en opreg by my maaitjie, om alles te gee. Geniet natuur, asook kuns feeste...
"Kan jy eerlik wees?"
Ek is n opregte liefdevolle eerlike mens. Uiterlike is nie vir my belangrik nie maar of ons n konneksie het. Ek bly lojaal teenoor my naasbestaandes. Ek is passievol, maar NIE n...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot