AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Basterpampoene se voordele

Basterpampoene het feitlik die mark oorgeneem. Maar om die volle potensiaal van basterpampoene te benut, moet groenteboere sekere basiese beginsels nakom.

Basterpampoene het feitlik die mark oorgeneem. Maar om die

volle potensiaal van basterpampoene te benut, moet groenteboere sekere basiese

beginsels nakom.

Daar is seker nie meer 'n kommersiële mielieboer in Suid-Afrika wat nog oopbestuifde mielies plant nie, want weens hoë produksiekoste is dit nie meer moontlik om 'n bestaan met swak opbrengste te maak nie. Dit geld ook vir pampoene - die jongste basters maak beter opbrengste moontlik.

Nogtans is dit nie net 'n kwessie van bastersaad plant en welslae wat gewaarborg is nie. Die boer moet sekere beginsels nougeset nakom om goeie opbrengste moontlik te maak. Mnr. Kobus van Heerden, produkbestuurder van Mayford, verduidelik hoe. Hoewel hy hoofsaaklik na die kultivar Crown Prince verwys, geld dié beginsels ook vir die meeste ander basterkultivars.

Dit is belangrik om basterpampoene se eienskappe deeglik te begryp, sodat die boer dié voordele optimaal kan benut.

Die volgende eienskappe en voordele is kenmerkend van

basterpampoene:

  • Die belangrikste voordeel van bastergroeikrag is 'n sterkgroeiende plant,

    met 'n gevolglik hoër opbrengs deurdat die plant 'n sterker wortelstelsel het

    en beter aanpasbaar is. Bastergroeikrag gee ook 'n eenvormige drag, vroeër

    produksie en beter verdraagsaamheid teen siektes.

  • Uitstekende vruggehalte. Die vrugvleis het deurgaans 'n aantreklike, diep

    oranje kleur en 'n klein saadholte, en is baie smaaklik - 'n eienskap waarvoor

    verbruikers bereid is om meer te betaal.

  • Opbergvermoë. Boere behoort hierdie eienskap te benut en die pampoene op

    te berg totdat die beste pryse behaal kan word. Sommige basters kan langer

    gehou word as ander. Die boer wat hierdie eienskap wil benut, moet homself van

    die verskillende kultivars se opbergvermoë vergewis wanneer hy

    kultivarseleksie doen.

  • Baie verbruikers weet dat die baster-grysskilpampoene beter smaak en

    verkies hulle.

Mnr. Van Heerden sê een van die belangrikste vrae wat altyd gevra word, is oor basterpampoene se opbrengsvermoë. In die algemeen word 'n rankgewas se opbrengsvermoë onder meer deur blomvorming, bestuiwing, temperatuur, bemesting en besproeiing bepaal.

Vinnige groei bevorder vroeë blomvorming en in normale toestande vorm 'n plant tot tien manlike blomme vir elke vroulike blom. Die eerste en laaste blomme aan 'n plant is gewoonlik manlik - omdat die plant vir genoeg stuifmeel vir die vroulike blomme voorsiening wil maak, wat in normale omstandighede net vir 'n dag vir bestuiwing ontvanklik is.

Die temperatuur beïnvloed die verhouding tussen die aantal vroulike en manlike blomme. Namate die temperatuur styg, sal die plant meer manlike blomme dra, aangesien stuifmeel se lewensduur by hoë temperature beperk is. Daar sal dus meer stuifmeel beskikbaar moet wees om bevrugting te verseker.

Temperature van 35 °C en hoër, tesame met 'n dagliglengte wat langer as veertien uur is, veroorsaak sterk loofgroei, lang internodes en groot blare, baie manlike blomme en min vroulike blomme.

As die temperatuur 18 °C en laer is en die dagliglengte korter as tien uur, kom vertraagde groei, kort internodes en klein blare voor, asook min manlike blomme en baie vroulike blomme.

Die manlike blom word deur 'n lang blomsteel en die afwesigheid van 'n klein vruggie onderaan die blom gekenmerk en kan gevolglik nie vrugte vorm nie. Die vroulike blom het 'n kort vrugsteel.

Die vroulike blomme is gewoonlik slegs 'n dag lank oop - van vroeg die oggend en vou in die laatmiddag toe (vroeër as dit baie warm is). Bestuiwing het teen die middag reeds plaasgevind mits daar genoeg bye en ander insekte in die land is om genoeg stuifmeel van die manlike blomme na die vroulike blomme oor te dra. Om goeie vrugset en ontwikkeling te verseker, word ongeveer 500 tot 1 000 lewende stuifmeelkorrels op die stamper van die vroulike blom benodig. Indien minder stuifmeelkorrels oorgedra word, sal kleiner en misvormde vrugte gevorm word, wat sal vergeel en deur die plant afgespeen word. Blomme wat nie bestuif is nie, vorm nie vrugte nie. In droë, winderige toestande droog die stuifmeelkorrels vinnig uit en word hulle steriel. Vrugset is dan swak. Lae temperature veroorsaak ook steriele stuifmeel.

As daar nie genoeg bye is om hierdie proses te laat plaasvind nie, sal die boer nie 'n optimale oes kry nie. Volgens navorsing is minstens twee byekorwe per hektaar nodig om 'n rankgewas te bestuif. Indien hy meer as 13 ha se rankgewasse plant, moet hy vier tot agt byekorwe elke 300 meter op die punt van die land plaas. Die korwe moet verkieslik in só 'n posisie wees dat die bye oor die land moet vlieg om by ander voedselbronne uit te kom. Die boer moet die korwe eers uitplaas wanneer die pampoene begin blom, anders vorm die bye dalk gevestigde roetes na ander voedselbronne.

Chemiese middels moet laatmiddag gespuit word, nadat die bye na die korwe teruggekeer het.

Basterpampoene moet besproei word om die beste opbrengs te verseker. Oorhoofse besproeiing moet liefs in die oggend plaasvind sodat die plante saans droog is. Sodoende word die risiko van siektes verlaag.

As min besproeiingswater beskikbaar is, moet dit in die kritieke tye (blomvorming, vrugset en vrugvorming) gebruik word. Vogspanning gedurende hierdie tye kan die blomme en jong vrugte laat afspeen en blomend-verrotting kan by ouer vrugte voorkom.

Die boer moet die besproeiing verminder namate die vrugte bekwaam raak om sagte vrugte van lae gehalte te voorkom.

Dien 25 mm tot 40 mm water per week in die warm tye toe, is mnr. Van Heerden se raad. Besproei minstens een keer per week in die kritieke stadia. 'n Oes se waterbehoeftes word deur die grondsoort, wyse van besproeiing, weerstoestande en plantestand geraak. Plastiekstroke op die grond sal die waterbehoeftes verminder en die laterale verspreiding van water in sekere grondsoorte bevorder. Sowat drie megaliter water per hektaar is nodig om die beste opbrengs te verseker.

Mnr. Van Heerden gee ook raad oor die bestuur van basterpampoene. Wat fisiologiese afwykings en sonbrandskade betref, sê hy baster-grysskiltipe pampoene verskil fisiologies van tradisionele tipes en moet dienooreenkomstig bestuur word om die volle potensiaal van hierdie tipes te benut. Die dun skil hou baie voordele vir die verbruiker in (vandaar die gewildheid), maar kan problematies wees vir die boer wat dit soos die witskiltipes verbou. Dunskil-tipes moet geoes word sodra dit bekwaam is en kan nie soos die witskil-tipes op die land gelaat word totdat dit bemark word nie. Die dun skil en die feit dat die grys kleur nie die hitte soos 'n wit skil weerkaats nie, veroorsaak dat sonbrandskade maklik kan voorkom.

Alle pampoenplante absorbeer groot hoeveelhede water ná 'n tydperk van vogstremming; gevolglik kry die vrugte van dunskil-tipes krake sodra 'n oormaat water ná vogspanning beskikbaar raak. Dit kom veral voor in warm toestande, wanneer vrugte bekwaam raak en die plant nog groei.

Hoe weet die boer wanneer om te oes? Oesgereedheid van grysskilpampoene kan só bepaal word: Die vrugstingels ontwikkel kurkagtige krake, wat die beste aanduiding is dat die vrugte oesgereed is. Die skil se kleur verander van 'n donker glansgroen na 'n dowwe grys. Druk die skil met die duim. As 'n donker kneuskol verskyn, is die vrugte nog nie oesgereed nie. As die skil taai is en met 'n kraakgeluid skeur, is die vrugte oesgereed.

13 Junie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.93
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot