AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Belangrikheid van bestuiwers op globale vlak bekyk

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die meeste blomplantspesies maak op bestuiwers staat vir voortplanting. Dit is waar vir die jaarlikse magrietjiespesies wat vir die massa lenteblomvertoon in Suid-Afrika verantwoordelik is. Foto: Prof. Allan Ellis
Die meeste blomplantspesies maak op bestuiwers staat vir voortplanting. Dit is waar vir die jaarlikse magrietjiespesies wat vir die massa lenteblomvertoon in Suid-Afrika verantwoordelik is. Foto: Prof. Allan Ellis
Die helfte van alle blomplante, ongeveer 175 000 plantspesies, maak gedeeltelik of algeheel staat op dierebestuiwers ten einde saad te kan produseer. ’n Afname in bestuiwergetalle kan dus groot ontwrigtings veroorsaak in natuurlike ekostelsels, onder meer verlies aan biodiversiteit.

Dit is die bevinding van die eerste globale skatting oor die belangrikheid van bestuiwers vir plante in natuurlike ekostelsels wat onlangs in die vaktydskrif Science Advances verskyn het.

Die studie is gelei deur dr. James Rodger, ’n na-doktorale genoot in die departement wiskundige wetenskappe, en prof. Allan Ellis van die Universiteit Stellenbosch. Dit het 21 wetenskaplikes wat by 23 instellings op vyf kontinente geaffilieer is, betrek. Dit is die produk van die sintesesentrum vir biodiversiteitswetenskappe wat in die Duitse sentrum vir geïntegreerde biodiversiteitsnavorsing gesetel is.

Hoewel die meeste plante deur diere bestuif word, benut die meeste plante ook hul gedeeltelike outofertiliteit. Dit beteken dat hulle ten minste ’n paar sade sonder die hulp van bestuiwers kan vorm deur middel van selfbestuiwing.

Die studie dui aan hoe belangrik bestuiwers op globale vlak is vir plante wat in die natuur voorkom.  Die navorsers het die bydrae wat bestuiwers tot saadproduksie lewer, gebruik as 'n aanduiding van hul belangrikheid vir plante. Hierdie bydrae is gemeet deur saadproduksie in die afwesigheid van bestuiwers te vergelyk met saadproduksie in die teenwoordigheid van bestuiwers.

Die bevindinge toon ’n afwesigheid van bestuiwers sou beteken dat ’n derde van blomplantspesies geen saad sal produseer nie, en die helfte ’n afname van 80% of meer ten opsigte van vrugbaarheid sou toon. Hoewel outofertiliteit of selfbestuiwing dus algemeen voorkom, vergoed dit geensins ten volle vir ’n afname in bestuiwingsdiens in die meeste plantspesies nie.

“Onlangse studies toon dat baie bestuiwerspesies ’n afname in getalle getoon en sommige selfs uitgesterf het. Ons bevinding dat groot getalle plantspesies in die natuur staatmaak op bestuiwers, toon dat ’n afname in bestuiwergetalle groot ontwrigting in natuurlike ekostelsels kan veroorsaak,” waarsku Rodger.

Volgens Rodger is baie plante egter langlewend, wat bestuiwers ’n geleentheid bied om te herstel alvorens plantuitsterwings voorkom as gevolg van ’n gebrek aan bestuiwers.

“Ons het ’n gebrek aan hoëgehalte-, langtermyn-moniteringsdata van bestuiwers in Afrika, wat Suid-Afrika insluit, hoewel daar al ’n begin gemaak is. Ons hoop ons bevindinge sal meer van hierdie sort navorsing stimuleer, sodat ons ’n afname in bestuiwergetalle kan opspoor en hul impak op biodiversiteit kan temper.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
+0.8%
Rand - Pond
19.32
+0.1%
Rand - Euro
17.25
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,634.92
+0.8%
Silwer
18.64
+1.5%
Palladium
2,094.50
+2.5%
Platinum
859.00
+0.7%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,618
+0.6%
Alle aandele
64,029
+0.6%
Hulpbronne 10
56,663
+0.8%
Industriële 25
79,523
-0.0%
Finansiële 15
14,212
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Dont do today what u can do tomorrow
Stap die myl Aandagafleibaar Wil nog leer kitesurf Mal oor golf en seil Gee mekaar spasie Friend for life Never doublecross
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot