AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Belowende nuwe vrugte op pad

Vrugteboere kan solank hul lippe aflek vir belowende nuwe ingevoerde kern- en steenvrugseleksies.

'n Aantal belowende ingevoerde kern- en steenvrugseleksies word nou by die SA Plantverbeteringsorganisasie in Stellenbosch geëvalueer.

Hoewel 'n groot aantal vrugteseleksies wat plaaslik en oorsee geteel is, by die SA Plantverbeteringsorganisasie (Sapo-trust) in Stellenbosch geëvalueer word, is daar al 'n aantal van die ingevoerde seleksies wat belowend lyk. Van dié seleksies sal waar-skynlik binne die volgende twee jaar aan die kommersiële landbou vir aanplanting beskikbaar gestel word.

Mnr. Rudi Vos, vrugte-evaluasiebestuurder by die Sapo-trust, sê 16 ingevoerde steenvrugseleksies (agt perske, sewe nektarien en een pluot, 'n kruising tussen 'n pruim en 'n appelkoos) asook nege kernvrugseleksies (vier appel en vyf peer) beïndruk in die stadium baie.

Die seleksies is op vrugte-uitstallingsgeleenthede aan boere, uitvoerders en verteenwoordigers van groot supermarkgroepe bekend gestel. Gunstige kommentaar oor die seleksies wat geëvalueer word, is in die algemeen uit daardie oorde ontvang, aldus Vos.

Steenvrugte wat geëvalueer word, is:

Perskes

  • 4-LG-279 is 'n geelvleisseleksie uit Amerika wat beïndruk met sy uitstaande goeie kleur en smaak. Dit word in die 49ste week op die Bien Donné-proefplaas, naby Franschhoek, geoes en is teen 20 Julie reeds 80 % in blom. Die vruggrootte het 'n telling van 18 (70 mm). Die seleksie het 'n lae kouebehoefte. Die persentasie totale oplosbare stowwe (TOS), oftewel suikergehalte, is 10. Die enigste moontlike nadeel is dat dié vrug maklik by die stingel uitskeur.

  • 38-P-206 is ook 'n geelvleisseleksie wat in die 51ste week (middel Desember) op die proefperseel op Prince Alfred Hamlet geoes word. Op 31 Augustus is dit 80 % blom. Dit het 'n matige kouebehoefte, sy vruggrootte-telling is 15 (75 mm) en die TOS-persentasie is 10. Die seleksie se grootte, kleur en smaak beïndruk.

  • 216-LK-440 is 'n geelvleisperske met 'n uitmuntende eetgehalte, maar is geneig om by die stingel uit te skeur. Dit word in die 52ste week op Bien Donné geoes en is op 26 Augustus 80 % in blom. Die vruggrootte-telling is 18, TOS is 13 %, en sy kouebehoefte is matig.

  • Blaize Princess is 'n Amerikaanse kultivar wat al daar beskikbaar is en nou plaaslik geëvalueer word. Dit het 'n goeie eetgehalte en het min hare aan die skil. Dit word in die 52ste week op Prince Alfred Hamlet geoes. Die kultivar is op 15 September 80 % in blom, die kouebehoefte is matig, die vruggrootte-telling 18, en die TOS-persentasie 16, wat taamlik hoog is.

  • 5-P-172 is 'n witvleisperske wat in die eerste week by Ceres geoes word. Dit is 80 % in blom op 26 Augustus, die kouebehoefte is matig, die vruggrootte-telling 18 en die TOS-persentasie 14. Dié seleksie is effens gepunt by proefblokke op Bien Donné.

  • Sweet Fire is 'n Amerikaanse geelperske wat in die tweede week by Ceres geoes word. Teen 22 September is dit 80 % in blom, die seleksie het 'n hoë kouebehoefte van meer as 800 Infruitec-model-koue-eenhede (IKE) en 'n vruggrootte-telling van 18. Die TOS-persentasie is 15. Die kleur en grootte van die vrugte beïndruk veral.

  • Sunlate is 'n Amerikaanse geelvleisperske wat in die sesde week op Prince Alfred Hamlet geoes word en teen 9 September 80 % in blom is. Die TOS is 16 %, die vruggrootte-telling 18 en die kouebehoefte is hoog. Die kleur en grootte van die vrugte is goed, maar die vrugstingel skeur maklik uit.

  • Southern Snow is 'n witvleisperske uit Amerika wat eers in die agtste week op Prince Alfred Hamlet geoes word. Dit het 'n hoë kouebehoefte, is teen 8 September 80 % in blom, het 'n TOS-persentasie van 18 asook 'n vruggrootte-telling van 18. Die eetgehalte is goed, maar dit het ook 'n probleem met stingels wat neig om uit te skeur.

    Nektariens

  • 370-LH-190 is 'n geelvleisnektarien wat in die 50ste week op Bien Donné geoes word. Teen 5 September is dit 80 % in blom. Sy kouebehoefte is hoog, vruggrootte-telling is 18 en die TOS is 14 %. In die algemeen lewer die bome 'n goeie drag en die vrugte se smaak en kleur vind byval.

  • Diamond Ray is 'n Amerikaanse geelvleis-nektarien wat in die 51ste week op Bien Donné geoes word. Die kouebehoefte is matig en bome is teen 5 September 80 % in blom. Die vruggrootte-telling is 18 en die TOS is 12 %. Die vrugte se smaak en kleur beïndruk.

  • Bright Pearl is ook 'n Amerikaanse nektarien met spierwit vleis. Dit word in die tweede week op Bien Donné geoes en is op 9 September 80 % in blom. Dit het 'n hoë kouebehoefte en die vruggrootte-telling is 23.

  • Fire Sweet is 'n geelvleisnektarien, ook uit Amerika, wat in die derde week by Ceres geoes word. Dit is op 4 September 80 % in blom. Sy kouebehoefte is hoog, vruggrootte-telling is 18 en die TOS is 16 %. Die smaak beïndruk, asook die grootte en stewigheid van die vrugte.

  • 119-LH-193 se vleis is ook geel, het 'n hoë kouebehoefte van 850 IKE en word in die vyfde week by Prince Alfred Hamlet geoes. Sy vrugte is groot en het 'n telling van 23 (62 mm), terwyl die TOS 16 % is. Dit is op 9 September 80 % in blom. Die vrugte is smaaklik en die kleur goed.

  • 33-LG-326, 'n geelvleisnektarien met 'n goeie smaak, grootte en kleur, word in die vyfde week in die Koue-Bokkeveld geoes. Dit het 'n hoë kouebehoefte en 'n hoë TOS van 18 %. Die vruggrootte-telling is 18.

  • 17-LG-1 word in die sesde week in die Koue-Bokkeveld geoes en het 'n hoë kouebehoefte van meer as 700 IKE. Die vruggrootte-telling is 20 (67 mm) en die TOS-persentasie 16. Die vrugte se kleur en smaak is goed.

    Pluot

  • Flavorfall is 'n geelvleis-pluot met 'n uitstekende houvermoë. Dit word in die 10de week (vroeg Maart) op Bien Donné geoes en is op 10 September 80 % in blom. Die vruggrootte is 55 mm tot 60 mm en die TOS 'n hoë 17 %. Dié vrug is ook van Amerikaanse oorsprong.

    Kernvrugte wat geëvalueer word, is:

    Appels

  • 80107-59 is 'n Nederlandse appel van 'n goeie grootte en het 'n groen skil wat later tot geel verkleur. Dit word in die 11de week by Grabouw geoes en bome is teen 18 Oktober 80 % in blom.

  • Mahana Red is 'n Nieu-Seelandse kultivar en is 'n mooi, volrooi appel met 'n goeie grootte. Op 25 September is dit 80 % in blom en dit word in die 11de week in die Witzenberggebied geoes. Dié kultivar is reeds vrygestel.

  • Sali Red Delicious, 'n Amerikaanse kultivar, word ook in die 11de week in die Witzenberggebied geoes. Sy goeie setvermoë trek veral aandag. Teen 19 Oktober is dié seleksie 80 % in blom.

  • Rubens, wat 'n goeie grootte en set het, is teen 5 Oktober 80 % in blom. Dit word in die negende week in die Witzenberggebied geoes.

    Pere

  • 64-03-23 se uitstaande kenmerk is sy besondere smaak. Dit is op 20 September 80 % in blom, en word in die vierde week op Grabouw geoes.

  • Delwini word in die negende week in die Witzenberggebied geoes en is op 28 September 80 % in blom. Dit toon 'n goeie drag.

  • Howell is 'n kleinerige peer met 'n mooi, egalige kleur en is op 25 September in die Grabouw-gebied 80 % in blom. Dit word in die agtste week geoes.

  • Orcas se sterk punt is sy besondere smaak. Dié peer is op 26 September 80 % in blom en word in die agtste week in die Witzenberggebied geoes.

  • Rescue het 'n goeie grootte en drag, is op 20 September 80 % in blom en word gedurende die vierde week in die Witzenberggebied geoes.

    Landbouweekblad, 15 Junie 2007

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    18.07
    +0.0%
    Rand - Pond
    19.35
    -0.1%
    Rand - Euro
    17.32
    +0.3%
    Rand - Aus dollar
    11.60
    +0.6%
    Rand - Jen
    0.12
    +0.2%
    Goud
    1,630.32
    +0.5%
    Silwer
    18.42
    +0.3%
    Palladium
    2,073.50
    +1.5%
    Platinum
    852.40
    -0.1%
    Brent-ruolie
    84.06
    -2.5%
    Top-40
    57,621
    +0.6%
    Alle aandele
    64,026
    +0.6%
    Hulpbronne 10
    56,997
    +1.4%
    Industriële 25
    79,272
    -0.3%
    Finansiële 15
    14,209
    +1.6%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Lief vir die lewe
    Introvert. Dry sence of humor. [geskrap] Hou van buite lewe. [geskrap]Braai stap bos en see. Hou van land deur toer op n motorfiets[geskrap]
    Dit is tyd om my horisone te verbreedt
    Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot