AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Benede-Oranje belowende sitrusgebied

Die sluimerende potensiaal vir sitrus in die gebied langs die Benede-Oranjerivier wek opnuut belangstelling. Die grond en klimaat is reg en dié gebied is siektevry.

Vee-, saai- en wingerdboere vanaf die Boegoebergdam verder rivier-af langs die Oranje tot by Onseepkans (en selfs verder) toon opnuut geesdrif om ook sitrus in te skakel om hul boerdery te diversifiseer.

Trouens, hulle weet dit kan werk, want die aanvoorwerk is 20 jaar gelede al gedoen - toe min boere kans gesien het om nog 'n nuwe gewas te beproef. Wingerd en graan was toe nog vir baie 'n nuwigheid wat eers behoorlik onder die knie gekry moes word.

Enkele boere het wel probeer en geslaag. Mnre. Attie Valentein, Dawid van Rensburg en Jannie Spannenberg, almal in die omgewing van Kakamas, het toentertyd elkeen redelike stukke veral Star Ruby-pomelo's, suurlemoene en Nawels gevestig en vaar steeds goed met van dié kultivars - selfs in die uitvoermark. Nuwe impetus vir die gewas is grootliks te danke aan die moontlikheid van uitvoer na oorsese nismarkte.

Die kiem vir die ontsluiting van hierdie gebied vir sitrus is 19 jaar gelede deur Outspan gelê toe hulle klein proefaanplantings op verskeie plekke in dié gebied gedoen het met die doel om 'n verskeidenheid van kultivars te evalueer ten opsigte van grondsoorte en koueverdraagsame onderstamme, sê mnr. Louis Kotzé van Swemkuil, Grootdrink. Hy is een van die jong boere in dié gebied wat twee jaar gelede sy eerste proefaanplanting van 7 ha gedoen het en is ook lid van die Oranjerivier-sitrusstudiegroep.

Die nuwe proefaanplantings het sowat vyf jaar gelede begin en hoewel dit almal klein blokkies bome is, beslaan dit gesamentlik reeds sowat 200 ha. Mnr. Kotzé se belangstelling is veral geprikkel deur die volhoubaarheid van die enigste oorblywende proefaanplanting van 19 jaar gelede - 650 bome op 1 ha op die plaas Bokpoort, naby hom waar mnr. Drikus Hanekom boer.

Daar is veral twee eienskappe wat dié gebied gunstig vir sitrus maak: Dit is 'n smal, maar lank uitgestrekte gebied rivierlangs waar die klimaat langs die loop van die rivier baie verskil. Dit kan 'n goeie verskeidenheid van kultivars tot gevolg hê. Stroom-af, Kakamas toe, is byvoorbeeld die aangewese gebied vir die meer hitteverdraagsame kultivars, terwyl dié wat meer koue nodig het vir die ontwikkeling van 'n natuurlike kleur, hoër op langs die rivier beter kan vaar. Dit het ook die verdere voordeel dat geïsoleerde aanplantings van siektevrye plantmateriaal oor die gebied versprei kan word.

Die tweede belangrike eienskap is dat die droë klimaat dié gebied aanvaarbaarder maak vir kultivars wat vir swamsiektes, soos altenaria, vatbaar is. Op grond daarvan dat die gebied byvoorbeeld vry is van swartvlek, is reeds aansoek gedoen om na die meer belowende Amerikaanse mark te mag uitvoer. Plaaslike ondersoeke kon geen tekens van dié siekte in die gebied vind nie. Amerikaanse kundiges besoek die gebied die huidige seisoen met die oog op vrywaring wat dus die pad sal open vir die ontwikkeling van nismarkte in Amerika, sê mnr. Kotzé.

Voorts is die diep, sanderige en klipperige grond van dié gebied ideaal vir sitrus omdat dit sorg dat genoeg suurstof by die bome se wortels uitkom.

In hierdie stadium kom voorligting nog van buite die gebied. Citrus Research International (CRI), die navorsingsarm van die bedryf op Nelspruit, is egter nou betrokke by die ontwikkeling van die gebied. Dr. Hennie le Roux het gehelp met die stigting van die studiegroep en die vloei van kundigheid na dié gebied.

Mnr. Kotzé het ook noue skakeling deur familiebande met die bedryf in die omgewing van Citrusdal. Groeiende belangstelling in die gebied kan egter daartoe lei dat die dienste van 'n inwonende konsultant uiteindelik bekom kan word.

Mnr. Kotzé se proefaanplanting en uiteindelike boord is in rou veld gevestig, 3,5 km van die rivier af. Die ligging is só gekies dat die boord aan die voet van 'n 28 meter hoë koppie lê. 'n Opvangdam is bo-op die koppie gebou waarvandaan die boord met gravitasie besproei word.

Drupbesproeiing volgens die oop hidroponiese stelsel word toegepas. Sonpanele voorsien die elektrisiteit wat nodig is om die skedulering en bemesting deur die water te reguleer. Dié stelsel funksioneer teen 'n druk van 200 kPa.

Die besproeiingskoste is dus taamlik laag. Pleks van 'n groot pomp wat baie krag gebruik, plus dikker en duurder pype wanneer regstreeks uit die rivier besproei moet word, werk dié stelsel met 'n kleiner pomp wat aanhoudend loop sê mnr. Kotzé.

Uiteraard is dit die soort besproeiingstelsel wat die koste bepaal, maar in sy geval het die totale regstreekse vestigingspakket hom twee jaar gelede R32 000/ha gekos - insluitend die infrastruktuur vir 'n finale boord van 20 ha, terwyl sy proefaanplanting nog net 7 ha daarvan beslaan.

Besproeiing by 'n oop hidroponiese stelsel beteken dat 'n boom kry wat dit nodig het wanneer dit nodig is. Die eerste besproeiing is 'n uur ná sonop wanneer die huidmondjies aan die wortels oopmaak en plantvoedingstowwe inneem.

Die geheim is om genoeg water toe te dien sodat die huidmondjies die hele dag oop bly. Te min water laat die huidmondjies sluit en lê groei aan bande.

Mnr. Kotzé se grond is arm aan kalsium - daarom is die basis van sy bemestingsprogram kalsiumnitraat. Mikro-elemente word deur die besproeiing en in die vorm van blaarvoeding toegedien. Kort ná die vestiging van 'n boord maak blaarontledings min sin en word die bemesting aan die hand van grondontleding toegedien.

Blaarvoedings word elke vierde week gedurende die groeiseisoen in die somer toegedien en bestaan uit 'n mengsel van sink, magnesium, koper en stikstof. In die winter word net kalium as blaarvoeding deur die besproeiing toegedien om die jong bome teen rypskade bestand te maak.

Verder poog hy om die aanplanting so organies moontlik te hou. Kompos word twee keer per jaar in die bome se wortelsone ingewerk. Dit help om grondorganismes in die rou grond gevestig te kry. Erdwurms word ook langs die rivieroewers uitgehaal en in die boord gevestig om die grondlewe verder te bevorder.

Veldgras tussen die plantrye word behou om 'n habitat vir die natuurlike vyande van skadelike insekte te skep. Die grootste probleem by veral jong aanplantings is sitrusvlinders - 'n skoenlapper waarvan die ruspes veral jong bome verkies. Dit word doeltreffend bestry met 'n "sagte" chemiese middel wat saam met blaarvoeding toegedien word.

Die gemiddelde temperatuur in die gebied is 5 °C tot 28 °C in die winter en 20 °C tot 38 °C en selfs hoër in die somer. 'n Sitrusboom se ideale groeitemperatuur is 32 °C, met dien verstande dat die verskil trussen die nag- en dagtemperatuur nie te groot is nie. Dit bring mee dat ryp veral by jong aanplantings bestuur moet word.

Mnr. Kotzé sê hy berei sy boord aan die begin van die winter teen die ergste koue voor deur die gras tussen die rye plat te sny. Dit verbeter lugvloei in die boord. In April word met hoë kaliumbemesting begin om die groei te verhard.

As die weervoorspelling temperature laer as 5 °C voorsien, word daar met donker die volgende oggend buitebande in die boord gebrand om te keer dat die temperatuur nie laer as 3 °C daal nie.

"Baie mense glo dis bluf, maar ek glo die vuur veroorsaak 'n trek en die rook maak die lug swaar. Die grootste mate van koueweerstand word egter deur die keuse van 'n onderstam bepaal. Ons verkies onderstamme waarvan die groei natuurlik ophou sodra die temperatuur laer as 3 °C daal.

"Sodra die bome drie tot vier jaar oud is, is die ryp nie meer 'n probleem nie," sê mnr. Kotzé.

Proefboorde

is klein

Kenmerkend van die proefaanplantings in die Benede-Oranje-gebied is dat dit klein is. Star Ruby-pomelo's, Nawels en suurlemoene het op sommige plekke reeds bewys waartoe dit in staat is. Maar daar is 'n verskeidenheid ander gesogte kultivars saam met 'n verskeidenheid van onderstamme wat nog in die gebied getoets moet word.

Die uitgestrektheid van die gebied en die verskil in klimaat sal die verbouing van 'n verskeidenheid kultivars moontlik maak. Dié boere weet egter ook dat die uiteindelike kultivarkeuse nie te wyd kan strek nie, want dit kan weer in die toekoms 'n invloed op die kostedoeltreffendheid van die hanteringsgeriewe hê.

Op die plaas Swemkuil, Grootdrink, word sitrus beproef as deel van 'n diversifikasieprogram met skaapboerdery. Die proefaanplanting is op rou grond - rooi Kalaharisand deurspek met kalkklippe - wat 1,5 m diep geskeurploeg is. Vóór planttyd is kompos op die plantrye ingewerk. 'n Stelsel van hoëdigtheid is gevolg met 'n spasiëring van 5 m tussen rye en 2 m in die ry. Die doel is om die boord later as 'n heining te bestuur deur die bome se grootte meganies te beperk sodat vrugte aan die binnekant van die bome gedra word waar dit teen die son en wind beskerm word en makliker gepluk kan word, sê mnr. Louis Kotzé. Die vestiging van 'n nuwe gewas in 'n gebied het die verdere voordeel dat die jongste tegnologie van meet af aan gebruik kan word. 1 Augustus 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
+0.7%
Rand - Pond
21.05
+1.1%
Rand - Euro
18.15
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,771.82
+0.2%
Silwer
22.19
-0.3%
Palladium
1,856.14
-1.1%
Platinum
991.00
-0.9%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,420
-0.2%
Alle aandele
74,557
-0.2%
Hulpbronne 10
73,980
-1.1%
Industriële 25
91,397
-0.1%
Finansiële 15
15,738
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Baie om te bied niemand om mee te deel.
Ek is n ongekompliseerd man wat net opsoek is na goeie geselskap en moonlike geluk in die toekoms dis al.
Son en see mens.
Eks stil en op my plek. Praat met diere darem nog nie met my self nie. Hou van berg klim en fiets ry. Visvang en rugby glad nie my ding nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot