AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Benut uitvoermark met okkerneute

Die Europese mark bied goeie uitvoer- en winsmoontlikhede vir Suid-Afrikaanse boere wat oor die nodige kapitaal, geduld, waagmoed en deursettingsvermoë beskik om 'n okkerneutboerdery aan te pak.

'n Plaaslike okkerneutbedryf wat die voordele van die uitvoermark kan benut, het nou 'n werklikheid geword met die vestiging van Rotondo Walnuts aan die oewer van die Garieprivier net buite Aliwal-Noord. Hierdie projek van die IDC (Industrial Development Corporation, voorheen die Nywerheidsontwikkelingskorporasie) sal boere bystaan om geskikte plantmateriaal te bekom en deur middel van 'n verwerkingsaanleg 'n bydrae probeer lewer sodat hulle 'n afset vir hul produk het.

Suid-Afrika het nie 'n groot mark vir okkerneute nie, maar 'n groot Europese mark vergoed daarvoor, sê mnr. Percy Watkins, bestuurder van Rotondo. Vanweë die gewildheid van okkerneute in Europa is daar 'n konstante vraag na die produk. Die pryse van okkerneute is oor die algemeen hoog en kan tot soveel as R12 000/ton beloop. Teen 'n gemiddelde opbrengs van 4 ton/ha kan die inkomste tot soveel as R48 000/ha beloop.

Okkerneute het 'n rakleeftyd van drie tot ses maande en die gemiddelde leeftyd van die bome is 60 jaar tot 80 jaar, 'n faktor wat volgehoue aanplanting onnodig maak tensy 'n boer wil uitbrei.

Die plaaslike bedryf se oestyd in Maart/April is sowat ses maande uit pas met dié van verskaf fers in die Noordelike Halfrond. Die bedryf betree dus die mark in stiller tye en teen beter pryse. Tans is daar min mededinging van ander lande in die Suidelike Halfrond.

Rotondo Walnuts is die grootste okkerneutboerdery in Suid-Afrika. Met die voltooiing van die projek sal 75 000 okkerneutbome op sowat 500 ha geplant wees. Die totale koste van die projek beloop R60 miljoen.

Die projek is in 1999 begin met die aanplant van 4 800 bome op 32 ha. In 2001 is 12 300 bome (82 ha) aangeplant, verlede jaar 16 950 bome (113 ha) en in Oktober vanjaar 22 500 bome (150 ha). Volgende jaar word nóg 15 000 bome (100 ha) geplant.

Kultivars wat gevestig is, is Chandler, Vina, Sunland, Chico, Hartley en Serr. Die plaas sal in 2014 in volle produksie wees en sal dan 1 500 ton tot 2 000 ton okkerneute per jaar na Europa uitvoer.

Mnr. Watkins sê die IDC se hoofdoel met die projek is om 'n Suid-Afrikaanse okkerneutbedryf te ontwikkel. Die projek se sekondêre doel is om buitelandse valuta te genereer in armer plattelandse gebiede met min oorsese beleggingsmoontlikhede, soos die Noordoos-Kaap en dele van die Noord-Kaap en die Vrystaat.

Dié projek is soortgelyk aan die IDC se Green Valley Nuts-projek naby Prieska, waar 960 ha se pistachioneute al geplant is. Die eerste neute is verlede jaar geoes. Dié projek, wat uiteindelik uit 1 000 ha se pistachioneute sal bestaan, sal sowat 3 000 ton per jaar produseer as die bome in volle produksie is. 'n Groot deel hiervan sal ook na Europa uitgevoer word.

Met die Noordoos-Kaap se koue klimaat is dit moeilik om goeie winste uit kontantgewasse soos koring en mielies te maak. Dié gebied se koue winters en somertemperature wat normaalweg nie hoër as 34 °C is nie, is egter die ideale klimaat vir okkerneute. Al nadeel is laat ryp wat dikwels in November voorkom. Dit kan die bloeisels 'n knou gee. Okkerneute sal ook in ander koue dele verbou kan word, soos sekere dele van die Suid-en Oos-Vrystaat en dele van die Oos-Kaap, soos Cradock.

Mnr. Watkins sê geskikte plantmateriaal is skaars. Hoewel okulering die algemeenste metode is om plantmateriaal te vermeerder, gebruik Rotondo net weefselkultuurboompies. Die boompies word uit Spanje ingevoer op 'n ouderdom van ses maande tot sewe maande. Net geneties egte weefselkultuurboompies word ingevoer.

Die boompies moet 'n jaar lank in kwarantyn staan voor dit uitgeplant kan word. Rotondo het 'n kwarantynperseel by Prieska ingerig waar 30 000 boompies onder skadunet gehou kan word. Die geriewe kan met gemak vergroot word. Die kwarantyntydperk en die koste verbonde aan die verkryging van plant- en gehaltebeheerpermitte, asook vliegtuig-vervoerkoste jaag die onkoste op.

Die IDC is bereid om voornemende okkerneutboere te help om 'n plaaslike bedryf tot stand te bring en kan genader word vir raad oor die bedryf, asook moontlike finansiering. Boere kan die boompies 18 maande vooraf by Rotondo bestel teen sowat R100 stuk.

Hulle sal ook moontlik hul okkerneute aan Rotondo kan verkoop. Dít verminder die risiko van eie uitvoer en skakel die soeke na afsetgebiede uit. Boere hoef ook nie die rompslomp met die verkryging van plant- en gehaltebeheerpermitte en die gesukkel met kwarantynvereistes deur te maak nie.

Teen R100 per boom beteken dit 'n aanvangskapitaal van om en by R15 000/ha. Dit sluit nie produksie- en ander bedryfskoste, soos arbeid, bemesting, die bekamping van onkruid, meganiese skoonmaak-aksies, werktuie en besproeiing, in nie. Dié koste is min of meer dieselfde as vir die vestiging van sagtevrugte.

Rotondo beoog om teen 2006/07 'n verwerkingsaanleg in gebruik te hê sodat neute maklik van boere gekoop en verwerk kan word. As só 'n ooreenkoms met boere aangegaan word, sal hulle teen die Farmgate-prys (die standaard-wêreldprys) vergoed word. Die neute sal egter aan streng keuring onderhewig wees.

Hoewel heelwat boere belangstelling in die bedryf toon, het nog net twee ander boere in die Noordoos-Kaap met okkerneute begin boer. Hulle is mnre. Pelser Greyling van Burgersdorp en Lano Schlebush van Colesberg. Ander boere van so ver as Lady Grey, Steynsburg en Graaff-Reinet het al boompies bestel wat hulle in September 2004 sal ontvang.

Mnr. Watkins sê hoewel okkerneute goeie winsmoontlikhede inhou, moet boere nie hul bestaande boerderye heeltemal na 'n okkerneutboerdery omskakel nie. Boere wat nie die risiko wil aangaan om alleen tot die bedryf toe te tree nie, moet eerder hul risiko versprei deur met ander saam te span en 'n maatskappy met 'n paar aandeelhouers te stig.

"Knyp 3 ha tot 5 ha van die plaas se beste grond af vir okkerneutboerdery en plant verkieslik nie minder as 3 ha nie, anders sal die nodige toerusting baie duur uitwerk." Veral oestoerusting is baie duur. Omdat Rotondo 'n verwerkingsaanleg oprig wat ander boere se neute kan verwerk, hoef enkelboere nie noodwendig in verwerkingstoerusting te belê nie.

Goeie klei-leemgrond sonder 'n oormaat soute is die mees geskikte grond vir okkerneute. Die grond moet tot 'n diepte van 1,2 m met 'n skeurploeg losgemaak word voordat dit berook en bemes word ter voorbereiding vir die nuwe aanplanting. "Diep, goed gedreineerde grond kan gemanipuleer word om aan die nodige vereistes te voldoen."

Die grondstatus moet reg wees voor die boompies geplant word. Mnr. Watkins glo 'n basiese riglyn vir nie-draende bome is 220 g stikstof (N), 130 g fosfaat (P) en 250 g kalium (K) per boom per jaar. Dieselfde riglyn geld vir draende bome, maar blaarontledings kan op 'n gegewe tydstip tot bykomende bemesting lei.

Volwasse okkerneutbome benodig nie meer as 800 mm tot 1 000 mm reën of besproeiing per jaar nie. Om Rotondo se besproeiing te vergemaklik en kostedoeltref fender te maak, is die bome in vierkantige blokke van 2,38 ha geplant. Na gelang van die kultivar is die spasiëring van die bome 8 m by 8 m, 10 m by 10 m of 10 m by 5 m. Besproeiing met mikrospuite word aanbeveel omdat okkerneute wye wortelstelsels het.

Insekte word eers 'n probleem wanneer die okkerneutbome begin dra. Soos by sagtevrugte, veroorsaak kodlingmotlarwes skade in die neut. Roes is ook 'n probleem, maar dit kan met die regte spuitprogram bekamp word.

Mnr. Watkins beveel aan dat boere geensins ander gewasse tussen die okkerneutrye plant nie. Dié praktyk lei daartoe dat die okkerneutbome afgeskeep word. Dit lei tot swak ontwikkeling van die bome en 'n kleiner oes van swak gehalte en laer winste.

Navrae: Mnr. Percy Watkins, tel. 051 634 1145.

  • Maritha du Plessis-Swart is 'n vryskutjoernalis.

    Vraag groei steeds

    Wêreldwyd het produsente se pogings om hul markte uit te brei en te ontwikkel daartoe gelei dat okkerneute al hoe meer as gesondheidskos bemark word. As die Suid-Afrikaanse mark op dreef is, sal produsente toegang hê tot hierdie groeiende markte wat reeds in 'n mate ontwikkel is.

    Amerika is die grootste uitvoerder van okkerneute en voorsien in die behoeftes van 'n groot deel van die internasionale mark. Europa is die grootste mark wat deur plaaslike boere benut kan word, maar hulle kan vorentoe groter mededinging van Chili en Argentinië verwag waar boere ook besig is om uit te brei. Suid-Afrika het in 2002/03 sowat 4 500 kg okkerneute ingevoer.

    Die nuutste inligting (1991/92 tot 1997/98) wys die produksie, invoer, binnelandse verbruik en veral die uitvoer van okkerneute het wêreldwyd gestyg. Die wêreld se sewe leierprodusentelande het vanaf 1992 tot 1997/98 gemiddeld 621 215 ton ongedopte neute geproduseer; 28 267 ton is deur dié lande ingevoer; 456 630 ton is binnelands deur hulle verbruik en 203 025 ton is na ander markte uitgevoer.

    Dié sewe lande se produksie van gedopte neute het van sowat 491 510 ton in 1990/91 toegeneem tot 589 650 ton in 1997/98; hul invoer het gestyg vanaf 20 775 ton tot 26 550 ton; binnelandse verbruik het van 377 561 ton tot 408 140 ton gestyg en uitvoer van 139 896 ton tot 211 500 ton. Die mark vir gedopte okkerneute groei jaarliks.

    Okkerneutpryse word in drie hoofkategorieë verdeel, naamlik vir heel, ongedopte neute, gebreekte stukke en gedopte neute. Wêreldpryse word die beste weerspieël deur Kalifornië se Farmgate-prys (die standaard-wêreldprys) vir gedopte neute te ontleed.

    Die gemiddelde wêreldprys in die 22 jaar tot 1997 vir neute in die dop was $1,00/kg en vir gedopte neute $2,78/kg. Sedert 1992/93 het pryse geleidelik geklim — vir ongedopte neute van $0,45/kg tot $1,55/kg in 1996/97 en vir gedopte neute van $1,44 in 1975/76 tot $3,96 in 1996/97.

    Die plaaslike prys sal grootliks deur die wisselkoers beïnvloed word. Tans is die wisselkoers sowat R7 vir elke dollar. Pryse vir ongedopte neute wissel nou van $1,20/kg tot $1,65/kg na gelang van die gehalte, en van $3,20/kg tot $3,98/kg vir gedopte neute.

    Besnoei koste met okulering

    Gekoopte okkerneutboompies is die ideale plantmateriaal omdat dit onmiddellik begin groei en ná vyf jaar die eerste oes lewer. Vir diegene wat egter nie oor voldoende kapitaal beskik om R100 per boompie te betaal nie, bied okulering beslis 'n uitweg.

    Só sê mnr. Pelser Greyling van die plaas Rooipoort, naby Burgersdorp in die Noordoos-Kaap. Okulering is 'n kuns en is tydrowend, maar kan suksesvol aangeleer word. Boere moet self opweeg wat vir hulle die mees kostedoeltref fende manier gaan wees.

    Okulering is goedkoper, maar het die nadeel dat dit vir bome langer neem om te "vat". Tot ses keer se okulering mag nodig wees. Mnr. Greyling het byvoorbeeld verlede jaar altesame 700 bome geokuleer, maar almal het doodgeryp. Vanjaar was hy meer suksesvol — sowat 80 % van die 220 bome wat hy geokuleer het, het gevat.

    Hy het in 1992 sy eerste 36 okkerneutbome geplant, in 1996 nóg 250 en verlede jaar 'n verdere 780. Sy totale aanplanting beslaan 4 ha en bestaan uit ses kultivars, naamlik Payne ('n welbekende "Engelse" neut), Sunland, Vina, Chandler, Chico en Serr.

    Sy oudste bome is pitbome (die sogenaamde "ou Engelse" okkerneute) wat vatbaarder vir siektes is. "Hoewel geokuleerde bome beter is as pitbome, is weefselkultuurbome — soos dié wat deur Rotondo ingevoer word — die beste."

    Hy sou vanjaar vir die eerste keer begin oes het, maar sy produksie is met drie jaar vertraag nadat 'n Spaanse konsultant hom aangeraai het om sy veelstammige bome in eenstammige bome te omskep. Om meganies geoes te kan word, moet okkerneutbome verkieslik net een stam hê.

    Mnr. Greyling het deur middel van die probeer-en-leer-metode 'n paar geheime ontdek omtrent okulering en die bedryf in die algemeen. Die belangrikste les wat hy geleer het, is om nie elkeen se raad te aanvaar nie. Hy het 'n paar duur stelle afgetrap deur verkeerde raad te aanvaar.

  • Van die lesse wat hy op die harde manier geleer het, is die volgende:

  • Gebruik goeie plantmateriaal. Hy okuleer op pitbome wat hy self aanplant en verkry die okuleermateriaal van Rotondo.

  • Die regte okuleertyd is baie belangrik. Volgens hom is Oktober/November die beste tyd vir okulering wanneer die bas loskom en sap stoot. "Hou die boom dop daarvoor." Sommige kenners beveel April aan, maar dit is te laat en die ogies ryp maklik dood. In die winter trek die bas sappe terug en die bas sit dan te vas.

  • Okuleer vroeg in die oggend, van 05:00 tot 10:00 wanneer dit vogtig is, of laat in die middag, ná 16:00. As okuleermateriaal van buite gekry word, moet dit binne twee dae geokuleer word. "Hoe gouer geokuleer word, hoe suksesvoller is dit." Omdat die materiaal gou uitdroog, is dit belangrik om dit in 'n koelkamer te hou.

  • Om 'n sukses van 80 % te behaal, moet op "nuwe" hout geokuleer word — dit is hout wat nie ouer as een jaar is nie. "Ou hout is té taai, die bas kom te moeilik los en die hout stoot te moeilik sap."

  • 'n Boom verskaf net tot op 'n sekere tyd van sy lewe okuleermateriaal. Wanneer die boom begin vrug dra, stoot dit net kort lote uit, nie lang lote waarvandaan ogies verkry kan word om mee te okuleer nie. Net die onderste een derde van 'n takkie verskaf goeie okuleermateriaal.

  • Die bome waarvan die okuleermateriaal gesnoei word, moet vooraf natgemaak word. Dit geld ook vir die bome wat geokuleer word, anders is die bas te taai.

    Mnr. Greyling glo aan die okulering van groter bome in die boord en nie aan kweekhuis-okulering nie. "As 'n mens in 'n kweekhuis okuleer, word die boompie se wortelstelsel elke keer teruggesny en dít gee die boom 'n agterstand. In die boord kry die boom se wortelstelsel voldoende kans om goed te ontwikkel voordat okulering gedoen word."

    Winterryp wat die groeipunte van geokuleerde bome beskadig, kan verhoed word deur alle jong geokuleerde boompies en uitgeplante saailinge vanaf middel Mei tot Augustus/September met goiingsakke toe te maak. Bome ouer as twee jaar hoef nie toegemaak te word nie omdat hulle gevestig genoeg is om ryp te weerstaan.

    Gespikkelde suikerboontjies kan in die eerste jaar ná vestiging tussen die rye geplant word. Die boontjies sit stikstof terug in die grond en vergoed vir die verlies aan inkomste. Die boontjies moet minstens een meter weg van die boompies en net vir een jaar geplant word.

    Okkerneutbome het 'n vlak wortelstelsel. Bewerking rondom die boompies, veral jong boompies, moet vermy word. Bossieslaners en chemiese middels moet eerder vir die bekamping van onkruid gebruik word. Om kodlingmot in die winter te bekamp, kan boere die grond onder die bome met gewone kalk bespuit.

    Vir meer inligting oor okulering, bel mnr. Greyling by tel. 051 653 1486.

    Eie mes gemaak

    Mnr. Pelser Greyling het sy eie spesiale okuleermes van twee gewone okuleermesse gemaak vir die okulering van sy okkerneutbome. 'n Gewone okuleermes se lem is skuins na die een kant toe geslyp — van binne na buite. Mnr. Greyling slyp die ander mes in die teenoorgestelde rigting sodat albei se snykante skuins na buite loop (dit verseker netjiese snitte) voordat hy die twee messe met 'n stukkie hout tussenin vaslym. Die twee messe se lemme moet sowat 32 mm uitmekaar wees. Hy het die gewone okuleermesse twee jaar gelede teen R46 stuk gekoop. 'n Spesiale ingevoerde okuleermes kos nagenoeg R1 300 ($190).

    21 November 2003

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.56
    -0.0%
    Rand - Pond
    21.59
    -0.4%
    Rand - Euro
    18.50
    -0.3%
    Rand - Aus dollar
    11.93
    -0.3%
    Rand - Jen
    0.13
    -0.2%
    Goud
    1,797.91
    0.0%
    Silwer
    23.15
    0.0%
    Palladium
    1,900.00
    0.0%
    Platinum
    1,020.00
    0.0%
    Brent-ruolie
    85.57
    -1.5%
    Top-40
    68,238
    -0.9%
    Alle aandele
    74,323
    -0.9%
    Hulpbronne 10
    74,020
    -2.7%
    Industriële 25
    91,592
    -0.6%
    Finansiële 15
    15,398
    +0.8%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    lewensmaat
    Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
    Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
    Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot