AFGRI
BEAN
05 Okt
-
8977
-39,00
CORN
05 Okt
-
4900
20,00
SOYA
05 Okt
-
9240
-25,00
SUNS
05 Okt
-
10195
-15,00
WEAT
05 Okt
-
7205
36,00
WMAZ
05 Okt
-
4925
33,00
YMAZ
05 Okt
-
4865
9,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Besoek aan Boer van die Jaar

‘n Groep landbouskrywers het pas die nasionale Boer van die Jaar, die A.L.G. Boerdery van Citrusdal, besoek.

‘n Groep landbouskrywers en verskeie belanghebbendes het pas ‘n besoek gebring aan die nasionale Boer van die Jaar, die A.L.G. Boerdery van Citrusdal.

Dié sitrusboerdery is in November 2010 met dié gesogte toekenning vereer.

A.L.G. Boerdery het ‘n indrukwekkende spoor in die sitrusbedryf gelaat: Die Van der Merwe-broers en hul kundige bestuurspan volg ‘n besondere aanslag om innoverend te dink, markgerig te produseer en om koste te besnoei.

Dié boerdery is in 1974 gestig toe die drie Van der Merwe-broers, Alwyn (All), Lieben en Gerrit, die boerdery by hul vader oorgeneem het. Een van die broers, Lieben, is nie meer deel van die boerdery nie. Een van die plase in die groep, Karnemelksvlei, is sedert 1750 in die familie se besit.

Eie skeepsvragte

Mnr. Gerrit Van der Merwe sê die boerdery het beheer oor 60% van die koste tot by die verbruiker. Die A.L.G. Boerdery roem daarop dat hy die produkte wat hy uitvoer, die afgelope vier seisoene elke keer goedkoper as die vorige jaar s’n kon verskeep. Die boerdery werk met vier ander bemarkers saam om hul eie skeepvraghouers te bespreek.

Maar, hul grootste uitdaging is die wisselkoers, gevolg deur ‘n tekort aan water.

Nagenoeg 15% van Suid-Afrika se sitrusvrugte word in die Olifantsriviervallei geproduseer en volgens Van der Merwe lewer 300 valleiboere as ‘n groep saam hul produkte in Amerika. Die groep het ‘n eie kantoor in die hawestad Philadelphia in Amerika en hulle reël hul eie bote vir die verskeping van sitrusvrugte. In dié kantoor is ‘n produsent uit die Olifantsriviervallei altyd teenwoordig.

Byskrif: Mnre. Gerrit en All van der Merwe, en Gerrit junior.

In 2010 het die A.L.G. Boerdery nagenoeg 16 000 ton sitrus op 600 ha geproduseer. Die boerdery verskaf permanente werk aan 120 mense, en meer as 400 plukkers met pluktyd. Die A.L.G. Boerdery is die grootste private uitvoerder van sitrus na Amerika en is plaaslik Woolworths se grootste verskaffer van sitrusvrugte. Die boerdery verskaf ook vrugte aan markte in Europa, die Midde-Ooste en Rusland.

Ander statistieke:

Die boerdery verskaf 10 maande van die jaar sitrusvrugte en sal binne vyf jaar dwarsdeur die jaar in produksie wees.

Die boerdery verwerk sowat 10 000 ton vrugte per jaar.

Dit produseer 100 000 liter sapkonsentraat per jaar.

Dit produseer 2,2 miljoen liter enkelsterkte sap per jaar.

Die 2 000 kg suurlemoen-olie wat die boerdery produseer, word alles deur Ina Paarman gekoop.

Sowat 4 000 ton sitrus-skille word jaarliks vir veevoer benut.

Van die sitrusbome is al meer as 100 jaar oud, en steeds in produksie.

Die ALG-boerdery was ook die leier op die gebied van bemagtiging in die sitrusbedryf. In 1998 is die maatskappy Ceder Citrus met 36 van die boerdery se werknemers as aandeelhouers gestig. Altesame 36 ha sitrus is gevestig en die vrugte word reeds uitgevoer. Hulle onderhandel tans om dit uit te brei om meer werkers in te sluit, maar die “Regering se verskoning is dat hy nie geld het nie”.

Bobbejane ‘ontdek’ nuwe kultivar

Die boerdery het ook bekendheid verwerf deurdat ‘n trop bobbejane as ‘t ware ‘n nuwe sitruskultivar “ontdek” het.

Dié kultivar is ’n minneola wat die boerdery se sitrusseisoen met ’n verdere drie weke kan rek. Volgens mnr. All van der Merwe, produksiedirekteur van die boerdery, het hulle hul verwonder aan ’n trop bobbejane wat jaar ná jaar altyd een spesifieke boom in ’n boord tussen duisende ander bome teiken en al die vrugte opeet voordat die seisoen behoorlik op dreef is.

By nadere ondersoek het dit geblyk dat dié spesifieke boom nie net vroeër begin dra as al die ander bome in die boord nie, maar dat sy vrugte ook soeter is. “Die bobbejane se voorkeur vir hierdie spesifieke boom het ons aandag getrek en toe ons dit laat toets, vind ons uit dat die brix (soetheidsgraad) van die vrug nie net hoër is as die res van die boord nie, maar dat dit ook baie vroeër begin dra. Dit was ’n geval van spontane mutasie in die boord wat ’n heel nuwe kultivar opgelewer het.”

En ja, soos Adam van ouds, het die bobbejane dié boom in die middel van die tuin geteiken oor sy besondere vrugte. Soos op die foto hieronder gesien kan word, wys mnr. All van der Merwe dat dié boom in die A.L.G. Boerdery se Eden nou toegespan is . . .

30 Mei 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.74
-0.6%
Rand - Pond
20.25
-0.1%
Rand - Euro
17.65
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.49
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,714.51
-0.7%
Silwer
20.70
-1.8%
Palladium
2,295.50
-1.2%
Platinum
927.00
-0.7%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,424
-0.7%
Alle aandele
65,846
-0.7%
Hulpbronne 10
63,660
-1.4%
Industriële 25
79,730
-0.4%
Finansiële 15
14,020
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opskrif
Ek is fun Om mee SAAM te wees. Hou van lag en Om te bederf. Hou van Kos maak, movie, shopping, uit eet, rond te loop in malls love Dans rugby braai . Om te hug hande vas the Hou...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot