AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Besproeiing gee olywe hupstoot

Ondanks 'n siening dat olyfbome op enige plek groei en nie besproeiing nodig het nie, is in navorsing oorsee bevind dat besproeiing die olie-opbrengs met tot 30 % kan verhoog en meer vrugte en 'n beter blom- en vrugset tot gevolg het. Daarby verminder dit ook die effek van alternerende drag wat die opbrengs verlaag.

Ondanks 'n siening dat olyfbome op enige plek groei en nie besproeiing nodig

het nie, is in navorsing oorsee bevind dat besproeiing die olie-opbrengs met tot

30 % kan verhoog en meer vrugte en 'n beter blom- en vrugset tot gevolg het.

Daarby verminder dit ook die effek van alternerende drag wat die opbrengs

verlaag.

'n Besproeiingstelsel vir olywe is 'n bestuurshulpmiddel wat 'n groot invloed op die vestiging en opbrengs van 'n boord kan hê. Tekorte in kritieke groeistadiums kan ernstige nadele hê. Daarom moet besproeiing deeglik beplan en toegepas word om die volle potensiaal van die bome te verwesenlik.

Mnr. Chris Malan van die organisasie Netafim SA sê besproeiing is noodsaaklik vir die ontwikkeling van 'n ekonomies lewensvatbare kommersiële olyfbedryf. Om deurlopend die regte hoeveelheid van die regte gehalte te produseer, is die belegging in 'n besproeiingstelsel een van die belangrikste besluite wat 'n voornemende olyfboer moet neem.

Volgens navorsing bestaan 'n regstreekse verband tussen die hoeveelheid besproeiing wat toegedien is en die olieproduksie.

Omdat olyfbome geneig is tot alternerende drag ('n swaar drag, gevolg deur 'n ligter drag die volgende jaar) beteken dit 'n laer opbrengs. Die alternerende drag word veroorsaak deur die swaar drag wat lootgroei beperk en voedingreserwes uitput. Dit lei tot laer blom- en vrugset in die volgende jaar.

Besproeiing deur die jaar binne die korrekte klimaatsone kan dié effek verminder. In die tabel word 'n opsomming gegee van die kritieke stadiums in die groei van 'n olyfboom. Dit toon ook die gevolge van watertekorte.

Besproeiing vroeg in die groeiseisoen stimuleer lootgroei met beter drag in die volgende jaar. Die hoeveelheid vrugte per boom word in die lente en die vroeë somer bepaal. In dié stadium is besproeiing belangrik om baie vrugte met 'n hoë olie-inhoud vir die volgende seisoen te verseker. As die persentasie olie dieselfde bly, beteken dit met meer vrugte steeds 'n hoër olieproduksie.

Besproeiing vroeg in die groeiseisoen help die effek van alternerende drag oorkom, maar het nie veel invloed op die huidige seisoen se vrugte nie. Wanneer ná die lootgroei in die lente besproei word, beïnvloed dit die huidige seisoen se vruggrootte, die verhouding van vrugweefsel tot pit en die tyd wat die vrugte nodig het om ryp te word. Die omgewings- en grondfaktore beïnvloed die hoeveelheid en die tydsduur van die besproeiing en sal wissel.

Hoewel olywe sonder besproeiing sal groei en vrugte dra, kan die bome net hul volle potensiaal ten opsigte van opbrengs en gehalte bereik as daar voldoende in hul waterbehoefte voorsien word.

Die waterverbruik van gewasse word algemeen deur die term evapotranspirasie beskryf. Dit bestaan uit transpirasie, die water wat deur die boom se blare verlore gaan en verdamping.

Dit is egter nie moontlik om van waterverbruik per boom te praat nie. Ongeag boomspasiëring en rywydte sal die blaar-oppervlakte per hektaar van volwasse bome naastenby dieselfde wees, met die gevolg dat transpirasie ook dieselfde sal wees.

Verdamping van die grondoppervlak af word beïnvloed deur faktore soos besproeiingsintervalle, deklae, bogrond-tekstuur en die persentasie van die grondoppervlak wat deur die besproeiingstelsel benat word.

In Suid-Afrika het vrugtebome onder mikrobesproeiing - na gelang van die klimaat - sowat 40 m3 tot 70 m3 water per hektaar per dag nodig, teenoor 25 m3 tot 40 m3 per hektaar by drupbesproeiing. Drupbesproeiing bespaar heelwat water deurdat net 'n deel van die grondoppervlak benat word. Die gebruik van vloedbesproeiing en ander oorhoofse stelsels is nie aanvaarbaar vir olywe nie.

Vir die hoogste produksie moet olyfbome volgens die groeistadium van die bome bemes word. Mikro-besproeiingstelsels maak dit moontlik om die kunsmis doeltreffend binne die wortelsone van die bome te plaas. Aanpassings sal nodig wees volgens grondsoort, groei, drag of klimaat.

Dié metode van plaaslike benatting en bemesting is baie doeltreffend om die optimum produksie te verseker en beter beheer oor die grond en klimaat te kry. Dit kan ook alternerende drag verminder.

'n Benaderde riglyn van hoeveel en hoe gereeld besproei

moet word, kan gekry word deur 'n paar eenvoudige berekenings te doen waarvoor

die volgende faktore in ag geneem moet word:

  • Die vermoë van die grond om water te hou wat vir plante beskikbaar is.

    Vir sandgrond is dit 40 mm tot 70 mm grond per meter, vir leemgrond 70 mm tot

    120 mm grond per meter en vir kleigrond 90 mm tot 110 mm grond per

    meter.

  • Die effektiewe worteldiepte van die gewas sal deur

    die effektiewe diepte van die grond bepaal word. Gewoonlik is die wortels nie

    dieper as 60 mm nie.

  • Die persentasie onttrekking van plantbeskikbare water

    wat toegelaat kan word voordat weer water toegedien moet word. Na gelang van

    die groeistadium is dit gewoonlik 50 % tot 80 %.

  • Die volume grond wat deur die besproeiingstelsel benat word. Dit is met

    ander woorde die benatte strook vs. die rywydte.

Vir 'n besproeiingstelsel moet tussen mikrospuite en druppers gekies word. Die basiese verskil tussen die twee stelsels is dat mikrospuite die spuite gebruik om die water te versprei. Daarteenoor doen die grond by druppers dié werk. Met mikrospuite word oor die algemeen 'n groter grondvolume as met druppers benat. Drupbesproeiing is internasionaal bekend as die algemeenste metode vir die besproeiing van olyfbome.

'n Wye verskeidenheid mikrospuite is beskikbaar, maar die algemeenste spuit wat gebruik word, is dié met 'n roteerder wat 'n radius van sowat 1,5 m tot 2 m benat. 'n Roteerder met twee stadia word gebruik om die radius vir klein en groot bome aan te pas. Spuite met deflekteerders, wat verhoed dat die stamme natgespuit word, is ook gewild.

Meestal word 'n spuit aan elke kant van die bome wat wyer gespasieer is, geïnstalleer, terwyl net een spuit by die bome wat nouer gespasieer is, gebruik word.

Integrale drupperlyne is die gewildste metode. 'n Strook oorvleuelende kolle op die boomry word só nat gemaak. Omdat 'n strook natgemaak word, hoef daar nie noodwendig 'n drupper by die boom te wees nie. As die boom gevestig is, word die drupperlyn sowat 70 cm van die boomry af weggeskuif. Dit is die doeltreffendste manier van besproeiing en as voorsorg teen verstopping getref is, is dit kommervry.

'n Algemene riglyn vir drupbesproeiing van bome is om sowat 15 % tot 30 % grondvolume in verhouding tot die uiteindelike bogrondse boomvolume te benat. Die stelsel moet daarom vir twee drupperlyne ontwerp word, maar net een word aanvanklik geïnstalleer. Talle boere gebruik vir die hele leeftyd van die boord net een drupperlyn, maar dit verg beter bestuursvaardighede.

Toebehore, soos stoppers (om druppers wat nie gebruik word nie, toe te maak), is beskikbaar. As die druppers by klein boompies ver van die stam is, kan die water met klampe en 'n mikropyp tot by die boom geneem word. Gekompenseerde en nie-gekompenseerde druppers vir verskillende leweringstempo's en spasiërings is beskikbaar om by elke behoefte aan te pas.

Mnr. Hannes du Plessis van die plaas Groot Waaihoek, Philippolis, kweek olyfbome onder drupbesproeiing. Hy sê hoewel die algemene siening bestaan dat olywe 'n woestyngewas is, kan dit met die regte bestuur oral goed presteer.

Hy is oortuig dat hy geen resultate sou gehad het as hy nie besproei het nie. Dit geld die meeste permanente gewasse. "As jy nie besproei nie, kan jy net sowel met skape boer."

Sy besproeiingstelsel is ontwerp vir twee drupperlyne, maar hy vind een is tans genoeg. As dit in die toekoms nodig word, kan hy 'n tweede lyn installeer. Hy gebruik druppers, want hy glo 60 % tot 70 % van die water gaan met mikrospuite verlore weens wind en verdamping.

Die hoë temperature in die Suid-Vrystaat bring mee dat hy in die somer daagliks moet besproei. Hy gebruik tensiometers op sowat 300 mm en 600 mm onder die grond om die grondvog te bepaal en besproei daarvolgens. Die vlakste lesing moet tussen 20 kPa en 35 kPa wees. Hoe laer die lesing, hoe natter is die grond. Die diepste sensor moet droog bly, anders is die bome oorbesproei.

In die warmste tye van die somer moet hy elke dag vier uur lank besproei. In die koeler tye van die jaar - van Maart tot einde November - besproei hy net sowat twee uur per dag.

Die bome moet ook in die winter besproei word, want die hoeveelheid water wat die boom in die winter kry, bepaal die oes van die volgende jaar. As die bome in die winter vogstremming ervaar, sal hulle nie in die somer presteer nie.

Hy sê dit is veral in die groeiseisoen belangrik dat die watervlak so deurlopend moontlik moet bly om vogstremming soveel moontlik uit te skakel. Verdamping is ook 'n groot probleem en moet voortdurend in aanmerking geneem word. In die groeiseisoen vind seldeling van die vrugte plaas. As die vrugte in daardie stadium stremming ondervind, ontwikkel hulle nie goed nie.

Hy dien een maal per maand kunsmis deur die druppers toe. As die bome klein is, kry hulle veral ureum, wat baie stikstof bevat, om groei te bevorder. As die bome vier tot vyf jaar oud is, sal hy met die hulp van grond- en waterontledings die kunsmistoediening aanpas om beter vrugte te kry.

'n Artikel oor Philippolis se olywe het op 5 Julie, 2002 in Landbouweekblad verskyn. Daarin het die olyfboere van dié gebied hul kommer daaroor uitgespreek of die jong olyfbome in die strawwe winter van die Suid-Vrystaat vrugte sal dra. In die daaropvolgende seisoen het die bome 'n goeie drag gehad - iets wat sonder besproeiing nie moontlik sou wees nie. Met 'n doeltreffende besproeiingstelsel kan die voornemende olyfboer seker maak van die hoogs moontlike opbrengs, die meeste olie en die beste vrugte.

Die invloed van watertekorte in verskillende groeistadiums

Tydperk

Groeistadium

Effek van watertekorte

Augustus tot September 1. Blomknop-ontwikkeling.
2. Blom.
3. Vrugset.
4. Lootgroei.

1. Verminder blomvorming.
2. Onvolledige blom.
3. Swak vrugset.
4. Verhoogde alternerende drag
5. Verminder lootgroei.
Desember tot Januarie 1. Selverdeling (stadium 1 van
vruggroei).
2. Lootgroei.

1. Klein vrugte as gevolg van
swak selverdeling.
2. Inkrimp van vrugte.
3. Verminderde lootgroei.
Einde Maart tot oestyd 1. Selvergroting (stadium 3
van vruggroei).
2. Lootgroei.

1. Klein vrugte weens swak
selvergroting.
2. Inkrimp van vrugte.
3. Verminderde lootgroei.

Riglyne vir

benatting

Om die doeltreffendste besproeiingstelsel vir olyfontwikkeling te hê, is deeglike beplanning nodig, sê mnr. Chris Malan.

Nadat 'n grondontleding gedoen is, moet besproeiingsblokke en kultivars volgens die grondsoort en variasies opgedeel word. 'n Waterontleding is ook noodsaaklik. Makro-elemente, bikarbonate, yster en mangaan sal 'n invloed hê op die onderhoudsprosedures van die stelsel.

Die historiese data van die klimaat moet bekend wees omdat verdampingsyfers 'n invloed op die waterverbruik en die vermoë van die stelsel sal hê. Deur professionele ontwerpers van besproeiingstelsels te gebruik, kan talle probleme vermy word.

Die waterverbruik van olyfbome hang van die omgewing af. In koel gebiede het olyfbome 'n lae waterverbruik en kan 1,2 mm en 2 mm water per dag deur middel van drup- of mikrobesproeiing onderskeidelik toegedien word.

By 'n matige temperatuur kan onderskeidelik 2,4 mm en 4 mm water per dag toegedien word en in warm gebiede 3,6 mm tot 6 mm water per dag.

In die praktyk sal 'n boer waarskynlik elke derde dag

agt uur lank besproei. Dit is as:

  • Die rywydte 6 m en daar 4 m tussen die bome in die ry is.

  • Die grond se waterhouvermoë 80 mm per meter

    gronddiepte en die effektiewe worteldiepte 600 mm is.

  • 'n Dubbele druplyn wat 2,3 l per uur elke 0,75 m

    lewer (33 % van die grondvolume).

  • Groot bome 2,4 mm water per dag gebruik.

  • Die stelsel 1,02 mm per uur lewer.

Dié riglyne kan verfyn word deur die grondwaterinhoud te meet. Só kan presies bepaal word wanneer om te besproei en kan die diepte van besproeiing dopgehou word. By drupbesproeiing sal die grondwaterinhoud wissel volgens die afstand van die drupper af.

Die waterverspreiding weg van die drupper af hang van die grondsoort af.

Die belangrikste is om die diepte van die waterbeweging te meet en te vergeet van hoe wyd die water beweeg.

4 Julie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot