AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Beste Pinotages bekroon

Die wenners van die vyftiende Absa Top 10 Pinotage-kompetisie is bekend gemaak en sluit ou gunstelinge sowel as ’n paar nuwelinge in.

Die wenners van die vyftiende Absa Top 10 Pinotage-kompetisie is Donderdag (25 Augustus) bekend gemaak en sluit ou gunstelinge sowel as ’n paar nuwelinge in.


’n Onlangse styging in die prys van Pinotage, ’n wyndruifkultivar wat op tuisgrond ontwikkel is, kan onder meer aan verbeterde gehalte en die unieke Pinotage-storie verklaar word, het die “vader van Pinotage”, mnr. Beyers Truter, tydens die bekendmaking van vanjaar se tien beste Pinotage-wyne gesê.


Wenners

Kanonkopse Pinotage 2006 het gesorg dat dié wynkelder die negende keer die Top 10 haal. Beyerskloof (Stellenbosch) en Rijk’s Privaatkelder het elkeen vir die sesde keer gewen. Dit was vir onderskeidelik Beyerskloof Reserve 2008 en Rijk’s Pinotage 2007. The Mentor’s Pinotage 2009 het aan die KWV sy derde oorwinning besorg. 


Mnr. Pierre Wahl, wynmaker van Rijk’s naby Tulbagh, sê een van hul groot voordele is Tulbagh se lekker grond.


“Ons kan sag werk met die druiwe, en steeds ’n mooi wyn maak.”


Die druiwe vir Beyerskloof se top-Pinotage kom uit ’n ou bosstok-wingerd wat met die hand gepluk word, het die wynmaker, mnr. Anri Truter vertel.  ’n Nuweling op die lys is Diemersdal-wynkelder by Durbanville. Volgens me. Marie van der Merwe, wynmaker, word die wyn ook gemaak van ou bosstok-wingerd, wat reeds in die 1970’s geplant is.


“Dit is die enigste blok op die plaas met ’n bietjie geskiedenis. Drie geslagte van die ses geslagte Louws het van hierdie wingerd wyn gemaak. Ons pars dit met die hand en gis dit in ses 1 ton-kuipies. Dit word elke twee uur deurgedruk om die kleur en geur te kry.”


Inheems

Pinotage word beskou as Suid-Afrika se enigste inheemse wingerdkultivar wat op kommersiële skaal verbou word. ’n Boks met verlede jaar se Top 10-wyne het onlangs op ’n veiling in Kuilsrivier vir R15 000 verkoop. Twee bottels Pinotage het op Riversdal op ’n veiling vir R3 000 onder die hamer gekom.


“Die redes daarvoor is eerstens gehalte. Die Godgegewe faktore, soos die grond en die klimaat, speel ’n groot rol, maar die produsente volg ook goeie wingerd- en kelderpraktyke. 


Pinotage is nie meer net ’n kultivar nie, maar het ’n handelsmerk geword, danksy 15 jaar se Top 10-kompetisies, wynproeë en koskonserte saam met bekende persoonlikhede. Dit het Pinotage ’n huishoudelike naam gemaak,” het Truter sr. gesê.


Hy reken dit is ook ’n unieke verkoopspunt (USP) vir Suid-Afrika.


“Daar moet iets fout wees as jy ’n internasionale wynliefhebber is en nog nie van die Pinotage-storie gehoor het nie. Die uniekheid van Pinotage maak dit ’n USP vir ons land.”


Die tien wyne wat vanjaar se Top 10-lys beklee, is:  Beyerskloof Reserve 2008, Diemersdal Reserve 2010, Fairview Primo 2009, Kanonkop Pinotage 2006, KWV The Mentor’s Pinotage 2009, Laibach 2010, Naledi 2009, Rijk’s Privaatkelder 2007, Schalk Burger & Seuns Meerkat 2009, Windmeul Reserve 2010. 


26 Augustus 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Soek geselskap
Ek hou van gesels Ek is eerlik en opreg. Ek hou van die natuur. Ek hou van diere. Ek hou daarvan om na myself om te sien.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot