AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Beste Sauvignon Blancs aangewys

Vanjaar se wenners van ENB se Sauvignon blanc Top-10 kompetisie is bekend gemaak. Christian Eedes, wynkenner, neem die uitslae in oënskou.

Vanjaar se wenners van ENB se Sauvignon blanc Top-10 kompetisie is Vrydag (4 November 2011) in Kaapstad bekend gemaak. Mnr. Christian Eedes, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Sauvignon blanc-belangegroep neem dié jaar se uitslae in oënskou.


Was 2011 die regte oesjaar vir plaaslike Sauvignon blanc?  Die byna deurlopende warm en droë toestande het wyne voortgebring wat ryker en ryper as gewoonlik is en daarom aanloklik kan wees vir ’n groep verbruikers wat stadigaan moeg raak vir wyne wat ultragroen en ultra-asidies is. 


Die debat tussen voorstanders van ‘‘grasagtige’’ Sauvignon blanc teenoor ’n meer vrugtige styl is egter nie van soveel waarde nie.  Wat uiteindelik saak maak, is die fundamentele kwessies van alle wynbeoordeling: Geurintensiteit, balans en lengte, maar ook die wynmaker se sukses om ’n gewone landbouproduk te verander in iets wat mense bepeins.


Interessante neigings

Die resultate van die vyfde jaarlikse Sauvignon blanc Top-10, aangebied onder leiding van die Sauvignon blanc-belangegroep en geborg deur ENB, openbaar ’n paar interessante neigings. Nege van die wenwyne was van die algemeen onderskatte 2011-oesjaar en slegs een van 2010.  Dit blyk dat Sauvignon op sy beste is in sy kinderskoene. 


Vyf van die 10 wyne was gebiedspesifiek en vyf was versnitte uit ’n verskeidenheid streke.  Sauvignon is vermoedelik een van die uiterste terroirwyne.  Daar is met ander woorde teoreties min in die wynmaakproses wat die impak van die omgewing kan wegsteek. 


Enige inagneming van terroir raak ingewikkeld, indien nie betekenloos nie, sodra vrugte van meer as een plek van oorsprong gebruik word, maar vermenging fasiliteer ongetwyfeld ’n groter kompleksiteit.  In ’n oesjaar soos 2011, dien toegang tot wingerde in verskeie gebiede as buffer teen moeilike weerstoestande. 


Stellenbosch dra by

Darling, Durbanville en Elim het ook in die vorige vier jaar van die kompetisie goed vertoon, en terwyl baie wyne wat vanjaar goed presteer het, weer druiwe vanuit daardie drie gebiede met hul seeklimaat ingesluit het, is dit interessant om te merk hoe vrugte van Stellenbosch ’n rol speel in talle van die wyne.


Toe baie “groen” Sauvignon hoogmode was, is hierdie warmer distrik nie met voortreflike wyne geassosieer nie, maar noudat daar ’n groeiende aanvraag is na groter rypheid, raak die streek belangriker.


Verbruikers behoort  bly te wees (en boere gefrustreerd) dat, ten spyte van die steeds groeiende reputasie van plaaslike Sauvignon, die kategorie nie daarin slaag om ’n insiggewende pryspremie op te lewer nie.  Die gemiddelde prys per bottel van die Top 10 in 2007 was R70 en is vanjaar R77.


Die wenners van die kompetisie, is: Boschendal Reserve Collection 2011, Clos Malverne 2011, David Nieuwoudt Ghost Corner 2011, Delaire Coastal Cuvée 2011, Fleur du Cap Unfiltered Limited Release 2011, Franschhoek Cellar Statue de Femme 2011, Lutzville Cool Climate 2010, Overhex Soulo 2011, Wade Bales Winemaker Selection Thys Louw 2011, Woolworths [WHAT]? 2011 deur Bergsig Landgoed.


7 November 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.23
-0.2%
Rand - Euro
17.61
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,726.04
+1.5%
Silwer
21.05
+1.6%
Palladium
2,321.00
+4.3%
Platinum
934.50
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot