AFGRI
BEAN
02 Des
-
9290,8
-74,20
CORN
02 Des
-
4550,6
5,60
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
10910,8
-119,20
WEAT
02 Des
-
6715
-30,00
WMAZ
02 Des
-
5041
-86,00
YMAZ
02 Des
-
4920,8
-45,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Bestry siektes met kool

Bioberoking teen bruinskurf op aartappels lyk ál belowender.

Dié tegniek se bykomende voordele vir grondgesondheid is 'n bonus, en dit hou ook moontlikhede vir die omgewingsvriendelike bestryding van ander siektes en plae in.

Sedert die term bioberoking in die middel 1990'n s die eerste keer deur die Australiese wetenskaplike dr. John Kirkegaard gebruik is, is heelwat navorsing al wêreldwyd oor dié konsep gedoen. Dit is waarskynlik omdat dit so goed inpas by die wêreldwye swaai weg van die gebruik van chemiese siektebestrydingmiddels in die landbou, en veral in die aartappelbedryf.

Bioberoking is die gebruik van brassica-gewasse, soos kool, broccoli, rape, mosterd en kanola, om grondgedraagde siektes te bestry. Plante in die brassica-familie bevat wisselende hoeveelhede van die verbinding glukosinolaat. Hulle produseer ook die ensiem mirosinase. Wanneer die plantselle beskadig word, soos wanneer 'n boer 'n groenbemesting-gewas opkap of as die plantreste in die grond ontbind, vind 'n chemiese reaksie tussen die glukosinolaat en mirosinase plaas. Die resultaat is swawel-bevattende samestellings wat vir swamme, nematode en selfs onkruidsaad en groter insekte, soos kalanders, in die grond giftig is.

Eksperimente het ook getoon dat die wortels van brassica-plante dié vlugtige stowwe in die grond afskei. Dit is dieselfde chemiese stowwe wat aan dié plantfamilie sy kenmerkende reuk gee, en jou neus laat brand, soos wanneer 'n mens byvoorbeeld warm Chinese mosterd eet.

Een van dié byprodukte is net so giftig vir swamme as metiel-isotiosianaat, die gas wat afgeskei word wanneer metam-sodium, een van die gewildste kommersi-ele grondberook-middels, op vogtige grond toegedien word.

Ook in Suid-Afrika het navorsing oor bioberoking intussen vanuit die kweekhuis na die landerye beweeg. Dié werk, oor die bioberoking van aartappels teen bruinskurf, word deur navorsers van Roodeplaat, die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Groente en Sierplante, gedoen. Genoeg resultate is oor 'n aantal seisoene ingesamel om die kommersiële bruikbaarheid van die tegniek te bewys, en aanbevelings te doen oor hoe boere dit kan toepas.

Me. Reinette Gouws, navorser by dié instituut, sê resultate van die bruinskurf-proewe op die land stem ooreen met wat tot dusver in 'n kweekhuis en tonnel bevind is. Die derde jaar se proef-aartappels op die land is reeds geoes. Tot dusver is bewys dat die inwerk van droë koolreste 'n merkbare uitwerking op die voorkoms van bruinskurf het. Dit verminder die plaag met enigiets tussen 20 % en 60 %.

Die blote aanplanting van kool as wisselbougewas, sonder om die reste in te werk, het egter min of geen uitwerking in die proewe gehad nie. Swael en sorghum is ook in die proewe as moontlike bruinskurf-onderdrukkers geïdentifiseer.

Daar is reeds aartappelboere wat bioberoking beproef, hoofsaaklik met gewone koolgewasse, sê Gouws. In die Sandveld het aartappelboere onlangs mosterd as wisselgewas begin plant om te kyk of dit vrugte gaan afwerp. Vir Gouws lê die groot voordeel van bioberoking opgesluit in sy wye toepassing vir kommersiële sowel as opkomende boere.

Die Roodeplaat-navorsers hoop om hul proewe reeds volgende jaar na kanola en mosterd uit te brei. Terwyl albei dié gewasse besonder hoë vlakke glukosinolaat bevat, word mosterd as die "Rolls Royce" van bioberoking beskou. In die jongste proewe met Tenacity-kool teen bruinskurf op die plaas van mnr. Mossie Jongbloed by Dendron is bevind dat die doeltreffendste bioberoking plaasvind wanneer die koolreste eweredig oor die land versprei, minstens twee weke só laat lê word om lugdroog te word en dan met 'n kapploeg in die grond in gewerk word. Die opvolg-aartappels is kort daarná geplant. Dié tegniek was doeltreffender as om vars reste in te werk of op bioberoking deur die wortels staat te maak. Gouws sê daar bestaan twee "skole" onder wetenskaplikes oor die werking van bioberoking.

Die een meen die glukosinolaat in brassica-plante word in die teenwoordigheid van water en mirosinase omgesit in 'n reeks vlugtige verbindings, waarvan isotiosianaat een is. Dié gasse, soortgelyk aan die aktiewe bestanddeel in kommersiële grondberokingsmiddels, onderdruk grondgedraagde siektes.

Die tweede skool van wetenskaplikes meen groen brassica-plantmateriaal wat in die grond ingewerk word, verhoog die natuurlike mikrobe-populasie, sodat dié mikrobes mededingers vir die grondgedraagde siektes raak. Albei teorieë word nog ondersoek. Bioberoking hou ook moontlikhede vir die bestryding van ander siektes en plae in, ook op ander gewasse as aartappels.

Gouws sê elders in die wêreld is dit al as bestrydingmetode teen nematode, sekere insekte, graansiektes, Fusarium-siektes en wortelvrot by bone en erte gebruik. Navorsing is al in Suid-Afrika na bioberoking teen Rhizoctonia op aartappels gedoen. Glashuisproewe is op Roodeplaat oor bioberoking teen Verticillium-verwelksiekte gedoen, maar dit is nog nie verder gevoer nie. In Australië is gunstige resultate teen bakteriese verwelksiekte behaal, maar dit moet nog hier getoets word.

Gouws meen as deel van 'n geïntegreerde bestrydingprogram, saam met ander maatreëls, kan bioberoking 'n besonder waardevolle bydrae lewer.

Dié tegniek help

Bioberoking is een van die belowendste resultate wat Amerikaanse boere behaal in 'n program van die Staatsuniversiteit in Washington se sentrum vir volhoubare landbou en natuurlike hulpbronne.

Luidens die sentrum se webblad gebruik dié boere groenbemesting met mosterd, hoofsaaklik voor aartappel-aanplantings, in 'n poging om hul grond se fisiese, chemiese en biologiese gesondheid te verbeter.

Hulle vind dat dié tegniek hulle help om grondgedraagde siektes en wind-erosie te bestry en infiltrasie in die grond verbeter.

  • Lees op die internet meer oor dié program, by http://csanr.wsu.edu/Featu redPrograms. Klik op die argief-skakel Mustard Green Manure.

    Kyk na osoonlaag

    Bioberoking is sterk in pas met die swaai na volhoubaarder landboupraktyke, sê me. Reinette Gouws, navorser by Roodeplaat, die LNR se Instituut vir Groente en Sierplante.

    "Die klem op volhoubare landbou het opnuut die soektog na nuwe, eenvoudige, goedkoop, veilige en nie-chemiese benaderings tot die bestuur van grondgedraagde siektes laat verskerp.

    "Drie moontlikhede is die gebruik van weerstandbiedende kultivars, langtermyn-wisselbou en bioberoking." 'n Wye reeks sintetiese berokingbehandelings word gebruik om grondgedraagde aartappelsiektes te bestry. Dit sluit metielbromied, chloropicrin en metham-sodium in.

    Dit is egter duur, gevaarlik en moeilik om toe te dien. Boonop is metielbromied wêreldwyd in die proses om weens sy omgewingsgevare uitgefaseer te word. Teen 2015, wanneer die gebruik van dié middel in Suid-Afrika verbode sal wees, sal boere dus met een opsie minder vir doeltreffende siektebestryding gelaat word.

    Dr. Stappies Staphorst van die Instituut vir Plantbeskerming in Pretoria sê Suid-Afrika is kragtens die internasionale Montreal-protokol verplig om toe te sien dat metielbromied teen 1 Januarie 2015 heeltemal uitgefaseer is. Suid-Afrikaanse gebruiksvlakke moet al sedert 1995 tot 1991-vlakke beperk word. Metielbromied is 'n osoon-vernietiger wat tot die gat in die osoonlaag bydra. Dit word eksklusief vir landbou-doeleindes gebruik - sowat 75 % vir grondberoking, en die res vir die beroking van strukture, graan en ander bederfbare produkte.

    Staphorst is lid van 'n internasionale groep van sowat 40 wetenskaplikes wat oor die gebruik van metielbromied moet verslag doen aan die partye wat die Montreal-protokol onderteken het.

    Hy sê dit word beraam dat Suid-Afrika se heersende gebruik minder as 750 ton per jaar is. In 1995 was dit 1 007 ton, terwyl die res van die wêreld sowat 68 000 ton vir beroking gebruik het.

    27 Januarie 2006

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.47
    +0.4%
    Rand - Pond
    21.43
    +0.3%
    Rand - Euro
    18.39
    +0.4%
    Rand - Aus dollar
    11.90
    +0.4%
    Rand - Jen
    0.13
    -0.6%
    Goud
    1,801.10
    -0.1%
    Silwer
    22.71
    -0.2%
    Palladium
    1,932.98
    -0.6%
    Platinum
    1,042.45
    -0.2%
    Brent-ruolie
    86.88
    -0.1%
    Top-40
    68,409
    -0.7%
    Alle aandele
    74,509
    -0.7%
    Hulpbronne 10
    74,422
    -2.1%
    Industriële 25
    91,732
    -0.5%
    Finansiële 15
    15,456
    +1.2%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Kom ons skryf ons eie roman.
    Is n aangename vriendelike mens met baie deernis", en baie''' liefdevol". Hou baie' van my rugby''' en mal oor musiek"...
    Lekker kuiermaat
    Ek dink ek kom maklik met die meeste mense oor die weg en het n baie goeie sin vir humor soms bietjie aweregs. .Ek is spontaan en het n goeie algemene kennis . EK hou van...
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot