AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Bewaringspraktyke wen op bekende wynplaas

Geld is nie altyd ál rede waarom boere na natuurlike verbouingstelsels omskakel nie.

Die omskakeling na bewaringsboerderypraktyke op 'n wynplaas hoef nie duur te wees nie mits sommige van die produkte self vervaardig word. Hierdie wynlandgoed bewys dit is moontlik, terwyl goeie resultate verkry en aangenamer werkstoestande geskep word.

Sommige, soos onder meer Graham Beck Wines van die plaas Madeba, naby Robertson, probeer daarmee veel eerder gesonde groeitoestande vir hul wingerde op lang termyn skep.

Soos om 'n mens se brood op die water te werp, sal biologies-organiese verbouingsmetodes in komende jare meer as vergoed vir die geld en tyd wat nou daaraan bestee word. Só glo mnr. Pieter Fouché, bestuurder van Madeba se wingerde.

Dié metodes is werks- en omgewingsvriendeliker en is 'n kans om veiliger verbruikersprodukte te produseer as met konvensionele metodes waartydens chemiese gifstowwe 'n dominante rol vervul.

Madeba is 'n spesialiteitswynplaas, met altesame 200 ha wingerde vir die maak van wyn wat grootliks gerig is op die boonste deel van die mark. Slegs 'n klein gedeelte word tans organies bewerk - 10 ha direk en 30 ha indirek. Die bewerking maak deel uit van 'n stelselmatige omskakeling na organiese boerdery waarmee vier jaar gelede begin is.

Fouché sê dit was aanvanklik nie die bedoeling om heeltemal organies te boer nie. Namate tegnieke egter bemeester is en voordele, soos grondvrugbaarheid, plant- en mensegesondheid en 'n ligter werklas, na vore kom, is dit bykans onmoontlik om nie nouer daarby betrokke te raak nie.

Die belangrikste les wat hy tot dusver geleer het, was om versigtig met die koste van omskakeling om te gaan. Veral tydens die vroeë stadium kan die koste hoër as dié van konvensionele metodes wees. Dit raak egter met verloop van tyd goedkoper namate die biologiese prosesse op dreef kom en daar op produksiemiddele besnoei kan word.

Fouché se ervaring is dat aansienlike besparings moontlik is as minstens sommige van die organiese produkte deur die boer self vervaardig word. Dit is presies wat hulle doen met die maak van kompostee. In hul benadering tot bewaringsboerdery steun hulle sterk op hierdie organiese produk, wat deesdae groot opgang as blaarspuitstof maak. Vergeleke met chemiese middels is dit makliker en veiliger om mee te werk en lewer kompostee besonder goeie resultate.

Kompostee kan maklik, goedkoop en met betreklik min kapitaal op die plaas gebrou word. 'n Mens rig eenvoudig jou eie aanleg op en koop die rou bestanddele teen die voordeligste pryse aan. Sodoende het 'n mens volkome beheer oor die gehalte en hoeveelhede daarvan, en bepaal jy die pas waarteen die nuwe stelsel by die res van jou boerdery ingeskakel word, sê Fouché.

Die volledige aanleg op Madeba vir die maak van kompostee en die vermeerdering van voordelige mikro-organismes, of effektiewe mikro-organismes (EM's) soos dit algemeen bekend staan, het ongeveer R22 000 gekos. Dit bestaan grootliks uit 'n plastiektenk van 1 500 liter waarin die tee gebrou word en nog 'n tenk van 1 000 liter vir die EM's.

'n Deurlugter en 'n pomp wat lug in groot volume eerder as druklug lewer, vorm die hart van die stelsel. 'n Lugperspomp (kompressor) deug nie. Die lugfilter van 'n Toyota-dieselbakkie is dalk net die antwoord vir die boer wat prakties dink. Dit is wat Fouché-hulle gebruik en dit werk goed. 'n Bietjie staal en skadunet maak die res van die kapitaalbesteding uit.

Mnr. Mike Benton van Robertson, 'n kenner op die gebied van biologies-organiese boerderymetodes, glo die gebruik van kompostee en EM's kan nie los van ander bewaringspraktyke beskou word nie. Dit vorm veel eerder deel van 'n groter geheelbenadering. En, ja, daar is plek vir chemiese middels ook, veral in die vroeë stadium van omskakeling. Die "slegste" chemiese middel behoort egter plek vir die "sagste" een te maak totdat die biologiese prosesse dermate herstel is dat daar liefs sonder chemiese middels van enige aard klaargekom kan word, sê hy.

Fouche sê dit gaan nie daaroor om 'n klomp kompostee of EM's op plantblare te stort nie. Bespuitings met kompostee moet "betyds, deurlopend en altyd" gedoen word. Die tydsberekening van bespuitings is die grondslag van sukses. Sekere aspekte, soos loofbestuur, die teenwoordigheid van dekgewasse, die tempo van toediening en die logistieke situasie op die plaas, moet egter in ag geneem word.

Die standaard-spuitprogram vir kompostee strek oor sewe maande - dit begin in September en duur tot Maart. In die loop van 'n maand word vier behandelings toegedien. Hiervan word drie in die vorm van blaarbespuitings met 'n konvensionele spuitpomp gedoen. Die weeklikse hoeveelhede wat toegedien word, beloop duisend liter per hektaar (150 liter tee en 850 liter water).

Die uitsondering is 'n tydperk van twee weke voor blomtyd tot 'n week ná volle blomtyd wanneer nie gespuit word nie. Die rede daarvoor is dat die stuifmeel as 't ware vasgeplak kan word weens die teenwoordigheid van koolhidrate en suikers in die tee. Drie dae voor parstyd word daar ook nie gespuit nie.

Met die vierde behandeling - wat een keer maandeliks geskied - word 150 liter kompostee per hektaar as bemesting deur die besproeiingstelsel toegedien. Die EM's word eweneens maandeliks teen 'n tempo van 40 liter per hektaar deur middel van die besproeiingswater toegedien. Die tee en EM's word apart toegedien, gewoonlik vier dae uitmekaar.

Vir die nuweling-bewaringsboer sal die vertrekpunt waarskynlik wees om eers organiese kompos in vaste vorm tydens die oorgangsfase vir 'n tydperk van sowat drie jaar op die bankies toe te dien. Die doel daarmee is om die biologiese prosesse in "dooie" grond weer aan die gang te kry sodat dit na 'n werkbare toestand kan terugkeer.

Daarna hoef kompos net periodiek toegedien te word, wat natuurlik bepaal sal word deur hoe vinnig herstel plaasvind, watter tipe dekgewas in die tyd geves-tig is en die tipe boerderypraktyke wat gevolg word. Die koste daarvan kan R2 500 tot R3 500 per hektaar beloop, wat aansienlik is, sê Fouché.

Besparings volg eers nadat die toediening van kompos verminder word en behandeling met kompostee (EM's ingesluit) oorneem. Die koste van laasgenoemde beloop tans R1 340/ha en vervang die jaarlikse chemiese spuit- en bemestingprogram wat R2 620/ha tot R3 000/ha kan beloop. Onkruidbestryding is uitgesluit omdat dit 'n probleem vir organiese én chemiese boerderystelsels is. Die onkruid in organiese wingerdblokke word meganies bekamp.

Ander besparings word meegebring met die vestiging van nuwe wingerd. Die vestigingskoste kan R60 000 tot R80 000 per hektaar beloop. Met konvensionele chemies-gebaseerde bewerkingspraktyke is daardie wingerd meestal ná 15 jaar tot 20 jaar só "sat geboer" dat dit weer uitgeploeg moet word.

Fouché sê ook daar kan met biologies-organiese verbouing op die hervestigingskoste van nuwe wingerdblokke bespaar word. Byvoorbeeld, 'n wingerd onder konvensionele verbouing word dikwels tot 'n produksietydperk van 15 jaar tot 20 jaar beperk. Daarteenoor het wingerde wat met hierdie omgewingsvriendelike metodes bestuur word, 'n beter kans om 40 jaar lank in produksie te bly. In die geval van laasgenoemde is die vestigingskoste eenmalig oor 'n tyderk van 40 jaar en is die boer slegs een keer uit produksie. In die geval van konvensionele verbouing is die koste tweemalig (2 keer in 20 jaar) en is die boer twee keer uit produksie.

Volgens hom is enige vorm van bewaringsboerdery sonder goeie loof- en waterbestuur selde suksesvol. Die hoeveelheid water wat toegedien word, word grootliks deur lowergroei bepaal. Gee te veel water en die wingerd groei te geil - en andersom, as té min water toegedien word.

Die rede hiervoor is vanselfsprekend. As blaargroei te yl is, gaan groeikrag ontbreek en sal min druiwe van 'n swak gehalte geproduseer word. Dieselfde geld vir té geil blaargroei. Die natuur het nou eenmaal die manier om voortplanting te beperk as toestande oorgunstig is deur vrugvorming aan bande te lê. Té veel blare vergroot ook die moontlikheid van siekteprobleme weens oormatige skadu.

Loofbestuur moet dus tydig en korrek uitgevoer word om die regte balans tussen blare en druiwe te verseker. Dieselfde geld natuurlik ook die konvensionele manier van boer. In die geval van biologies-organiese metodes is dit net meer van kritieke belang.

Boonop skuil baie van die goggas en ander kwaaddoeners ook in die loof. Dít wat 'n mens dalk nog met chemiese gifstowwe kan regmaak, gaan nie so maklik met organiese metodes gebeur as dinge eers regtig verkeerd begin loop nie. Die weeklikse spuitprogram vir kompostee sorg egter daarvoor dat 'n boer gereeld in sy wingerd kom en betyds die regte stappe kan doen indien probleme opduik, sê Fouché.

Oor sy gebruik van EM's sê hy dat mikro-organismes as die "sagteware" van 'n lewende organisme, soos grond, gesien moet word. As die voortbestaan van sekere heilsame soorte mikro-organismes met verkeerde praktyke van die verlede bedreig word, moet hulle van buite af ingebring word.

Wat kompostee betref, sê Fouché daar moet in Suid-Afrika nog baie werk oor die bereiding en toediening daarvan gedoen word. "Ons is nou eers waar rekenaars in die 1980's was."

Een ding staan egter vas: Die gebruik van kompostee in verbouingspraktyke mag meer tyd en toewyding vereis, maar is sonder twyfel goedkoper as die chemiese alternatief. Dit is egter nie 'n maklike boerdery nie, meen Fouché.

Deurlugter noodsaaklik vir kompostee

Dit is noodsaaklik om 'n sterk stroom lug onophoudelik vir etlike ure lank deur die water wat kompos- en ander bestanddele bevat, te laat borrel. Só sê mnr. Mike Benton van Robertson, 'n kenner op die gebied van biologies-organiese boerderymetodes. Benton is veral 'n kenner van kompostee en die toerusting wat nodig is vir die vervaardiging daarvan. Hy is reeds die afgelope drie jaar as raadgewer by Graham Beck Wines se plaas Madeba, naby Robertson, betrokke.

Volgens Benton is die doelwit om elke minuut dieselfde hoeveelheid lug deur die tenk te blaas as wat daar vloeistof (1 500 liter) in die tenk is. Dit kan met 'n lugpomp en motor van 1,1 kW gedoen word.

Sodoende word genoeg suurstof aan die mikro-organismes in die tenk voorsien om normaal te groei en te vermeerder. Met die inborrel van presies die regte hoeveelheid lug sal die mikro-organismes dink hulle leef in aërobiese toestande wat bykans soortgelyk is aan hul natuurlike omgewing.

Indien 'n kompressor gebruik word, sou een van sowat 14,5 kW nodig wees om dieselfde taak te verrig. Dit is omdat die pomp en deurlugters presies die teenoorgestelde as 'n kompressor werk. Eersgenoemde lewer hoë volumes lug teen lae druk vergeleke met 'n kompressor wat op die beginsel van hoë druk/lae volume werk.

Teen 'n suurstoflading hoër as 5,8 dele per miljoen vermeerder die mikrobes teen die maksimum tempo en verdubbel hul getalle in sommige gevalle elke 20 minute. Hulle groei egter nie net in getalle nie, maar ook in grootte, wat in totale gewig weerspieël word.

Gevolglik is die deurlugters op die bodem van die tenk juis só ontwerp om die maksimum hoeveelheid lug deur die vloeistof te forseer en te laat borrel, met die minste moontlike skade aan die mikro-organismes daarin. Die vermoë van die water om suurstof op te neem, word ook deur die temperatuur en die waterdruk bepaal, sê Benton.

Die optimale grootte van die borrel is egter belangrik. Vroeër is gewone PVC-pype - waarin 'n sekere getal gate (sowat 80) geboor was - vir dié doel gebruik. Meer, maar kleiner gate het kleiner borrels tot gevolg, wat weer groter oppervlaktes beslaan. Die kleiner gate versprei in verhouding dus meer lug as die groter gate.

Die nadeel van plastiekpype was dat die gate steeds relatief te groot was en dus nie genoegsame lug kon laat deurborrel nie. Sowat vier jaar gelede het 'n nuwe geslag deurlugters met 1 666 gate hul opwagting gemaak en hulle werk glo uitstekend.

Dit duur van 18 uur tot 24 uur om kompostee voor te berei. In dié tyd kan die getalle van sekere bakterieë soveel as tienduisend-voudig toeneem. Vir sommige swamme, daarenteen, kan dit weer so min as honderdvoudig wees. Uitermate groot getalle mikrobes is by die maak van kompostee betrokke as in gedagte gehou word dat kompos van goeie gehalte, of die tee daarvan, tot soveel as 40 000 verskillende soorte mikrobes kan bevat. Mikrobioloë is ook steeds besig om nuwe soorte daarin te ontdek.

Weens die kunsmatig hoë getalle mikro-organismes in die kompostee moet deurlugting volgehou word. Die tee moet verkieslik binne 4 uur tot 6 uur nadat dit voorberei is, toegedien word. Indien die proses onderbreek word, sal die mikro-organismes eenvoudig versmoor en verrot, met die gepaardgaande slegte reuke wat kenmerkend is van ontbindende materiaal in die afwesigheid van suurstof.

5 Augustus 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.93
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot