AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Bioboerdery bied beter kans

Die versigtige treë van enkele boere jare gelede op die pad na bewaringsboerdery word nou 'n stormloop.

Met opbrengste van minstens 60 ton per hektaar gehaltevrugte waarvan meer as 80 % vir uitvoer verpak word, staan hierdie biologiese sitrusplaas geensins vir konvensionele boerderye terug nie.

Die versigtige treë van enkele Suid-Kaapse boere jare gelede op die pad na bewaringsboerdery word nou 'n stormloop. Of die rede nou onbetroubare klimaat of markgedrewe is, ál meer boere aanvaar die basiese beginsels van meer volhoubare boerderymetodes.

Hierdie boerderymetodes is nie net tot graanverbouing beperk nie. Die sitrusplaas Kruisrivier, Swellendam, het ook die afgelope paar jaar groot welslae met biologiese boerdery behaal. Die plaas behoort aan die Melsetter-trust. Van 1997 is 72 ha intensief met sitrus en 8 ha met persimmons beplant.

Die kenmerk van die boerdery is die groot klem wat op detail gelê en die tydsberekening waarvolgens alle bedrywighede uitgevoer word. Opvallend ook is die digte boomspasiëring en bome wat doelbewus klein gehou word sonder dat die opbrengs benadeel word.

Suurlemoene wat in September 1998 geplant is, lewer byvoorbeeld al opbrengste van gemiddeld 60 t/ha. Die bome is 5 m by 2 m uit mekaar (1 000 bome per hektaar). Satsumabome wat 4 m by 1,5 m geplant is (1 667 bome per hektaar), lewer gemiddeld 58 t/ha. Lemoen- en mandarynboorde lewer onderskeidelik opbrengste van gemiddeld 50 t/ha en 40 t/ha.

Met sulke digte aanplantings word die wortelgebied van die bome beperk. Genoeg voeding en vog moet dus tot hul beskikking gestel word. Dit beteken egter nie dat groot hoeveelhede kunsmis toegedien word nie.

Daar word eerder seker gemaak dat alle voedingstowwe in gebalanseerde vorm beskikbaar is. Blaarvoeding vul die bome se behoeftes aan. Die grond wemel ook van groot en klein organismes wat tesame met stikstofvrystellende dekgewasse en organiese misstowwe help om voedingstowwe te voorsien.

In die eerste twee jaar het die klem grootliks op organiese boerderymetodes geval en is net natuurlike misstowwe gebruik wat voedingstowwe stadig vrystel. Dit is aangevul met spoorelemente wat tweemaandeliks van Augustus tot April toegedien is. In dié tydperk is bykomende voedingstowwe maandeliks in die vorm van blaarbespuitings gegee. 'n Jaarlikse kalkprogram is ook ingestel.

In 2002 is groot veranderings aangebring. Dit was die jaar waartydens mnr. Arthur Lilford, bestuurder van Kruisrivier, 'n forum vir biologiese boerderymetodes in KwaZulu-Natal bygewoon het. Die genooide spreker was mnr. Neal Kinsey, die bekende Amerikaanse kenner op die gebied van grondvrugbaarheid.

Hier het Lilford kennis gemaak met die Albrecht-metode waarvolgens grond chemies gebalanseer word. Hierdie benadering het groot sin gemaak. Dit was bykans die teenoorgestelde van programme wat merendeels deur kunsmisondernemings aanbeveel word, sê hy.

'n Belangrike uitgangspunt van dié metode is om nie die pH van grond te vinnig reg te stel nie. Dit word vanself gekorrigeer wanneer vlakke van kalsium, magnesium en kalium in die regte verhouding gebring word.

Op grond van dié inligting het Lilford ses reëls neergelê waarvolgens hy grondvrugbaarheid sou bestuur. Dit is:

  • Balanseer die grond en gee veral aandag aan die chemiese, biologiese en fisiese kenmerke daarvan. 'n Goeie begrip hiervan bepaal grootliks die welslae wat uiteindelik behaal word.

  • Gebruik slegs stadig vrystellende bemestingstowwe wat die grondlewe bevorder en 'n gebalanseerde mengsel van voedingstowwe bevat.

  • Voed die grondlewe met kraalmis, kompos en ander organiese stowwe.

  • Gebruik onkruid- en insekdoders spaarsaam deur eerder beherend as voorkomend te spuit.

  • Pas deklaagbewerking toe.

  • Deurlug die grond en hou die vogstatus op optimale vlakke — iets waarmee die gebruik van organiese materiaal aansienlik help.

    Die voedingsprogram vir die volgende oes begin al kort nadat die vorige oes ingesamel is. Blaarvoeding sowel as konvensionele grondtoediening word gedoen volgens inligting wat van blaar- en grondontledings verkry is. In laasgenoemde geval word vinnig oplosbare kunsmis gebruik.

    Lilford beskou voeding kort voor blomvorming as uiters noodsaaklik by sitrus. Twee toedienings ureum waarby spoorelemente ingesluit is, word voor blomvorming (in Augustus/September) gegee.

    'n Stadig oplosbare organiese misstof word laat in Augustus toegedien omdat die grond in daardie stadium nog baie koud en die wortels betreklik onaktief is.

    Kort voor blomtyd in September word 'n blaarbespuiting van kaliumnitraat en spoorelemente gegee om voeding aan die nuut ontwikkelende bloeisels te verskaf. Lilford meen blaarbespuitings is 'n doeltreffende manier om baie voedingstowwe tot beskikking van die bome te stel.

    Stadig vrystellende misstowwe bring gemoedsrus omdat voedingstowwe geleidelik beskikbaar raak. So kry die bome meer voedingstowwe.

    Dit is in teenstelling met vinnig oplosbare kunsmissoorte waar hoë konsentrasies bome kan benadeel. Sulke voedingstowwe neig ook om maklik uit te loog.

    Lilford sê Lee Fryers beweer in sy boek Food Power From The Sea dat net 10 % tot 30 % van grondtoegediende stikstof, fosfaat en kalium hul weg na die plante vind, onder meer weens uitloging of chemiese wanbalanse wat verhinder dat die plante dit opneem.

    Volgens Fryers bereik 80 % van blaartoedienings hul doelwit. Lilford gebruik hoofsaaklik kelp as blaarbespuiting. Fulwiensuur sal toenemend gebruik word namate dit geredeliker in die Wes-Kaap beskikbaar raak.

    In November word 'n tweede ronde organiese bemesting toegedien. Hierdie mengsel verskil aansienlik van die vorige want dit bevat meer kalium en minder stikstof. Humiensuur word bygevoeg, asook spoorelemente wat by alle mengsels ingesluit word.

    Blaarbespuitings word maandeliks gedoen. Insekdoders word daarby ingesluit net as dit nodig is.

    'n Besondere kenmerk van die bestuursprogram is die gereelde boordbesoeke waartydens merkerbome in die groeiseisoen weekliks vir plae gemonitor word. Minimum peile van besmetting word bepaal om dreigende probleme betyds te probeer voorsien. Verkenners beskou die gemerkte bome as verteenwoordigend van 'n bepaalde blok. Hulle ontvang lyste met al die aspekte waarna opgelet moet word.

    Chemiese ingryping volg net as die minimum peile oorskry word. Slegs die bome in die onmiddellike omgewing van 'n uitbraak word behandel, sê Lilford.

    Vanweë gereelde inspeksies kan hy chemiese middels betyds en beheers aanwend tot voordeel van die biologiese lewe in en op die grond, sowel as die eetgehalte van die vrugte. Dié optrede is soortgelyk aan Lilford se benadering tot die herstel en opbou van grondvrugbaarheid. Saam met die visuele waarneming toon grond- en blaarontledings wat kortkom of wat oorbodig is. Die gepaste behandeling kan dan toegepas word. Hierdie benadering werk soos klokslag, verseker hy.

    Plae soos die vrugtevlieg en rooi dopluis kan werklik groot skade aan vrugte berokken, veral aan dié wat op uitvoer gerig is. Beheer met natuurlike vyande is moontlik, sê Lilford, maar nie altyd doeltreffend nie. Hulle slaan gewoonlik eers toe wanneer besmetting al gevorderd en skade reeds aangerig is.

    Alle bemesting word met die hand gedoen om seker te maak elke boom kry presies die regte hoeveelheid. Baie boere kan dit as te tydrowend beskou, maar hy kan die versekering gee dat dit die moeite werd is, sê Lilford. Die algemene norm vir bemesting per hektaar is 80 kg stikstof, 15 kg fosfaat en 200 kg potas. Dit is die totale hoeveelheid wat in die vorm van blaar- en grondtoediening verskaf word.

    Hoewel die bemestingsprogram nog nie kompostee insluit nie, wil hy in die volgende groeiseisoen daarmee begin. Goed bereide kompostee is 'n gebalanseerde organiese plantvoedsel wat gemaak word deur ryp kompos op water te laat trek. Die voedingryke water word van die vaste stowwe geskei en verder met water verdun en as 'n blaar- en/of grondtoediening gebruik.

    Lilford sê oor die jare het die verbetering in biologiese aktiwiteite duidelik sigbaar geword. Dit blyk onder meer uit die kompos wat van die verrottende blare van die klawers en bome gevorm word. Die fynere snoeisels word ook op die bankies gelos om mettertyd kompos te word.

    Hierdie biologiese aktiwiteite wat in gunstige toestande plaasvind, tesame met beter opbrengste en gehalte, is genoeg bewys dat dit 'n goedkoper en meer volhoubare stelsel is as die konvensionele stelsels met groter chemiese afhanklikheid.

    Hou egter in gedagte, maan hy, wat op een plek werk, sal nie noodwendig elders slaag nie. 'n Mens moet jou omstandighede ken en van daar af begin bou. Enige regstelling van wanbalanse, hoe gering ook al, sal die moeite loon. Al neem dit langer om daar te kom, sal iemand steeds beter daaraan toe wees as om die probleem te ignoreer, sê Lilford.

    Dekgewasse onontbeerlik

    Dekgewasse speel om verskeie redes 'n belangrike rol in biologiese boerderystelsels. Dit is ook die geval op Kruisrivier, Swellendam, waar altesame 25 ha boorde met aarbeiklawers beplant is. Dit vorm deel van 'n program om uiteindelik al die boorde op dié plaas te dek.

    'n Plaaslike kwekery kweek die saailinge, wat met stikstofbindende bakterieë geënt is, teen R50 per duisend. Hierdie saailinge word teen 5 000/ha op die bankies gevestig.

    Die mededinging van onkruid en grasse het die groei van die klawers aanvanklik gekortwiek, maar dié probleme is oorkom deur glifosaat eenmalig teen 'n lae tempo te spuit. 'n Enkele bespuiting met grasdoders was genoeg om daardie probleem op te los. Die enkele hardnekkige grasse soos Panicum is met die hand verwyder.

    Intussen het die klawers so welig gegroei dat die bankies heeltemal beset is. Hulle word nou aangemoedig om in die oop ruimtes tussen die rye bome te groei waar swenkgras as dekgewas geplant is.

    Lilford is onseker oor presies hoeveel stikstof deur die klawers gebind word. Die afgelope seisoen het hy net 70 kg stikstof per hektaar verskaf in boorde waarvan 'n opbrengs van meer as 60 t/ha afgehaal is. Dit is bykans die helfte van die aanbevole hoeveelheid. Die vrugte was van besondere grootte en goeie eetgehalte. Meer as 80 % het die uitvoergraad gehaal, wat neerkom op byna 3 000 kartonne per hektaar.

    Dit is nie langer nodig om die klawerbedekte boorde met onkruiddoders te behandel nie. Die enigste bykomende behandeling wat die boorde kry, is die sowat 5 % meer water om in die behoefte van die klawers te voorsien, sê Lilford.

    16 Julie 2004

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.36
    -1.1%
    Rand - Pond
    21.29
    -1.3%
    Rand - Euro
    18.29
    -0.9%
    Rand - Aus dollar
    11.81
    -1.5%
    Rand - Jen
    0.13
    -1.2%
    Goud
    1,797.73
    +0.5%
    Silwer
    23.50
    +1.9%
    Palladium
    1,963.22
    +1.7%
    Platinum
    1,030.76
    +2.1%
    Brent-ruolie
    76.15
    -1.3%
    Top-40
    68,351
    +0.1%
    Alle aandele
    74,548
    +0.1%
    Hulpbronne 10
    73,315
    -0.7%
    Industriële 25
    92,605
    +1.0%
    Finansiële 15
    15,401
    -0.9%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    lewensmaat
    Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
    Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
    Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot