Switserse navorsers werk aan ’n beskermende biolaag om vrugte en groente langer vars te hou.
Hulle hoop dit kan die groot hoeveelheid plastiek wat winkels tans vir dié doel gebruik, vervang Empa se sellulose-en-houtmaterialelaboratorium werk reeds sedert 2019 aan ’n sellulose-gebaseerde lagie wat uit verpulpte vrugte, groente en ander plante gemaak word.
Toetse wys die laag kan die raklewe van piesangs met minstens ’n week verleng en só voedselverliese help bekamp. “Die mikpunt is dat hierdie biolaag die gebruik van hope petroleum-gebaseerde verpakking kan verminder,” sê dr. Gustav Nyström, hoof van die Empa-laboratorium, op die webwerf AlphaGalileo.org.