AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Blommetjies in 'n blik gedruk

Geblikte waterblommetjies bied uitkoms vir die wispelturige varsproduktemark en bederf boonop Gautengers en mense oorsee regdeur die jaar.

"Ja, ek is seker die enigste ou op die planet wat dít doen," sê mnr. Danie van Tubbergh toe ons 'n afspraak

oor die foon maak.

Die unieke onderneming wat Van Tubbergh op sy plaas Riverside, by Aan De

Doorns (naby Worcester), bedryf, voorsien die hele Suid-Afrika regdeur die jaar van

die Bolandse lekkerny waterblommetjies ( Aponogeton distachyos ) - in 'n blik.

En só kan die Engelse, Kanadese, Nieu-Seelanders en Aussies ook met ons eg

Suid-Afrikaanse waterblommetjies bederf word. 'n Engelse hotel - die eienaar het

Suid-Afrikaanse bande - sit ook graag waterblommetjiebredie voor. 'n Internasionale

tydskrifresensie het (erg beïndruk) gesê dit moet die enigste plek ter wêreld wees wat

"a stew of water lilies" bedien.

Van Tubbergh bemark al twintig jaar lank sy ingemaakte waterblommetjies onder

sy eie Riverside-etiket. Bekende verskaffers het ook met sy vlei-groente in hul

produkreeks gespog.

Sy kommersi&eumlle boerdery met waterblommetjies

is reeds in 1983 staangemaak

en danksy noukeurige rekordhouding kon

Van Tubbergh sekere neigings in verbruikerspatrone

en aanbod raaksien.

"Met kommersi&eumlle verbouing is die

beskikbaarheid van waterblommetjies vervroeg.

Dit is nie net meer in September beskikbaar

nie."

Hoewel daar steeds 'n produksiehoogtepunt in September bestaan, is daar ook 'n

mini-hoogtepunt in Mei. Volgens Van Tubbergh

is dit belangrik dat 'n boer afsetgebiede

vir albei hierdie hoogtepunte het. Die

mark vir vars waterblommetjies is beperk.

Hy het oorsesemarktemet die vars produkte

probeer oorrompel, maar die groei

was stadig. Dit was tyd om ander planne

te maak.

Een opsie was om die houvermo&euml met

bestraling te verbeter. Die nodige proewe

daarvoor is gedoen.

'n Ander plan, wat hy ook saam met die

Universiteit Stellenbosch se departement

voedselwetenskappe aangepak het, was

om die blomme te dehidreer. Dit moes die

produk ligter maak vir uitvoer en ook die

houvermo&euml verbeter.

"Die produk was pragtig,maar het geen

smaak gehad nie," vertel Van Tubbergh.

Die moontlikheid van bevriesing is ook

oorweeg, maar geen idee was so suksesvol

soos die geblikte waterblommetjies nie.

"Ons gaan spesifiek vir die blik, want ek

is nie skaam om te sê die produk is nie mooi

genoeg vir 'n deursigtige glasbottel nie."

Die geblikte waterblommetjies was die

gepaste antwoord om die verhoogde voorraad

in September weg te werk.

Van Tubbergh het hom op die inmaakmark

begin toespits toe twee seisoene agtereenvolgens

van sy data afgewyk het. Redes

daarvoor het hy nie,maar hy het wel 'n

sterk vermoede dat inheemse plante (soos

waterblommetjies) en diere goeie aanduiders

van aardverwarming kan wees.

Waar die produksie gewoonlik 'n minihoogtepunt

in middel Mei bereik en 'n daling

aan die einde van Augustus toon voor

dit weer in September optel, het dit in 2004

en 2005 nie die September-styging gewys

nie. Daar was dus hopeloos te min blomme

vir inmaak beskikbaar.

Dié insinking het Van Tubbergh oortuig

om die varsproduktemark, wat soms onvoorspelbaar

kan wees, vaarwel toe te roep

en hom net op die veiliger inmaakbedryf

te beroep, ten minste om die tekorte aan te

vul.

Die produkontwikkeling het ook gelei

tot ander, interessante gebruike vir waterblommetjies.

Hy het vorendag gekom met

onder meer 'n waterblommetjie-ratatouille,

-puree en -blatjang.

Die A-graad-blomme word meesal in

die blikkies gesit, wat beteken daar is 'n

groot hoeveelheid uitskotblommetjies. Om

waarde tot die verwerking toe te voeg, het

Van Tubbergh op 'n kol ook blikkies waterblommetjie-

roomsop verkoop.

Hy hou sy kaarte styf teen die bors wanneer

hy gepols word oor markinligting,

maar verklap darem dat sowat 60% van sy

produk in Gauteng verkoop word. Plaaslik

is dit meesal in supermarkte

beskikbaar, terwyl dit ook

spog op die rakke van Britse

winkels wat in Suid-Afrikaanse

produkte spesialiseer.

"Ek wil nie die idee skep

dat hier 'n meeloopgeleentheid

is nie. Aangesien ek al so lank by waterblommetjies betrokke is,

weet ek wat die gevare is."

Is hy bang sy mark word oorgeneem?

"Ek dink nie oorproduksie is te vrees

nie. Dit sal net 'n probleem wees as daar

skielik werklike grootmaatproduksie is.

"Produsente moenie die hoogtepunt in

aanvraag as die grondslag van 'n beplanningsmodel

gebruik nie. In Julie enAugustus

daal die produksie weens die koue.

"As die produsent nie voorsiening maak

vir September se hoogtepunt in produksie

nie, moet hy nie aangaan bloot omdat daar

'n goeie vraag in Mei en Junie is nie. Wat

gaan hy dan doen met September se voorraad?"

vra Van Tubbergh.

"Waterblommetjies is steeds meer bekend

as 'n bestanddeel in bredies. Verbruikers

moet opgevoed word oor waarvoor

die blomme nóg gebruik kan word."

'n Waterblommetjie-souttert, hoender en-

waterblommetjie-gebak en sop is net

'n paar van sy kreatiewe voorstelle.

Hy moes vanjaar vir die eerste keer in

"etlike jare" voorraad inkoop om in die

vraag te voorsien, maar sê die "vraag

groei teleurstellend stadig in die oorsese

aflaaiplekke. Dinge daar is nog nie lekker

nie, maar as die oorsese markte wakker

word..."

Hy skryf dit toe aan die aankopers en

verbruikers se eetpatrone. Aankopers sukkel

om te verstaan as 'n produk, soos waterblommetjies,

wat sy eie produksieneigings

toon, nie altyd saamval met die eetpatrone

van verbruikers nie.

" 'n Aankoper moet begrip vir die produk

hê, anders verstaan hulle nie as daar

nie kontinuïteit is nie."

Waterblommetjies wat wild geoes word

in 'n .uktuerende waterstelsel, soos 'n riviermond,

kan maklik deur kolloïedes en

troebelwater besoedel word. Hierdie blomme

is dikwels sanderig. Dit kan nie in die

gaarmaakproses verwyder word nie.

Kommersi&eumlle verbouing stel die produsent

in staat om na die higi&eumlne van die

blomme om te sien.

"Dit is baie belangrik. My blomme kom

van die dam af en gaan dan na 'n wasmasjien

voor die lêproses begin," sê Van Tubbergh.

Hierdie lêproses behels 'n sout-en chloor-

oplossing waarin die blomme geweek word

om van lewende organismes en

alge ontslae te raak.

Daarna word die blomme in die skuur

op Riverside Farm gesorteer en weer deur

'n wasproses gesit. Daarna word dit in 'n

skoon chloormengsel geweek om te verseker

dat die blommetjies so steriel moontlik

is. Dan eers word dit na die inmaakfabriek

vervoer.

"Vandat ek begin blomme inmaak het,

het ek nog nooit 'n klagte gehad wat aan

probleme op die plaas toegeskryf kanword

nie," sê hy trots.

"Twee dinge is belangrik om die houvermo&euml

van vars waterblommetjies te verseker:

Die temperatuur moet so na as moontlik

aan vriespunt wees en daar moet altyd 'n

ho&euml humiditeit wees."

Die ingemaakte blomme staan glad nie

terug vir die vars waterblommetjies nie.

"Maar dit hang natuurlik af van hoe jy (die

verbruiker) dit kook. Ons strewe daarna

om dit so ferm moontlik in die blik te sit

sonder om die gevaar te loop dat dit te min

gekook is. Die kleur is veronderstel om heel

aantreklik te wees. Die geur word ook baie

goed behou."

En die smaak? "Daar is 'n paar resepte

waarin ek self verkies om die waterblommetjies

eerder in geblikte vorm te gebruik,"

sê Van Tubbergh.

Die vervaldatum is sowat drie jaar ná

die blomme geblik is, maar Van Tubbergh

meen dit kan selfs langer behoue bly.

Prysgewys het Van Tubbergh waterblommetjies

altyd met aspersies vergelyk,

maar namate aspersies meer algemeen in

Suid-Afrika verbou is, het waterblommetjies

duurder geraak.

In dié nismark is daar meer as genoeg

uitdagings wat oorwin moet word. Een

daarvan is die verspreidingskanale. Van

Tubbergh het al meer as een bloutjie met

gesoute en gevestigde bemarkers geloop.

Daarom verkies hy deesdae om, waar

moontlik, regstreeks met die kettingwinkels

te onderhandel.

Die bevordering van die produk onder

Jan Publiek is ook 'n taai toffie. "Dit kan sekerlik

beter gedoen word, maar dit is 'n te

omvangryke taak vir een mens."

Sy toekomsplanne hou ook 'n uitdaging

in. "Ek sal dit as 'n uitdaging sien as ek instrumenteel

kan wees om waterblomme in

'n rigting te kry waar dit 'n toeganklike uitkoms

aan enige Wes-Kaapse boer bied. Dit

maak nie saak of hy op groot of klein skaal

daarmee wil aangaan as 'n vertakking tot of

as 'n volwaardige boerdery nie. Daarvoor

is die groei van die plaaslike asook die uitvoermark

egter noodsaaklik.

"As ek die keuse kan hê om 'n nalatenskap

te los, sou dit wees om 'n lewensvatbare

bedryf in die Wes-Kaap op die been te

sien kom."

Landbouweekblad, 25 Januarie 2008

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.55
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
979.10
-0.6%
Palladium
1,421.38
-0.1%
Goud
1,976.74
-0.9%
Silwer
23.15
+0.2%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot