AFGRI
BEAN
02 Des
-
9277,6
-87,40
CORN
02 Des
-
4549,6
-0,40
SOYA
02 Des
-
10490
72,00
SUNS
02 Des
-
10750
-136,00
WEAT
02 Des
-
6700
-45,00
WMAZ
02 Des
-
5080
-47,00
YMAZ
02 Des
-
4940
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Blomplaas kweek eie SEB-resep

Dié blomplaas is vooraf in sy geheel op papier deur Israeliese landbou-ingenieurs ontwerp.

Dié blomplaas en bemagtigingsprojek, wat ook eksklusiewe blomme kweek en merendeels aan die plaaslike mark lewer, is vooraf in sy geheel op papier deur Israeliese landbou-ingenieurs ontwerp voordat 'n enkele klip op die kaal stuk grond geskuif is.

In 2000 was dit 'n stuk beboste, onbewerkte grond van sowat 125 ha op die heuwels buite Groot-Brakrivier naby Mosselbaai in die Suid-Kaap. Vandag, ses jaar later, is 'n groot gedeelte van dié stuk aarde ontwikkel in 'n blomplaas wat eksklusiewe loofplante aan veral die plaaslike mark voorsien (maar ook uitvoer), terwyl 'n gedeelte daarvan volstoom ontwikkel word as 'n bemagtigingsplaas waarby 42 trusthouers betrokke is en by baat vind.

Die Terranikwa-plaas van 29 ha is reeds ten volle ontwikkel, terwyl Nostranikwa, die bemagtigingsplaas van 20 ha, in 'n gevorderde fase van ontwikkeling is.

Op Terranikwa staan 'n aantal reuse- kweekhuise en tonnels in netjiese rye waarin eksotiese loofplante gekweek word - party heeltemal eksklusief in die land. Op Nostranikwa is groot dele van die grond omgedolwe, ontklip en in verskillende stadia van bewerking. Besproeiingspunte is aangelê, en dit is duidelik dat dié gedeelte van die plaas eersdaags net soos die buurplaas daar gaan uitsien.

Die enigste verskil sal wees dat Nostranikwa teen die einde van 2007 'n suksesvolle bemagtigingsplaas in volle produksie gaan wees.

Mnre. Dylan Coleman en David Ramage is twee direkteure van die boerdery, wat ook 'n derde blomplaas by Heroldsbaai, Denneseerus, insluit. Hulle bedryf ook 'n gesamentlike, oorkoepelende bemarkingsmaatskappy wat onder die naam Nikwaflora funksioneer en wat al drie die plase se bemarking hanteer. Dié maatskappy het ook 'n derde direkteur, naamlik mnr. Thys Neser.

Die hele blomme-onderneming en kwekery het aanvanklik begin op Denneseerus waar Neser sedert 1991 verskeie soorte blomme, varings en loofplante gekweek het vir die plaaslike sowel as die oorsese markte. In 'n stadium wou hulle ook proteas daar kweek, maar die grond was te kleierig. Dit het Neser laat besluit om uit te brei en moontlik meer bergagtige grond op 'n ander plek by te koop waarop proteas beter sou aard.

Vandag word sowat drie miljoen blomstele verpak, waarvan sowat 80 % in die Kaapse metropool bemark word, en die ander 20 % aan die Rand en oorsee. Die doelwit is om teen 2009 tot tien miljoen blomstele per jaar te verpak. Daar word reeds gewerk daaraan om nuwe oorsese markte vir hul produkte te open, maar die binneland sal altyd hul belangrikste teikenmark wees.

Die benadering is aansienlik anders as die meeste ander blomboere in die land, wat daarop ingestel is om minstens 90 % van hul blomme uit te voer. Die 10 % blomme wat plaaslik bemark word, is dikwels ook van swakker gehalte.

"Ons pak slegs een standaard, en het nie 'n buitelandse en binnelandse standaard nie. Ons blomme wat in Suid-Afrika bemark word, is van presies dieselfde gehalte as dié wat uitgevoer word," sê Coleman.

Die binnelandse blommark het in die laaste vier jaar tot vyf jaar geweldig gegroei en baie meer gesofistikeerd geraak, sê hy. Vir sekere soorte blomme word deesdae plaaslik beter pryse behaal as oorsee. Hulle besef egter dat hul oorsese markte wel aandag sal moet kry en uitbreiding daar ook belangrik is. Hulle het 'n paar vaste oorsese kliente met wie regstreeks handel gedryf word.

Blomsoorte soos Safari Sunset (Leucadendron) het reeds in enkele gevalle tot vyf keer meer op die plaaslike mark behaal as wat dit op Europese markte sou verdien. Pryse wissel egter deurentyd, en dit kan nie as 'n vaste neiging beskou word nie, meen Coleman.

'n Voordeel is ook dat plaaslike bemarking beslis minder risiko's inhou as oorsese markte. Blomme word so ver moontlik regstreeks aan verbruikers verkoop teen vasgestelde pryse, en agente word selde gebruik. Min van die boerdery se produkte word op die veilingstelsel - wat veral in Nederland baie gewild is - verkoop, sê Coleman. Die rede is dat pryse baie fluktueer op veilings, terwyl dit nie die geval is by vaste voorafbepaalde pryse nie.

Wat wel seker is, is dat die dae van swak plante op die plaaslike markte, iets van die verlede is.

Hoe het alles gebeur?

Ramage vertel dat nadat besluit is om uit te brei, daar op 'n stuk grond, wat in die mark was en ideaal vir hul doel gelyk het, 'n opsie geneem is, en 'n volledige grondontleding is gedoen. Dit was aanvaarbaar , en die plaas is aangekoop.

Die groep skakel gereeld met 'n blomkonsultant-maatskappy in Israel, Zakia Agricultural & Know How, en hul hulp is ingeroep om 'n meesterplan vir die nuwe plaas op te stel. Eerstens is geologiese grond-analises opgestel, 25 jaar se reënvalsyfers en klimatologiese inligting is bymekaargekry, asook daglengtes reg deur die jaar.

Al die inligting is na Israel gestuur, waar 'n totale plaasontwerp streng volgens die kontoere van die grond op papier deur landbou-ingenieurs opgestel is. Die grond, lug, lig en kontoere is in ag geneem. Hiervolgens is op die implementering daarvan besluit, en 'n begrotingsplan is opgestel.

Die grond is in twee dele verdeel, en daar is begin met die ontwikkeling van die eerste deel - dit wat vandag Terranikwa is.

Die heel eerste ontwikkeling het op die hoogste punt van die plaas begin, en van daar af afwaarts beweeg volgens die kontoere. Die kwekery en 'n besproeiingsdam is op die hoogste punt gevestig. Die rede hiervoor is volgens Ramage dat daar geen waterinvloei is wat siekte-organismes kan bevat nie. Só belangrik word die aspek be-skou, dat by die toegangshek na die plaas en kwekery 'n disinfeksiepunt aangebring is.

Die kwekery voldoen ten volle aan internasionale fitosanitêre vereistes en plante word vanuit Australie en Israel daarheen ingebring en in kwarantyn gehou.

Die ingevoerde plante word in 'n moederblok gevestig vanwaar dit vermeerder word vir aanplanting op die plaas.

Ramage sê daar word grootliks eksotiese loof- en blomloofplante vir uitvoer gekweek, waaronder soorte, soos Proteaceae, Grevillea, Viburum, Ruskus en Philodendron.

Nadat Terranikwa goed op dreef was, is besluit om die res van die grond in 'n volgende fase as 'n aparte bemagtigingsplaas, Nostranikwa te omskep. Denneseerus, die oudste van die plase by Heroldsbaai waar alles begin het, het sowat 10 ha onder blom- en loofproduksie.

Nostranikwa word nou ontwikkel as 'n aparte plaas wat ook aan die bemarkingsmaatskappy Nikwaflora produkte sal lewer.

Geen bemagtigingsprojek kan sonder 'n behoorlike sakeplan aangepak word nie, sê die twee manne. Dit is een van die redes waarom sulke projekte so baie vou. In 2003 is besluit om die bemagtigingswêreld te betree. Hulle wou uitbrei, maar terselfdertyd ook mense bemagtig. Die SEB-pad was duidelik die ideale roete met voordele vir almal. Deur die projek betyds te loods, kon op hul voorwaardes met bemagtiging aangegaan word, is gevoel.

'n Trust- en samewerkingsooreenkoms is saamgestel volgens die maatskappy-groep se behoeftes. Altesame 42 bruin- en swart mense is betrek. Almal is werknemers op die groep se plase. Party van dié mense was jare al in diens. Elkeen wat permanent in diens was teen die einde van 2005, het lidmaatskap van die Nikwasorgtrust ontvang. Dié trust as geheel het 'n 50 % aandeel in Nostranikwa, terwyl die ander 50 % in die huidige bestuur se hande bly.

Elkeen van die trustees het 'n eenmalige bedrag van R35 000 volgens die Herverdeling van Grond vir Landbou-ontwikkeling ('n program van die Regering) gekry. Die 42 bedrae van R35 000 (R1,5 miljoen) is belê in die maatskappy, en die Departement van Grondsake het die bedrag oorbetaal aan die verskaffers van die infrastruktuur van die projek - wat die voordeel ingehou het dat geen administratiewe koste gedek moes word nie, want die departement het dit geadministreer.

In dié stadium word die Nostranikwa-bemagtigingsplaas volstoom ontwikkel. Die infrastruktuur is reeds voltooi - paaie is aangelê, grondvoorbereiding is feitlik afgehandel, 'n besproeiingstelsel is gereed, en plantmateriaal word gevestig. Toe Landbouweekblad die plaas besoek het, was 8 000 tot 20 000 plante reeds gevestig.

Die fase wat hierop volg, is om 'n skadunet op te sit waaronder sekere loofplantsoorte gekweek word. Een hektaar sal onder skadunet kom, maar omdat dit 'n peperduur projek is (minstens R1 miljoen), sal dit nog 'n ruk duur, meen Coleman.

Elkeen van die trustlede kry in dié stadium 'n salaris. Wanneer die eerste dividende van Nostranikwa verklaar word, sal 50 % daarvan aan die trust betaal word, wat dit weer aan sy lede sal oorbetaal - waarskynlik teen 2009/'10, sê Ramage. Die waarde van elkeen se aanvanklike R35 000 sal oor dié tydperk aansienlik gegroei het.

Wat is Nostranikwa se suksesresep?

Coleman en Ramage meen die feit dat die vennote steeds 50 % aandeel in die projek het en heeltydse mentors daarvan is, maak dat dit almal se saak van erns is dat dit werk. "Vou die projek, kry ons as vennote finansieel net so seer."

Die vennote wil nie vir altyd direk by die plaas betrokke wees nie. Die trusthouers moet self alles mettertyd bedryf, en hulle posisie sal dan slegs raadgewend van aard wees. "Ons sal slegs strategies op bestuursvlak betrokke bly," sê Ramage.

Die doelwit is dat van die SEB-vennote binne sewe jaar van 'n plaaswerker tot 'n plaasbestuurder sal vorder - dit is 'n langtermyndoelwit.

Uit die 42 trustees is 'n bestuurskomitee van vyf lede saamgestel wat elke maand vergader. Hulle is deur die trustees self tot dié poste verkies en bestaan in dié stadium uit drie mans en twee vroue. Nostranikwa as bemagtigingsplaas het vier direkteure, naamlik Coleman, Ramage en twee lede van die trust-bestuurskomitee - wat ook elke maand vergader.

Bestuurstate word maandeliks opgestel en beplanning word daarvolgens gedoen. Alles word volgens 'n normale sakeplan bestuur. Daardeur word leemtes en gapings in die strukture geïdentifiseer en kan aanpassings gedoen word.

"Om te meet is om te weet", meen dié twee blomboere.

Landbouweekblad, 29 September 2006

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
+0.4%
Rand - Pond
21.45
+0.2%
Rand - Euro
18.41
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.92
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.8%
Goud
1,801.59
-0.1%
Silwer
22.71
-0.2%
Palladium
1,936.00
-0.5%
Platinum
1,043.00
-0.1%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,279
-0.9%
Alle aandele
74,365
-0.9%
Hulpbronne 10
74,136
-2.4%
Industriële 25
91,820
-0.4%
Finansiële 15
15,375
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie roman.
Is n aangename vriendelike mens met baie deernis", en baie''' liefdevol". Hou baie' van my rugby''' en mal oor musiek"...
Lekker kuiermaat
Ek dink ek kom maklik met die meeste mense oor die weg en het n baie goeie sin vir humor soms bietjie aweregs. .Ek is spontaan en het n goeie algemene kennis . EK hou van...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot