People, pears and the stories they share is geskryf deur Buks Nel, nuwekultivarken- ner van Tru-Cape-vrugtebemarking, en Henk Griessel, gehaltebestuurder. Dit volg op twee soortgelyke boeke oor die geskiedenis van appels in Suid-Afrika. Nel se vrou, die kunstenaar Ros Nel, is die illustreerder.
Daar word onder meer vertel hoekom Beaufort-Wes in die Karoo soveel peerbome het, oor Nieu-Bethesda se wilde Asiatiese pere en oor die oudste Beurre Hardy-peerboord wat nog dra by die Kaapse Instituut vir Landbou-opleiding op Elsenburg by Stellenbosch.
Aandag word ook gegee aan die wyse waarop die Gerald Wright-gedenktrust, wat gestig is ter ere van dié boer, gehelp het om byvoorbeeld ’n rugbyveld en gemeenskapsaal op Grabouw te bou.