AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Boere moet in hul (koolstof)spoor trap

Wanneer supermarkte sê hulle wil die koolstofspoor van hul aanbodketting verklein, bedoel hulle dit. Suid-Afrikaanse boere moet betyds optree vir 'n mededingende voordeel.

Om 'n avakodo, ryp en eetgereed, in die hartjie van die somer op 'n winkelrak aan te tref, is niks vreemd nie. Dit geld ook vir druiwe, perskes en pruime in die winter. En die heldergeel van 'n lemoen is ook nie meer beperk tot die grys wintermaande nie.

Het klimaatsverandering só 'n ingrypende invloed gehad dat alles nou op sy kop gekeer is? Nee, draai die avokado-verpakking om en die plakkertjie sal jou inlig dit kom al die pad van Brasilië. Supermarkte het verbruikers bederf deur produkte van regoor die wêreld in te voer sodat dit twaalf maande van die jaar beskikbaar is.

Vir Suid-Afrikaanse uitvoerboere, wat vir die Noordelike Halfrond se buiteseisoen produseer, het dit jare lank vet pryse vir hul tafeldruiwe, sitrus-, kern- en steenvrugte beteken.

Nou het verbruikers egter wakker geskrik en besef hulle betáál vir die luukse om piesangs van Kenia en druiwe van Suid-Afrika te eet. Hulle haal dalk nie meer ponde uit hul beursies nie, maar jy kan net wakker word en die gebrek aan vars lug ruik om te besef die mens se lompe omgaan met die natuur eis sy tol.

Verbruikers sing steeds dieselfde deuntjie, dat hulle produkte regdeur die jaar wil hê, maar die noot is effens hoër, skriller, dringender: Maak seker die spoor wat dit op die omgewing laat, is nie dié van 'n growwe nr. 12-stewel nie, maar eerder 'n kleuterskoen. Anders maak ons ons beursies styf toe, dreig hulle.

En supermarkte luister. Die verbruikers se koopkrag dwing hulle om gehoor te gee.

'n Voorloper op dié gebied is een van die grootste spelers in die kleinhandel-arena, Marks & Spencer. Dié Britse supermarkgroep neem nie net die voortou om sy eie koolstofspoor te verklein nie, maar plaas ook druk op verskaffers om 'n kleiner merk op die omgewing te laat.

Marks & Spencer is 'n vername koper van Suid-Afrikaanse vrugte en wyn. Sowat 70 000 mense werk vir dié onderneming, hy het 570 winkels in Brittanje, 5 kantore, 20 pakhuise en 900 vragmoters. Ongeveer 2 000 verskaffers en meer as 20 000 plase wêreldwyd lewer produkte wat aan bykans 16 miljoen klante verkoop word.

In Januarie 2007 het die supermarkgroep sy plan A bekend gestel, "want daar is geen plan B nie". Die onderneming verbind hom daartoe om 100 maatskaplike en omgewingsuitdagings oor die volgende vyf jaar aan te pak. (Sien "Winkel se plan is g'n foefie".)

Bo-aan die lysie van aspekte wat die wêreld nou en in die toekoms vir die groep warm maak, is klimaatsverandering. Die supermarkreus het onderneem om sy bedrywighede in Brittanje en Ierland koolstofneutraal te maak, energieverbruik te minimaliseer, die gebruik van hernieubare energie te maksimaliseer en uitruiling slegs as 'n laaste uitweg te gebruik.

"Aangesien 'n betekenisvolle hoeveelheid uitstraling van ons verskaffers en klante kom wanneer die produkte gemaak en verbruik word, sal ons hulle ook aanmoedig om hul koolstofspoor te verklein," staan in plan A.

Ook die plaaslike supermark Woolworths het 'n strategie soortgelyk as plan A ontwikkel. Dié sakegroep noem dit die "good business journey".

Woolworths beoog om sy eie koolstofvoetspoor teen 2012 met sowat 30% te verminder. Een plan is om 17 000 bome - een vir elke werknemer - teen daardie tyd te plant. Die eerste 800 inheemse bome is reeds oor 'n oppervlak van sowat 20 000 vierkante meter in Midrand, Johannesburg, geplant.

Die winkelgroep bevorder die "kweek van goeie kos" deur permakultuur (die studie van die omgewing en al die elemente wat 'n rol speel in die kweek van groente) aan te moedig. Dit beteken die landboupraktyke moet nie besoedel nie, ekonomies en maatskaplik lewensvatbaar wees en in die groep se eie behoeftes voorsien. Meer as 90% van die onderneming se voedselprodukte word plaaslik gekoop.

Hy verklein ook voedselmyle deur verspreidingsentrums strategies te plaas. "Ons nuwe Midrand-verspreidingsentrum beteken dat verskaffers wat in Gauteng produkte moet lewer ongeveer 9% minder kilometers aflê," het me. Dorothy McLaren, hoof van korporatiewe sake by Woolworths, gesê.

"Ons werk ook hard om lugvrag vir ons voedselprodukte te beperk en beoog om 'n etiket te plak op kos wat só ingevoer word, sodat klante ingeligte besluite kan neem." McLaren sê die maatskappy ondersteun sy verskaffers se pogings om hul koolstofspoor te verklein. "Ons vestig tans 'n formele meganisme om te verseker ons dra kennis en modelle van die beste praktyke aan alle verskaffers oor. Dit sal hulle in staat stel om 'groener' produksiepraktyke toe te pas."

Marks & Spencer sê sy uitdagings vir 2008 is duidelik: Om die lesse wat hy by eko-winkels geleer het op die ander winkels toe te pas, om planne te maak om die koolstofspoor van sy aanbodketting te verklein en om sy klante aan te moedig om klimaatsverandering te plettervat.

Dat dit die weg vorentoe is, is gewis, sê mnr. Riël Malan, besturende direkteur van Fruits Unlimited, 'n Paarlse maatskappy wat druiwe, sitrus-, steen- en kernvrugte na verskeie bestemmings uitvoer. Dié maatskappy het ook onlangs koolstofneutrale status verkry.

Me. Wendy Engel, 'n landboukundige en kenner van klimaatsverandering, verduidelik koolstofneutraal só: "Dit verwys na 'n nul netto vrystelling van totale koolstof. Dit kan behaal word deur die hoeveelheid vrygestelde koolstof te balanseer met 'n hoeveelheid wat gesekwestreer (gesink) of uitgeruil word. Die eerste is om jou ekwivalent koolstof-uitstralings (tonne CO2) te bereken en dan die inisiatiewe, projekte of optrede waarmee dit gesekwestreer sal word, te identifiseer."

Koolstof-positief beteken 'n maatskappy of land is 'n vrysteller van koolstofdioksied. Malan sê hulle is nou in die proses om hul produsente te help om ook koolstof-neutraal te raak.

"Die dryfveer vir supermarkte is die koolstofmyle, met ander woorde om verbruikers gevoelig te maak vir die hoeveelheid koolstofdioksied wat vrygestel word wanneer 'n produk vervaardig word. Dit is 'n manier om produkte te koop wat nader aan hul mark vervaardig word en verskaffers te dwing om iets aan hul spoor te doen."

Die koolstofspoor, organiese produksie en Fair Trade-beginsels is alles maniere om verantwoordelike verbruik aan te moedig.

Dit bied ook unieke verkoopspunte vir supermarkte. Suid-Afrikaanse boere se uitvoerbootjie seil juis om hierdie redes op onrustige waters.

"Die feit is, ons produseer in die Noordelike Halfrond se buite-seisoen. Suid-Afrika, Chili en Argentinië is almal ver weg van hul markte. Verskeping en lugvrag-vervoer is dus 'n werklikheid," sê Malan.

Dit rek die voedselmyle wat produkte moet aflê voor dit die mark bereik. Verskeping is na raming verantwoordelik vir ongeveer 3% van alle koolstofdioksied-vrystellings wêreldwyd.

Hy sê daar is nog nie amptelik druk op Suid-Afrikaanse verskaffers om koolstofneutraal te wees nie, maar boere moet nie laat slaap nie. "Ons probeer dié probleem voorkom. Ons sien dit as 'n vername neiging. Vir die bedryf het die skrif aan die muur gekom in die internasionale pers," sê Malan oor omgewingsdrukgroepe wat verbruikers gereeld in die media waarsku oor die minimum residuvlakke, onetiese praktyke en klimaatsverandering.

Dit is onafwendbaar dat internasionale markte in die toekoms gaan begin aandring dat verskaffers minstens koolstofneutraal is en omgewingsvriendelike praktyke toepas. "Ons wil seker maak ons is en bly mededingend," sê Malan.

Die omgewingsfinansieringsonderneming Promethium het Fruits Unlimited se oudit gedoen (sien berig, "Só is jy koolstofdoeltreffend"). Food and Trees for Africa, 'n nie-regeringsorganisasie wat deur die Verenigde Nasies ondersteun word, het beraam Fruits Unlimited moet 204 bome plant om hul koolstofdioksied-vrystelling van 224 ton te balanseer en koolstofneutraal te wees (gaan werk jou eie koolstof-spoor uit by http:// www.trees.co.za/index.php?option=com_ co2).Dit geld net vir een jaar, en die maatskappy sal voortdurend uitruilings moet maak om die status te behou. Vanjaar het Fruits Unlimited sy inheemse bome in Smartie Town, 'n staatsbehuisingsprojek in die Paarl, geplant. Die volgende stap is om al sy produsente ook as koolstofneutraal te laat sertifiseer.

"Die koolstofdioksied-opwekking moet aan iemand toegewys kan word en dit skep 'n groot uitdaging vir boere. Volgens supermarkte behoort produkte aan die boere totdat dit by hul deur afgelaai word. Die produsente is dus verantwoordelik vir die uitstraling deur kunsmis, pakmateriaal, prosesse, verskeping en verspreiding vanaf die plaashek."

Dit beteken elke boer se voetspoor moet bereken word en hy sal moontlik "etlike duisende" bome plant om geneutraliseer te word.

Malan sê die onderneming het reeds 'n loodsprojek begin waar spesifieke boere in elke bedryf wat hulle bedien se koolsuurgasuitstraling bepaal word. Baie werk moet egter nog gedoen word om ál die prosesse se koolstofbydrae te bepaal.

"Alles wat koolstofdioksied opwek dra tot die spoor by. Ons stel dus 'n lys van die totale prosesse op en bepaal dan vir elk 'n bydrae. As daar nog nie 'n bepaalde vrystelling is nie, moet dit uitgewerk word.

"Die metode is nog nie afgerond nie en ons ontwikkel saam met die betrokkenes. Die hele idee is om die voetspoor te verklein sodat ons doeltreffender kan raak."

Malan meen egter oor sowat drie jaar, wanneer die metodologie en koolstofbydraes gefinaliseer is, sal die skoolgeld minder en die prosesse eenvoudiger word. Tans kan 'n boer sowat R50 000 vir die volle oudit, kartering en sertifisering opsy sit. Dan is sy uitruiling (byvoorbeeld die aantal bome wat hy moet plant om geneutraliseer te word) nog nie bygereken nie. "Soos met enige tegnologie sal dit die pioniers meer kos, veral omdat baie van die prosesse ontwerp moet word. Die tegnologie behoort mettertyd goedkoper te raak en binne die bereik van kleiner produsente te kom," meen Malan.

Sodra die boere se spoor bepaal is, sal Fruits Unlimited na vennootskappe kyk om elkeen se unieke situasie te bevorder.

Hy meen dis belangrik dat boere glo in koolstofuitruiling. Dit is 'n omvattende proses wat baie van die produsent verg.

"Die boer gaan nie op kort termyn meer geld sien nie, maar dit is 'n strategiese posisiewat die produsent inneem en wat hom mettertyd gaan bevoordeel. Dit is beslis 'n rigting wat die wêreld inslaan en jy moet glo dit sal jou meer mededingend as jou mededingers in byvoorbeeld Chili maak," sê Malan.

Winkel se plan is g'n foefie

En wat het in die eerste jaar gebeur sedert die Britse supermarkgroep Marks & Spencer sy plan A bekend gestel het om sy koolstofspoor te verklein?

In 'n oorsig oor die vordering van plan A sê die groep: "Ons het goeie vordering gemaak om klimaatsverandering regdeur ons verskaffingsketting, ondernemings en die verbruikers se gebruik van ons produkte te takel. In die afgelope twaalf maande het ons die energie-verwante koolstofdioksied-uitstraling wat deur ons winkels en kantore afgeskei word, met 55 000 ton verminder.

"Ons het boere ondersteun wat in kleinskaalse hernieubare energieproduksie belê. Ons het drie eko-winkels as loodsprojekte geopen, 140 nuwe aerodinamiese sleepwaens bestel, 'n koolstofspoor vir ons voedselondernemings bereken en gehelp om die persentasie klere wat by 30°C gewas word van 23% tot 31% te verhoog," lui die jaaroorsig. En dit is maar net in die eerste twaalf maande. Vir die volgende 48 maande kan verbruikers en verskaffers vir seker weet Marks & Spencer gaan van krag tot krag. Ander supermarkte, kopers van Suid-Afrikaanse boere se produkte, gaan sy voorbeeld volg.

Premies kan koste verhaal

"Ek is vas oortuig daarvan dat Fruits Unlimited in die Paarl se strategie om sy koolstofspoor te verklein, in die toekoms gunstig gaan wees vir boere. Ons glo die totale benadering is die regte ding om te doen en gaan tot ons voordeel strek," sê mnr. Riël Malan, besturende direkteur van die onderneming.

Sommige supermarkprogramme begin nou beter pryse verdien as dit sekere sertifiserings, soos HaccP, BRc en Fair Trade, waarborg.

"Mense kan dus sien sertifisering begin nou 'n premie verskaf. Die Groen beweging het 'n ongelooflike invloed op die verbruiker. Ek kan nie sien dat ons weer sal terugkeer na onverantwoordelike verbruik en produksie nie," sê hy oor die moontlikheid dat neutrale verskaffers in die toekoms premies kan verdien. Dit is egter seker dat neutrale verskaffers ook voorkeurverskaffers sal word.

"Die prosesse en koolstofuitruiling gaan geld kos, daarom sal dit in die toekoms terug verdien moet word. Premies is 'n goeie idee om die koste te verhaal.

"Oor die algemeen is die koste van internasionale, onverantwoordelike energieverbruik besig om ons as 'n beskawing te straf met wisselvallige weerpatrone, siklone en klimaatsverandering. Daar moet 'n globale benadering wees om dit te hanteer. As internasionale voedselverskaffers gaan ons gedwing word om ons deel te doen om hierdie probleem op te los."

Só is jy koolstof-doeltreffend

Sy is bewus van tien maatskappye wat al in die proses is om koolstofneutraal te raak, sê me. Harmke Immink, koolstofadviseur by Promethium, 'n omgewingsfinansieringonderneming.

Daar is nie 'n sentrale register om hierdie inligting aan te teken nie. Sowat twee uit elk drie internasionale geleenthede (soos konferensies en musiekkonserte) wat hier aangebied word, is neutraal. Voor 'n musiekster sy toer onderneem, word sy koolstofuitstraling bereken en 'n uitruilingsplan opgestel.

Immink sê dit kan vir 'n maatskappy na 'n ontsagwekkende taak lyk om koolstofneutraal te raak. Sy beveel aan groot ondernemings breek hul aktiwiteite in kleiner, kwantifiseerbare stukkies op en maak elke stukkie geleidelik neutraal. Vrugteboere kan byvoorbeeld besluit om verkoeling anders aan te pak sodat dit minder koolstof afgee.

Die Kioto-protokol het beslag gegee aan skoner ontwikkelingsmeganismes om koolstof uit te ruil.

"Dit is die Rolls-Royce van koolstofkrediete. Dit is egter ongelooflik duur om te koop en burokraties baie moeilik om te bekom. Maar nie almal het 'n Rolls-Royce nodig nie. Vir party mense is 'n Citi Golf of 'n fiets voldoende," sê Immink.

"Koolstofuitruiling is nie soos belasting nie. Dit is nie verpligtend nie. Wat belangrik is, is om 'n verskil te maak en nie om 'n papiertjie te kry nie."

Die verskil kan gemaak word deur jou onderneming, of dele van jou onderneming, koolstof-doeltreffender te maak. As jy in 'n uitruilingsprojek wil belê om neutraal te raak, moet jy die volgende vyf maatstawwe vir goeie uitruilingsprojekte in ag neem:

  • Dit moet meetbaar wees.
  • Dit moet regtig bestaan.
  • Daar moet nie dubbele berekenings gedoen word nie (dieselfde projek kan nie aan meer as een maatskappy verkoop word nie).
  • Dit moet bykomend wees. Jy kan nie in byvoorbeeld Mondi of Sappi se reeds bestaande boorde belê nie. Dit moet dus 'n projek wees wat nooit sou gebeur het as jy nie koolstof uitgeruil het nie, want dit kan nie besigheid soos gewoonlik wees nie.
  • Dit moet vrywillig wees en voordele inhou vir die gemeenskap waarin dit plaasvind. Sy sê om bome te plant, is nie die enigste moontlikheid om koolstof uit te ruil nie. Jy kan ook sonkragpanele vir arm gemeenskappe borg of in 'n aerobiese kompos-aanleg vir jou omgewing belê.

    'Trots Brits' kan SA verskaffers knou

    'n Studie deur die Koolstoftrust het getoon die supermarkgroep Marks & Spencer se aandeel van 4,3 % in die Britse voedselmark wek sowat 3,3 miljoen ton koolstofdioksied op in die produksie van grondstowwe, vervaardiging, vervoer, verkope, verbruik en die weggooi van voedsel wat hulle verkoop.

    "Ons ontwikkel tans maniere en mikpunte om hierdie koolstofspoor te verklein. Ons koop 'n groot deel van ons voedsel in Brittanje - baie meer as ons markaandeel," lui die jaaroorsigverslag van die maatskappy se plan A om dié doelwit te bereik.

    Die taktiek wat die groep volg, is om hoofsaaklik eerder Britse vars produkte te koop. Dié stap kan die Suid-Afrikaanse vrugtebedryf kwaai knou as hulle Britse produkte bo Suid-Afrikaanse produkte verkies.

    In die vorige (Engelse) somer het Marks & Spencer 10% van die Britse braambessie-oes, 12% van die framboos-oes, 26% van die pruimoes, 50% van die bloubessie-oes en 48% van die kersie-oes gekoop.

    "Ons wil selfs meer Britse voedsel koop en danksy vyf navorsingsprojekte kon ons in 2007 die eerste keer suikerertjies, patats en waatlemoen wat op Britse bodem geproduseer is, verkoop," lui die verslag.

    Die supermark het ook besluit om vanaf die huidige seisoen net Gala-appels wat van die tuisfront af kom, op hul rakke toe te laat. "Ons sal aanhou om maniere te ondersoek om nuwe gewasse in Brittanje te kweek en om die Britse groeityd te verleng vir gevestigde vrugte en groente."

    Marks & Spencer het reeds daarin geslaag om die duur van die aspersie-groeityd in Brittanje te verdubbel. "Ons beraam dit sal sowat 360 ton koolstofdioksied per seisoen spaar as ons nie meer ons aspersies per lug invoer nie."

    Net so word die hoeveelheid vis wat met lugvrag ingevoer word beperk.

    "Ons werk hard daaraan om ons verskaffers aan te moedig om hul kweekhuisgas-vrystellings te verminder." In Sri Lanka is daar reeds drie eko-fabriekmodelle, met 'n vierde wat onderweg is in China.

    Dit is egter nie net produsente wat betrek word nie. Ook klante word aangemoedig om eerder hul klere teen laer temperature te was om energie te help bespaar.

    En dan is daar die belangrike voedselmyle-veldtog. Benewens prys en kilojoule-inhoud, sal Engelse verbruikers voortaan ook 'n keuse uitoefen op grond van voedselmyle.

    "Al ons lugvrag-voedselprodukte word duidelik met 'n plakker gemerk om klante te help om ingeligte besluite te neem. Ons ondersoek ook saam met die Koolstoftrust die lewensvatbaarheid van 'n nasionale skema om produkte met koolstof-etikette toe te rus," lui die verslag.

    Landbouweekblad, 2 Mei 2008

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.04
+0.2%
Rand - Pond
19.33
-0.0%
Rand - Euro
17.30
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.4%
Goud
1,627.47
+0.3%
Silwer
18.37
+0.1%
Palladium
2,079.53
+1.8%
Platinum
852.27
-0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my sielsgenoot
Ek is ń eerlike, opregte tipe man met vaste beginsels wat weet hoe om ń vrou met respek te behandel. Ek hou van reis, braai en dans.
So sorts soos stoop
N ma Nuwe mense ontmoet Hier vir nou Hou van kook en kos maak Praat met my Wie weet wat wag Sien uit vir wat voorle Lus vir die lewe
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot