AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

'Boeremarkte' vir wynbedryf?

Bestaande wynbemarkingstrategieë is dalk uitgedien in 'n wêreld waarin welvarender verbruikers toenemend na ongewone kos, wyn en ervarings smag.

Suid-Afrika moet sy ryke verskeidenheid landskappe, grondtipes, plantegroei, wyne en mense benut om baat te vind by veranderinge in wêreldneigings in lewenstyl, houdings oor die omgewing

en vryetydsbesteding.

Eweneens kan geen klein wynproduserende land dit bekostig om miljoene rande te verloor deur sy gehaltewyn teen afslagpryse aan die massamark te verkoop nie.

Wynkenners is dit eens dat 'n kleinerige wynproduserende land, soos Suid-Afrika, die regte verskeidenheid toerisme-moontlikhede, wyn en koservarings het om nuwe bemarkingsweë en nismarkte vir welvarende "premie-verbruikers" te ondersoek. Met sy bestaande 100 000 ha onder wyndruiwe wat hoogstens tot 160 000 ha uitgebrei kan word, bly Suid-Afrika 'n klein speler. China daarenteen, plant jaarliks sowat 100 000 ha wingerd aan.

By die wyndiversiteitskonferensie wat onlangs as deel van Cape Wine 2006 in Kaapstad aangebied is, het mnr. Crawford Hollingworth, 'n Brit wat verbruikersneigings navors, gesê die jongste navorsing oor "premie-verbruikers" toon dat hulle welvarender raak en hul besteebare inkomste styg. Tyd en energie is twee dinge waaraan hulle groot waarde heg - meer as aan geld, ruimte en inligting.

"Dis mense wat nie langer deur materiële besittings bevredig word nie, maar eerder nuwe dinge wil ervaar. In die nuwe 'ervaringsekonomie' wil mense eerder 'n uitmuntende bottel wyn drink van 'n landgoed waar bobbejane die wynmaker aanval, of 'n eksotiese sjokolade eet, as 'n duur motor besit. Massaverbruik verveel hulle. Hulle soek iets om hulle bo die skare te verhef."

Hollingworth sê egtheid, die omgewing en sosiale verantwoordelikheid is vir mense belangrik. "Hulle verlang buitengewone produkte wat hulle van die menigtes sal onderskei, produkte wat hul ware oorsprong weerspieël."

Hy meen die Suid-Afrikaanse wynbedryf se inisiatief tot wynbiodiversiteit is 'n antwoord op ''premie-verbruikers'' se kommer oor die agteruitgang van die omgewing. Eweneens is dit deesdae hoogmode om sake, soos armoede en die regte van werkers, deur inisiatiewe soos Fairtrade te ondersteun. "Hulle gebruik dikwels hul geld as 'n soort stembrief, want alles wat 'n mens koop, is 'n stem vir iets, of dit nou die uitbuiting van werkers, die agteruitgang van natuurlike hulpbronne of beter omstandighede vir vroue is."

Verbruikers raak meer gesofistikeerd en gee om wat hulle eet, hulle het net leiding nodig, het mnr. Tim Atkin, wynskrywer van The Observer, gesê. " 'n Soort kontra-kultuur is besig om pos te vat, weg van kos en wyn wat in groot maat en op enige plek op aarde gemaak kon wees. Mense soek iets unieks." Om sy standpunt te illustreer, het Atkin gesê een bottel van die Fryer's Cove Sauvignon blanc wat hy onlangs in die "onopwindende" Olifantsrivierstreek geproe het, is meer werd as drie kiste Yellowtail ('n gewilde Australiese wyn wat in groot hoeveelhede gemaak en verkoop word). "Fryer's Cove is subtiel, elegant en het 'n kompleksiteit wat jou bybly. Dis 'n wyn wat die plek waar dit vandaan kom, op sonderlinge wyse weerspieël."

Suid-Afrikaanse wynmakers moet uitvind wat hulle beter as enigiemand anders kan doen en die land se "ikonografie" benut, meen mnr. Garrett Oliver, mede-eienaar en broumeester van The Brooklyn Brewery in New York. "Wat Suid-Afrika nodig het, is ikoon-wynmakers. Ek kan 'n wynmaker, soos Niels Verburgh (van Luddite Wines in die Botrivier-omgewing), 'n ikoon maak. 'n Ikoon-wynmaker moet iets van 'n Renaissance-man of -vrou wees, wat ook kos ken en kan kook. Mense koop nie jou wyn nie, hulle koop die kuns van wat jy doen of maak."

Daar is ander maniere om wyn te bemark en klein wynproduserende lande, soos Suid-Afrika, wat in die volgende eeu wil oorleef, sal self hul wyn moet begin verkoop, sê mnr. James Herrick, voorsitter van die konsultasiemaatskappy Wineprophet. "Suid-Afrikaanse wynboer betaal Tesco £1 (sowat R10,65) per bottel vir die 'voorreg' om hul wyn daar te verkoop. Dit is sowat £50 miljoen (R534 miljoen) wat jaarliks afgestaan word. Oor tien jaar is dit £500 miljoen (R5,3 miljard) wat julle betaal sodat die supermarkte vir julle kan vertel wat om met jul wyn te doen en die karakter en prys daarvan te verlaag.

"Hoekom gebruik julle nie liewer die geld om 'n reeks 'boeremarkte' te ontwikkel nie. Hoekom kan Suid-Afrika nie aan die voorpunt van koöperatiewe wynbemarking wees nie?"

Hy het voorgestel dat die Suid-Afrikaanse wynbedryf sy verkoopspunte verskuif na waar die klante is en hul geld daar bestee "Wynmakers het te lank kleinhandelvraag met 'n bemarkingsbeleid verwar."

Koel, jong wynmakers vol geesdrif

'n Suid-Afrikaanse wynmaker is 'n wit outjie met 'n Franserige van, wat grootgeword het op 'n Bolandse wynplaas wat al vyf geslagte aan sy familie behoort; kortom, iemand met wyn in sy are . . .

Nie noodwendig nie, want 'n Suid-Afrikaanse wynmaker is ook 'n blonde vrou van Namakwaland, 'n swart vrou uit die diep platteland van KwaZulu-Natal, die dogter van 'n pastoor van Atlantis, 'n branderplankryer uit Kaapstad se suidelike voorstede of 'n jong man wat die vinnige lewe in die Johannesburgse advertensiewese vir 'n wynplaas in die Koelenhofwyk verruil het.

Met só 'n verskeidenheid jong wynmakers het Suid-Afrika 'n rooskleurige wyntoekoms, sê mnr. Mike Ratcliffe van die landgoed Warwick, buite Stellenbosch. Hy het onlangs agt van Suid-Afrika se voorste jong wynmakers bekend gestel op 'n konferensie oor wyndiversiteit wat in Kaapstad gehou is. Elke wynmaker kon sy of haar "storie" vertel en 'n wyn bekend stel.

Me. Debbie Burden, rooiwynmaker van Simonsig, kom oorspronklik van 'n skaapplaas buite Springbok en wou 'n veearts word. Die wynproetoere wat so deel van 'n Stellenbosse landboustudent se lewe is, het haar egter gou van studierigting laat verander. Deesdae ryg sy die pryse in: Landbouweekblad se Vrouewynmaker van die Jaar vir 2005, een van Suid-Afrika se toptien Pinotage-wynmakers en dubbele goue medaljes by 2005 se Veritastoekennings.

Hoewel me. Nontsikelelo Ntsiki Biyela, wynmaker van Stellekaya, by haar ouma geleer het om ''umqombothi'' te brou en dus die gistingsproses verstaan het, was haar eerste kennismaking met wyn as student op Stellenbosch. Sy het die gehoor mooi laat verstaan dat sy 'n Zoeloe uit 'n klein dorpie in KwaZulu-Natal is en 'n Kaapse versnitwyn - 'n wynstyl wat net hier gemaak kan word - maak.

'n Man met 'n ewe mooi storie om te vertel, is mnr. Tseliso Rangaka, wat saam met die Griers van Villiera op sy familieplaas, M'hudi, in die Koelenhofwyk, Sauvignon blanc, Chenin blanc en Pinotage maak.

"Ons het die naam M'hudi gekies omdat ons, net soos die hoofkarakter in Solomon Plaatje se gelyknamige boek, van ons bekende tuiste in Noordwes na 'n onbekende tuiste getrek het."

Uit die boomryke suidelike voorstede van Kaapstad met geen wingerd in sig nie, kom die branderplankryer Duncan Savage, wynmaker van Cape Point Vineyards, skepper van pryswenner-Semillons en Sauvignon blancs. Hy meen 'n mens het 'n gereelde dosis van die Atlantiese Oseaan se koue water nodig om goeie witwyn te maak.

Passie, trots en 'n sin vir humor is drie gedagtes wat by 'n mens opkom as jy die jong wynmakers hoor praat. In Suid-Afrika, waar mense nog nie heeltemal hul obsessie met kleur afgeskud het nie, het mnr. Deon Boshoff, 'n bruin man, sy gehoor laat skater toe hy homself as 'n wit wynmaker voorgestel het. Hy sê hy en sy Zonnebloem Sauvignon blanc is ongefiltreerd, maar stabiel.

Me. Allison Adams van Martin Meinert Wyn in die Devonvallei wou 'n rekenmeester word, maar kry nou genoeg geleentheid om met syfers te werk en te "begroot" as sy rooiwyn versny. Soos sy, "roep" Meinert Devon Crest 2003 "om in iets groter en beter te ontwikkel en te groei".

As daar een wynmaker is wat Garrett Oliver se Renaissance-man verpersoonlik, is dit mnr. De Wet Viljoen, wynmaker van Neethlingshof. Hy stel graag sy kookvaardighede bekend.

Die Lord Neethling Weisser Riesling edellaatoeswyn 2004 wat hy gekies het, is 'n landmerk op sy soektog na die volmaakte wyn. Hy het met groot, rooiwyngevlekte hande vertel wynmaak is in sy bloed en gene. Hy het immers op 'n Worcesterse wynplaas grootgeword.

Só groot is dié wynmakers se passie vir wyn dat Johan Kruger van Sterhuis verklaar het dat Chardonnay deur sy are vloei. "As ek ooit in 'n ongeluk is en 'n bloedoortapping nodig het, kan die dokter maar net by die naaste kelder gaan aanklop."

28 April 2006

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.93
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot