Só het prof. Francois Roets van die departement bewaringsekologie en entomologie aan die Universiteit Stellenbosch (US) aan boere, konsultante en navorsers op die onlangse Hortgrotegniese simposium op Somerset-Wes vertel.
Sy navorsingspan is ingesluit by nasionale pogings oor die kewer en sy geassosieerde Fusarium-swam. Hortgro en Winetech finansier hul studie oor die moontlike impak op die Wes-Kaapse sagtevrugte- en wingerdbedryf.
Roets het gesê opnames is in Mei gedoen op ’n plaas digby die residensiële blok op Somerset-Wes waar die insek aanvanklik in 2019 die eerste keer in die Wes-Kaap opgemerk is. Die kewer én die swam is daar in appel-, peer- en pruimboorde en ’n wingerd opgemerk.