AFGRI
BEAN
08 Feb
-
9832,4
-55,60
CORN
08 Feb
-
4660
-34,00
SOYA
08 Feb
-
9340
-57,00
SUNS
08 Feb
-
10000
-150,00
WEAT
08 Feb
-
6840
33,00
WMAZ
08 Feb
-
4340
5,00
YMAZ
08 Feb
-
4417
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Botritis op sy plek gesit

Botritis, oftewel vaal-vrot, is vir die wingerdboer sinoniem met oesverliese. Dit is moeilik om dit te bekamp omdat dit vir lang tye ongemerk in 'n wingerd kan voorkom. Deur dit korrek te bestuur en op geleë tye te bespuit, kan dit wel tot die minimum beperk word.

Die swam Botrytis cinerea is in Suid-Afrika, soos ook elders in die wêreld, 'n ernstige bedreiging vir wingerdboere. Dit is omdat dié organisme 'n groot deel van die seisoen ongemerk in wingerd voorkom en dan vaal-vrot laat in die seisoen of tydens koelopberging veroorsaak. Dit skep probleme vir plantkenners wat voorskrifte vir siektebestryding moet opstel, asook vir boere wat dié voorskrifte moet toepas.

Prof. Gustav Holz, van die departement Plantpatologie van die Universiteit van Stellenbosch, sê daar is nóg 'n probleem. Dit hou verband daarmee dat plantkenners soms moet staatmaak op gegewens oor dié siekte wat oorsee ingewin is wanneer hulle voorskrifte uitreik. Dit het tot gevolg dat dié voorskrifte vir Suid-Afrikaanse boere nie veel waarde het nie.

Botritisspore word deur die wind en soms ook reëndruppels versprei. Die spore word as enkelinge in die lugstrome gedra, en land dus een-een en verspreid op wingerdstokke.

Daar is gevind dat die getalle vroeg in die seisoen die hoogste is. Swamme beset meestal die nodes en blare. By blare besmet dit hoofsaaklik blaarskywe, wat simptoomloos bly, maar die swam latent dra. Sulke latente blaarbesmetting kom baie voor vanaf die voorblomstadium tot ongeveer die laat ertjiestadium.

Die swamme is redelik algemeen in trosse tydens die blom- en ertjiestadium, waarna hulle drasties verminder, in só 'n mate dat gesonde trosse ná kleurbreek meestal vry van die swam is. Die swam beset hoofsaaklik die basis van die korrel en die steel. Die wang van 'n korrel word selde besmet en die styl-end van korrels is meestal skoon, sê prof. Holz.

Fyn waarnemings het getoon dat die voorkoms van die siekte by gesonde trosse wat aan stresfaktore onderwerp is, die patroon volg waarin spore in lugstrome in wingerde voorkom, asook die patroon waarvolgens die swam die verskillende trosdele bewoon. Simptome kom meer op jong trosse voor in die blom- tot trostoemaakstadium. Daarteenoor kom dit net sporadies by trosse voor wat tydens of ná kleurbreek behandel is.

Prof. Holz sê simptome in behandelde trosse ontwikkel meestal eerste by die basis van die korrel en die steel en versprei dan oor die wang. By jong trosse bly die simptome by baie van die korrels beperk tot die basis. Letsels ontstaan selde op die wang, en byna nooit by die styl-end van die korrel nie.

Korrelvrot kan nie aan binnedringing en infeksie van korrels deur die styl-end tydens blomstadium, en ook nie aan latensie van swamme in dié deel van die korrel toegeskryf word nie, meen prof. Holz.

Dat die swam selde op die wang voorkom, dui daarop dat dit nie regstreeks deur die skil gaan nie. Die korrelskil is baie bestand teen die swam, en swamspore kan nie lank daarop oorleef nie. Korrelvrot word veroorsaak deur swamspore of -drade wat by die basis van die korrel en die korrelsteel voorkom. By latente of rustende swamdrade verminder die getalle daarvan stelselmatig in die seisoen.

Vaalvrot kom eers laat in die seisoen voor ná kleurbreek. Dit toon dat die trosdele goed bestand is teen die swam en die siekte eers voorkom wanneer gasheerweerstand deur stresfaktore verminder word. Dit beteken dat die swam in die wingerd hulp nodig het vir simptoomontwikkeling en die voltooiing van sy lewensiklus. Faktore wat 'n stremming by die korrel en korrelsteel-aanhegting en 'n uitvloeiing van sap veroorsaak, speel 'n belangrike rol. Dié faktore is trosdigtheid, vogspanning, korrelbars en insekbeskadiging, sê prof. Holz.

Hy meen die klimaat van die Wes-Kaap bepaal grootliks die patroon van vaalvrot-ontwikkeling. Die swam produseer sy spore op aangetaste weefsel in koel, nat toestande. Simptomatiese weefsel wat buite of binne 'n wingerd voorkom, sal net spore in koel, nat toestande vorm en vrystel. Dié spore het 'n daaropvolgende koel, nat periode nodig om op die trosdele te ontkiem, te groei en te vestig.

Die vlakke van besmetting sal dus afhanklik wees van hoeveel spoorvorming op aangetaste plantweefsel buite en in wingerde plaasvind, die vlakke waarteen swamspore in lugstrome in wingerde en in trosse voorkom, en die aantal opeenvolgende siklusse waarteen dit geskied.

Hier moet die stresfaktor nog bykom, sê prof. Holz. In die Wes-Kaap is toestande vir die voorkoms van opeenvolgende siklusse gunstig voor en tydens die blomstadium, en tot en met die ertjiestadium. Later in die seisoen kan só 'n tydperk sporadies voorkom.

Dit neem 'n spoor nege tot dertien dae om deur die siklus van ontkieming, binnedringing, besmetting en simptoomvoorkoms te gaan en nuwe spore in gunstige ontwikkelingstoestande te vorm.

In die Wes-Kaap kan 'n reënbui of 'n kort, nat tydperk ná trostoemaak nie 'n siekte-epidemie veroorsaak nie. Dit kan toegeskryf word aan inokulum wat reeds vroeg in die seisoen in die wingerd voorkom en in die trosse versprei het, sê hy.

Die swam kan van korrel tot korrel groei, en só kan groot dele van trosse verrot. Dit gebeur nie met jong trosse nie, want die letsel bly meestal tot die korrelbasis beperk. By ouer trosse wat kleurbreekstadium bereik het of ryper is, versprei die letsel meer algemeen oor die wang. Daarom ontwikkel vaalvrot by ryper trosse gewoonlik van binne na buite.

Doeltreffende bestryding

Vir die doeltreffende bestryding van botritis moet boere hulle op die vroeë deel van die seisoen toespits. Die binnetros moet beskerm word, want dit is die primêre fase vir spoorvrystelling in die omgewing, landing en vestiging op wingerdplante en vestiging van die swam. Dit is in dié stadium waar dinge ongesiens gebeur wat voorkom moet word.

Prof. Gustav Holz sê 'n paar bestrydingsmaatreëls kan op 'n geïntegreerde grondslag toegepas word. Dit is goeie bemestingspraktyke, wingerdkundige praktyke, lower- en grondvogbestuur, sanitasiepraktyke, swamdoders en biologiese bestryding.

Die gebruik van swamdoders en biologiese bestrydingsagente is die twee maatreëls wat veral 'n baie waardevolle rol in 'n siektebestrydingsprogram speel. Dit kan die inokulum vernietig en só die begin van die siektesiklus verhoed.

Biologiese bestryding van botritis is deeglik ondersoek.

Ulocladium atrum is gebruik vir sy vermoë om dooie weefsel vinnig te okkupeer en só te voorkom dat botritis daarin groei en spore vorm. Gliocladium roseum is gekies weens sy vermoë om die ragis, lateraal en pedisel te koloniseer, en dus dié dele teen botritis te beskerm.

Trichoderma harzianum kan ál die trosdele koloniseer, en die plant se weerstand verhoog. Trichosporon pullulans het 'n onderdrukkende effek op ryp korrels. Dit is in die laboratorium getoets, en ook in twee verskillende wingerde in Stellenbosch en die Paarl in verskillende programme gebruik.

Wisselende resultate is met biologiese bestryding behaal. Dit kan aan twee aspekte toegeskryf word: Die klimaat in die Wes-Kaap is nie deurentyd bevorderlik vir die vestiging van hierdie organismes nie; en gewone spuittoerusting versprei nie die spuitstof wat die organismes dra tot in die binnetros nie. Biologiese bestryding word dus nie sonder meer aanbeveel nie, sê prof. Holz.

In die laboratorium is die doeltreffendheid van die swamdoders iprodioon, pirmetanil, fenheksamied en siprodinil/fludioksinil getoets.

Op lote is die voorkoms van die swam in blare drasties verlaag, en infeksie van nodes, internodes en bloeiwyses voorkom. By trosse het die spuitstowwe op alle ontwikkelingstadia trosse binnegedring, die binneste trosdele bedek, die inokulum-vlak drasties verlaag, en simptoom-uitdrukking doeltreffend voorkom.

Swamdoder moet die eerste keer toegedien word voor die blomstadium om blaarbesmetting te voorkom, want lowerbestuurpraktyke vroeg in die seisoen kan weens blaarbeskadiging sekondêre inokulum verskaf wat die inokulumvlakke in lugstrome tydens die blom- tot ertjiestadium drasties verhoog. Die inokulum land op die jong trosse.

Die tweede toediening moet tussen die blom- en ertjiestadium wees om só die hoeveelheid swamspore wat in jong trossies land, te verlaag en te keer dat dooie blomdele die swam dra en daarop spore vorm.

Die derde toediening moet met trostoemaak geskied om die inokulum op die binnetrosdele te bereik en dood te maak. Dit is veral belangrik vir kultivars met digte trosse, meen hy.

In die proewe het die swamdoders die besmetting doeltreffend verminder en die begin van die siektesiklus stopgesit. Die vier swamdoders was ewe doeltreffend.

Prof. Holz sê die afleiding wat hieruit gemaak kan word, is dat die gewone spuittoerusting nie doeltreffend werk nie, of dat dit nie korrek gebruik word nie.

Dit is waarskynlik dat die fout dan by spuittegnieke gesoek moet word.

29 November 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.52
+0.3%
Rand - Pond
21.18
-0.1%
Rand - Euro
18.83
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
988.64
+0.2%
Palladium
1,675.69
+1.4%
Goud
1,883.65
+0.5%
Silwer
22.50
+1.5%
Brent-ruolie
83.69
+3.2%
Top-40
73,898
+0.6%
Alle aandele
79,953
+0.5%
Hulpbronne 10
75,310
+1.0%
Industriële 25
103,280
+0.6%
Finansiële 15
16,341
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Ek glo ek is n prag mens van binne en buite
Ek is n mens ,mens en al my vriende dink ek is n prag mens, baie lief vir mense. Ek love diep see visvang, kamp, vakansie by die see, Partykeer in Hotelle en saam met my familie...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot