AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Brakwater bruikbaar gemaak

Die onlangse droogte het boere met nuwe belangstelling na ontsoutingsaanlegte laat kyk.

Boere wat die afgelope somer brak boorgatwater vir besproeiing ontsout het, sê die aanlegte is duur, maar dikwels die laaste uitweg om 'n oes met 'n hoë waarde te red.

Besproeiingsboere het erg deurgeloop onder die afgelope droë winters en leë damme. Benewens die droogte was watertoekennings in die meeste besproeiingsgebiede tot die helfte kleiner as gewoonlik.

'n Besproeiingsboerdery by Lutzville wat die afgelope somer die droogte met boorgatwater en 'n ontsoutingsaanleg getroef het, vertel hier hoe ontsoute brakwater 'n uitkoms gebied het. Op die Lutouw- landgoed, 'n bemagtigingsprojek tussen Lutzville en die Weskus, word hoofsaaklik wyndruiwe verbou, terwyl groente help om die kontantvloeibegroting te laat klop. Dié landgoed kry nie water uit die Laer-Olifantsrivierbesproeiingskema nie, maar het toestemming om water uit die Olifantsrivier na hul dam te pomp as die rivier in vloed is. Vanweë die lae reënval in die rivier se opvanggebied was daar in 2003 en 2004 min geleentheid daarvoor.

Mnr. Dippies Dippenaar, bestuurder van die Lutouw-landgoed, sê as hulle nie vanjaar die ontsoutingsaanleg gehad het nie, het hulle glad nie vanaf Maart water gehad nie. "Die pomptydperk was verlede jaar te kort en ons kon nie ons dam vol kry nie."

Teen daardie tyd was die druiwe-oes reeds af. Afgesien van na-oes besproeing, was die ontsoute water hoofsaaklik vir die besproeiing van patats, tamaties en die kweek van uieplantjies bedoel - of, soos Dippenaar sê, "om die groente deur te trek, van die brak kolle ontslae te raak en vir drinkwater vir die plaas".

Lutouw se boorgate lewer 50 000 liter per uur, maar is baie brak. Gedurende die wintermaande word die meeste water nie vir die wingerd gebruik nie. Dippenaar sê die 24 000 liter ontsoute water wat die aanleg per uur lewer, is te min vir die volhoubare besproeiing van al die wingerd. Die vars water is egter in afwisseling met die brakwater vir na-oes-besproeiing goud werd.

Die eenheidskoste van ontsoute water vergelyk goed met dié van staatswater, sê Dippenaar. Hy glo die aanleg, wat sowat R600 000 kos en 'n bedryfskoste van 35 sent per 1 000 liter het, sal sy koste regverdig - juis omdat dit help om die boerdery in baie droë jare te laat oorleef. Tog beskou hulle dit as 'n oorbruggingsmaatreël, en nie 'n permanente waterbron nie.

Ook ander boere wat die afgelope seisoen ontsoutingsaanlegte geïnstalleer het, sê die aanlegte is te duur om ooit hul belangrikste bron van besproeiingswater te word. Boonop is hulle besorg oor die volhoubare lewering van hul boorgate. Hoewel hül ontsoutingsaanlegte beteken het dat hulle hul normale oeste kon afhaal, bly dit bloot 'n aanvulling, en nie 'n hulpmiddel vir uitbreiding nie. Volgens dié boere is 'n ontsoutingsaanleg nie so eenvoudig soos 'n pompie en 'n enjintjie bo-op 'n boorgat nie.

Dis byvoorbeeld baie belangrik dat die aanleg gekalibreer word volgens die eienskappe van die water wat ontsout moet word. In gevalle waar water byvoorbeeld ryk is aan die elemente barium, stronsium en mangaan, verstop die ontsoutingsaanleg se membrane maklik.

Dié probleem kan egter oorkom word met 'n ontvlokkingsaanleg wat dié elemente uitvlok voordat ontsouting plaasvind. Sowat 70 % van die brakwater kan as vars water herwin word. Die orige 30 % is onbruikbare sout en moet op die regte manier mee weggedoen word.

Die ontsouting van brak boorgatwater is soms die enigste opsie vir boere, sê mnr. Leon Groenewald, 'n geohidroloog by Umvoto, 'n Kaapse waternavorsingsmaatskappy. Hy maan boere dat hulle met goeie bestuur teen die oorbenutting van hul boorgate sal moet waak.

Aangesien dit so 'n groot kapitaalbesteding verg, twyfel hy of die ontsouting van boorgatwater bloot 'n tydelike maatreël gaan wees. 'n Ander aspek wat volgens Groenewald ook nie buite rekening gelaat moet word nie, is die gehalte van die water wat deur dié praktyk in die waterdraer terugvloei.

Ontsoutingsaanlegte wek belangstelling

Die droogte in die Wes-Kaap het belangstelling in ontsoutingsaanlegte gaande, sê mnr. Colin Smith van die Kaapse maatskappy Grahamtek, wat dié aanlegte vervaardig.

Smith sê tot onlangs was hul ontsoutingsaanlegte, wat plaaslik ontwerp en ontwikkel is, hoofsaaklik op die buiteland toegespits en hulle het 'n groot fabriek in Singapoer. In die begin van die jaar het die maatskappy drie ontsoutingsaanlegte aan die tsoenami-geteisterde Maledive-eilande geskenk.

Dié aanlegte word vervaardig met verskillende leweringskapasiteite en kan van 3 000 liter tot 12 miljoen liter vars water per dag lewer en selfs meer. Die aanleg wat die gewildste by besproeiingsboere is, is een wat 600 000liter vars water per dag kan lewer. So 'n aanleg kan tot 12 jaar hou met gereelde instandhouding.

Die aanlegte kan gebruik word om brak boorgatwater of seewater te ontsout. Smith sê hulle is juis besig om met die Kaapse stadsraad te gesels oor die moontlike oprigting van 'n seewater-ontsoutingsaanleg.

Afgesien van die boorgatwater se gehalte, moet die water tydens die voor-filtrasieproses deur verskillende filters gaan om sand, modder, slik en swaar metale, soos yster en mangaan, te verwyder. Die werklike ontsouting vind egter deur 'n proses van tru-osmose plaas.

Die laaste voor-filtrasiefilter hou stowwe groter as 1 mikron terug. Die membrane waardeur die tru-osmose plaasvind, het 'n molekulêre afsnit. Daar is verskillende soorte membrane vir verskillende aanwendings, soos waterversagting en die ontsouting van brak- en seewater. Die membrane vir die ontsouting van seewater het die hoogste soutverwerping, naamlik 99,5 %.

Tydens tru-osmose, die fynste filtrasieproses beskikbaar, word die osmotiese druk van die brakwater oorkom om die verbinding tussen water en sout te verbreek.

Soos met alle filtrasieprosesse, kan onsuiwerhede en vaste stowwe - hoe klein ook al - die membraan verstop. By die membrane in ontsoutingsaanlegte word dit oorkom deur kruisfiltrasie, 'n proses waardeur die oppervlak van die membraan gedurig "gevee" word om die opbou van ondeurlaatbare onsuiwerhede te verhoed.

Die soute wat verwyder word, word as 'n konsentraat-stroom uit die membraan gelaat. Smith sê daar is dus twee strome water wat uit so 'n stelsel sal vloei: Die varswaterstroom en die stroom gekonsentreerde soutwater. Die soutwater-stroom moet na 'n verdampingspan gelei word waar die water dan verdamp en die soute agterbly.

Smith sê ontsouting is 'n meganiese proses en geen skadelike chemiese stowwe word in die omgewing vrygestel nie. Die membrane behoort vyf tot sewe jaar te hou en tot 70 % vars water word uit elke liter brakwater herwin.

Die soutgehalte van water word as die elektriese geleidingsvermoë (EC) in mikrosiemens per sentimeter (uS/cm) uitgedruk. Hoe hoër die EC-waarde, hoe souter die water.

Seewater het byvoorbeeld 'n EC-waarde van 45 000 tot 60 000 uS/cm en brakwater s'n wissel tussen 4 000 uS/cm tot 20 000 uS/cm. Vars drinkwater se EC-waarde is tussen 150 uS/cm en 500 uS/cm. Besproeiingswater se EC-waarde moet laer as 1 000 uS/cm wees.

26 Augustus 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
+0.4%
Rand - Pond
21.28
+0.3%
Rand - Euro
18.35
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.71
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+1.1%
Goud
1,767.46
-1.7%
Silwer
22.21
-4.1%
Palladium
1,878.55
-1.1%
Platinum
999.29
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Fantastiese reisende kok wil jou lewe bietjie geur...
Opregte, eerlike, liefdevolle advontuurlustige siel, wat hou van die natuurlewe, kosmaak, visvang en die buitelewe. Romantiese aande om te dans saam iemand wat my siel en hart...
Kom ons kyk wat wag
Ek is opreg met n goeie hart maar kan lekker Hardkoppig wees. Ek aan vaar ook iemand nes hulle is moet nooit iemand verander nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot