Die wêreld se beste brandewyn kom amptelik van Stellenbosch af. Van Ryn se twintig jaar oue potketelbrandewyn is op die internasionale brandewynprysoorhandigingseremonie (aangebied deur The Drinks Report) as die wêreld se beste brandewyn (gemaak van wyn) aangewys.
Om dié gesogte eerbewys in te palm, is die brandewyn blind geproe en volgens ’n streng telkaartstelsel beoordeel. Die beoordelaars het gekyk na balans, karakter, kompleksiteit en gehalte. Volgens Marlene Bester, Van Ryn se meesterversnyer, is dié prys die hoogste eerbewys wat ’n stokery te beurt kan val.
“Hierdie twintig jaar oue brandewyn is tydloos en groots. Die brandewyn vang die tradisie van handgemaakte, outentieke potketelbrandewyn vas. “Dit is ’n tradisie wat ons vandag nog voortsit.”