Bome vir drie belowende seleksies – MS44, TSG2 en H6-T41 – is reeds vermeerder en gereed om by vier produsente uitgeplant te word vir verdere evaluasie.
“Ons is egter afhanklik van die Landbounavorsingraad vir die teling van nuwe kultivars. Ons het in Mei ’n vergadering gehad met die LNR om toestemming te kry om die seleksies uit te plant, maar ten spyte van beloftes wag ons nog steeds daarvoor,” het mnr. Jacques Jordaan, hoof- uitvoerende beampte van die Koejawelprodusentevereniging (KPV) tydens die algemene jaarveradering op Simondium gesê.
“Ons probeer ons bes om die seleksies uit te kry terwyl dit nog planttyd is.”