AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Chardonnay beleef oplewing

Vir byna ’n geslag lank het verbruikers hul neus opgetrek vir Chardonnay, maar deesdae is daar ’n oplewing in die vraag na goeie Chardonnay.

Vir byna ’n geslag lank het verbruikers hul neus opgetrek vir Chardonnay, maar deesdae is daar ’n oplewing in die vraag na goeie Chardonnay.


Die Chardonnay-forum wil die kans aangryp om die kultivar as Suid-Afrika se premium-witwynkultivar te vestig. Jare lank was ABC in wynkringe ’n akroniem vir Anything but Chardonnay, maar deesdae word die akroniem omgekeer en word graag verwys na CBA, oftewel Chardonnay is back again. 


In die verlede was verbruikers veral afgeskrik deur die swaar hout wat dikwels met Chardonnay geassosieer was, maar die oordeelkundiger gebruik van hout en meer terroir-spesifieke wingerde het die beeld verander.


Beste ter wêreld

Mnr.  Matthew van Heerden, voorsitter van die Chardonnay-forum, meen Suid-Afrika kan uitstekende Chardonnays produseer wat met die bestes ter wêreld kan meeding.


“Chardonnay is steeds ons premie wit kultivar in die land en ons as forum probeer die fokus weer op Chardonnay kry.”


Die forum het onlangs ’n wynproegeleentheid aangebied waar ses Boergondiese Chardonnays geskink is sodat Suid-Afrikaanse produsente die plaaslike produk daarmee kon vergelyk. 


Die geleentheid is deur ’n hele klomp geesdriftige jong wynmakers bygewoon – ’n besliste teken dat die toekoms vir die kultivar oop lê.


“Ons werk baie hard om mense se belangstelling en bewustheid van Chardonnay in ons land te verbeter. Ons het ’n unieke klimaat wat ons toelaat om goeie Chardonnay maak. Ek dink ons het ook ’n beter begrip van die gebruik van eikehout in ons wyne.


"En ons raak slimmer. Ons het uitmuntende wingerdboukundiges en terroir wat veroorsaak dat ons die beste Chardonnays ter wêreld kan maak,” sê Van Heerden.


Ligte wyn, matig gehout

Me. Karien O’ Kennedy van Anchor-wyngis se onlangse navorsing in Australië het getoon wyndrinkers verkies Chardonnay met ’n vars, ligte styl wat net matig gehout is. Die kompleksiteit moet egter steeds teenwoordig wees.

“Hulle soek gehalte, maar die wyn moet meer toeganklik wees.”


Van Heerden meen Suid-Afrikaanse Chardonnay hoef nie ’n tree terug te staan vir die bekende Boergondiese Chardonnays nie, maar Suid-Afrikaanse produsente kan wel by die Franse meesters gaan kers opsteek oor die bemarking van Chardonnay.


In Boergondië word Chardonnay as ’n generiese handelsmerk aan die publiek voorgestel, en dit is baie suksesvol vir die wynstreek. 




3 November 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
-2.3%
Rand - Pond
21.07
-0.8%
Rand - Euro
18.88
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
973.57
-5.0%
Palladium
1,621.00
-2.9%
Goud
1,865.26
-2.5%
Silwer
22.34
-4.8%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot