AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
5067,6
107,60
YMAZ
06 Okt
-
4958
84,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Chenin het nie brieke nie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Chenin blanc druiwe. Foto: Verskaf
Chenin blanc druiwe. Foto: Verskaf
“Chenin blanc geniet ’n rekordlopie en die waardetoevoeging van druiwe tot in die bottel is fantasties,” het mnr. Ken Forrester, medestigter en voorsitter van die Chenin Blanc-vereniging (CBA), gesê tydens die aankondiging van die Chenin blanc Top 10-uitdaging op Stellenbosch.

Chenin blanc, ’n druifsoort waarvoor Suid-Afrika wêreldwyd geloof word, se waarde het binne tien jaar tot bykans R8 miljard (R7,935,510,000) geklim.

Sawis-syfers toon Chenin blanc-druiwe is in 2020 vir gemiddeld R2 917/t verkoop, teenoor R977 wat boere in 1998 vir ’n ton verdien het. Chenin-uitvoer (verpakte en grootmaatwyn) het ook baie fluks met bykans 30 miljoen liter gegroei in dié tyd.

Me. Ina Smith, bestuurder van die CBA, sê as jy die geproduseerde Chenin blanc-liters na bottels omskakel en ’n verkoopprys van sowat R100 per bottel daaraan heg, kom die waarde van die bedryf te staan op sowat R8 miljard.

Daar is meer Chenin blanc in Suid-Afrika aangeplant as in die res van die wêreld tesame.

Volgens Forrester was die druiwepryse die primêre aandrywer vir die waardetoevoeging.

“As ’n gevolg het die wynpryse ook gestyg. Dit is suiwer aangedryf deur die vraag. Soos meer en meer mense gehaltewyn van Chenin blanc onder private handelsmerke gemaak het, het die kultivar gewilder geraak. Ons hoor ál meer van mense wat sê hulle drink nét Chenin blanc. Dit kan sonder twyfel as dié witwyn van Suid-Afrika beskou word.”

Smith het onlangs uit Frankryk teruggekeer waar sy Suid-Afrikaanse Chenin blanc aan wynliefhebbers van reg oor Europa en die Verre Ooste vertoon het.

“Daar was ook produsente uit die Loire-vallei (die Franse streek waar Chenin blanc sy oorsprong gehad het) en ek kan bevestig ons Chenins kan met trots op internasionale platforms meeding.”

Verbetering in gehalte

Mnr. James Pietersen, voorsitter van die Top 10-beoordelaarspaneel, sê dit is ongelooflik om te sien hoe die gehalte van Suid-Afrikaanse Chenin blanc die afgelope jare verbeter het.

chenin blanc 2022
Vanjaar se beste tien Chenin blanc-wyne is: Alvi’s Drift Private Cellar 221 Chenin Blanc 2021, Kaapzicht Wine Estate Kliprug Chenin Blanc 2021, Nabygelegen Private Cellar Chenin Blanc 2021? , Piekenierskloof Wine Company Bergendal Chenin Blanc Old Vine 2021, Rascallion Devonian Chenin Blanc 2021, Rijk’s Cellar Touch Chenin Blanc 2020, Spier Wines Seaward Chenin Blanc 2021, Stellenbosch Vineyards Bushvine Chenin Blanc 2021, Stellenrust Wine Estate Stellenbosch Manor Fermented Chenin Blanc 2020 en Stellenrust Wine Estate Old Bush Vine Chenin Blanc 2021

“Jy sien hoe vernuwend wynmakers is en hoe hulle aan die voorpunt van die kurwe bly. Hulle span interessante tegnieke in, soos amfore en diamantvormige tenke. Daar is ’n deurlopende strewe na uitnemendheid.”

Suid-Afrika se ou wingerde het ook ’n groot rol gespeel in die aansien wat Chenin blanc deesdae geniet. Die meeste gesertifiseerde ou wingerde (35 jaar en ouer) in Suid-Afrika is Chenin blanc. In die tien wyne wat op die kompetisie bekroon is, het druiwe uit ou wingerde oorheers.

“Ou wingerde het ’n invloed op die kompleksiteit en gehalte van die wyne. Dit het vir ons ’n kaart geskep sodat ons die gehalte kan verstaan, maar ook waar om Chenin blanc te produseer,” meen Pietersen.

Volgens hom is Chenin blanc ook aanpasbaar by die veranderende klimaat en word dit opnuut geplant in die Loire-vallei en ander wynproduserende lande waar die kwik styg.

Die Franse stad Angers het vroeër vanjaar toestemming gegee dat die internasionale Chenin blanc-konferensie in Suid-Afrika mag plaasvind. Dit word van 1 tot 3 November op Stellenbosch gehou en aangebied deur die Académie du Chenin en Destination Angers tesame met die Suid-Afrikaanse Chenin Blanc-vereniging en die Universiteit Stellenbosch.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.91
-0.8%
Rand - Pond
20.07
+0.3%
Rand - Euro
17.62
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,710.00
-0.4%
Silwer
20.41
-1.1%
Palladium
2,283.14
+1.1%
Platinum
920.50
-0.2%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,506
+0.5%
Alle aandele
65,911
+0.5%
Hulpbronne 10
63,387
-0.5%
Industriële 25
80,145
+1.1%
Finansiële 15
14,013
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp en iemand wat dit wil deel ,nie noodwendig alles nie. Geniet netjiese tuin en tuis. Ek hou van mense wat...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot